Page 1 of 1

Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 8:19 am
by Blackie Swart
Was Saterdag gou daar op n plaas naby Marydail met die naam van Brulpan. Wou n paar springbokke en n kudu skiet. Die weer was lekker met sleg n ligte wind wat gewaai het. Die bokke is maar redelik wild al geskiet maar kon darm 6 springbokke afhaal. Afstande was maar ver en het gewissel tussen 350 meter tot 391 meter. Slegs 1 bok was op 160 meter geskiet. Van kudus kon ek maar vergeet, Het vir die dag en nag net hulle sie hardloop op n afstand. Hier is van die bokke wat ek geskiet het. Almal was kop en hoe nek skote.

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 8:22 am
by Wattlegrove
Al het die koedoes nou nie stil gestaan nie dink ek 'n man kan smile met daai bokke baie geluk.

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 8:49 am
by Blackie Swart
Hier is die beste een van die dag. Die ram het ek op 391 meter geskiet, By die oog in. Die Burris bly maar n lekker scope. Almal is met my 243 geskiet.

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 11:16 am
by sako 30-06
Baie geluk, mooi bokke.
Goed geskiet.

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 1:21 pm
by Maanboef
Baie mooi!!!.243 jou doring!!

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 2:55 pm
by ruaanb
Mooi man!

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 3:00 pm
by Alwyn
Baie mooi!! Is lekker as dinge so by mekaar kom!!

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 3:16 pm
by toelie
Mooi gegooi daar

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Tue Sep 01, 2015 4:13 pm
by G-force
Lekker man Blackie.Goed gedoen.

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Wed Sep 02, 2015 12:02 pm
by katjak
More Blackie. Daai burrisie werk darm ma lekker. Ek kon ook n springbok met my 243 met hom op skiet op 572m. Ek kon nou ook een aand n rooikat klop op 495m. lekker scope. verruil hom vir niks. Groete. Katjak

Re: Die Burris doen alweer sy ding

Posted: Wed Sep 02, 2015 1:10 pm
by longranger
Burris makes good stuff