Page 1 of 1
Jakkalse het ander vyande
Posted: Mon Aug 31, 2015 9:58 pm
by tripodmvr
Sit vanaand en loer na kanaal 182 na "Africas most dangerous" en sien toe hoe vat luislang se kind vir jakkie vas. Nie gedink hond se kind sal deur 'n slang gevang word nie!!!!!!
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Mon Aug 31, 2015 10:06 pm
by henning
Het jakkie darem n bietjie gegil (distress klanke)?
Groete
henning
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Mon Aug 31, 2015 10:24 pm
by tripodmvr
Dit wat hulle gewys het was net dowwe oog oomblikke.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Sun Sep 06, 2015 7:34 pm
by Allieman
Het daai slang dan nie meer smaak nie??
Dit is interessant.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Mon Sep 07, 2015 8:35 am
by Geno
Dis redelik algemeen vir jaghonde om deur luislange gevang te word.
Ek weet van ten minste 4 gevalle.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Mon Sep 07, 2015 3:09 pm
by Finfan
Sou dit nooit kon raai nie.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 12:25 pm
by Eland
Nee wat, Slang se kind vra nie vrae as hy honger is nie.
Ek het n paar uitheemse luislange al vir n paar jaar. My eerste groot luislang was n Burmese luislang wyfie wat gegrens het aan 6M met n lekker gewiggie alhoewel ekt haar nooit regtig probeer weeg nie, moes ek maar erg moeite doen om haar in my kar se boot te laai as sy vee-arts toe moes gaan.
Het haar gekry as n volwasse slang, en vir nog 8 jaar gehad tot sy begin agteruit gaan het en eventually dood is, van ouderdom (Glo ek) Vir haar was dit niks snaaks om n varkie te sluk so groot soos n Staffie nie toe sy in haar prime was. Meerderheid van die tyd was dit so 12-15 Konyne oor n tydperk van so 2 weke en dan los vir so 3 weke. As ek varkies kon kry het ek haar n 12-15KG varkie gevoer elke 3 weke.
My huidige Mnr is n 6M Retic wat lag lag n jak sal kan vat. Sy lyf dikte is nie so breed soos die van die Burmese nie maar sal se hy is in die klas van n gemiddelde Afrika luislang van sowat 4.5-5M. En dis steeds nie n probleem nie.
Glo my, veral die tyd van die jaar wanneer die metabolisme begin spoedvang met die temperatuur wat klim en die reuk van prooi is in die lug, raak so slang n handvol. Hulle kan baie vinniger beweeg as wat n ou sal dink. n Jak wat onvermoedelik verby so slangetjie wals oppad om te gaan strond aanjaag of by n poel kom suip waar ta le en wag in die water, staan nie n kans nie!
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 2:07 pm
by NicoSmit
Op FB loop daar 'n foto rond van 'n roof voel arend of iets wat 'n jakkals gryp
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 2:10 pm
by ruaanb
Eland wrote:Nee wat, Slang se kind vra nie vrae as hy honger is nie.
Ek het n paar uitheemse luislange al vir n paar jaar. My eerste groot luislang was n Burmese luislang wyfie wat gegrens het aan 6M met n lekker gewiggie alhoewel ekt haar nooit regtig probeer weeg nie, moes ek maar erg moeite doen om haar in my kar se boot te laai as sy vee-arts toe moes gaan.
Het haar gekry as n volwasse slang, en vir nog 8 jaar gehad tot sy begin agteruit gaan het en eventually dood is, van ouderdom (Glo ek) Vir haar was dit niks snaaks om n varkie te sluk so groot soos n Staffie nie toe sy in haar prime was. Meerderheid van die tyd was dit so 12-15 Konyne oor n tydperk van so 2 weke en dan los vir so 3 weke. As ek varkies kon kry het ek haar n 12-15KG varkie gevoer elke 3 weke.
My huidige Mnr is n 6M Retic wat lag lag n jak sal kan vat. Sy lyf dikte is nie so breed soos die van die Burmese nie maar sal se hy is in die klas van n gemiddelde Afrika luislang van sowat 4.5-5M. En dis steeds nie n probleem nie.
Glo my, veral die tyd van die jaar wanneer die metabolisme begin spoedvang met die temperatuur wat klim en die reuk van prooi is in die lug, raak so slang n handvol. Hulle kan baie vinniger beweeg as wat n ou sal dink. n Jak wat onvermoedelik verby so slangetjie wals oppad om te gaan strond aanjaag of by n poel kom suip waar ta le en wag in die water, staan nie n kans nie!
Ek neem aan die outjie beweeg nie vrylik rond in die huis nie....

Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 2:14 pm
by PWV
Het die snake jou nog nie probeer nie?
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:49 pm
by Eland
Ruaanb,
Nee wat, haal gereeld uit en laat so biekie rondseil of sit in die stort vir n goeie was wanneer hulle vervel of vuil raak, maar genade kan hulle n huis opvoetter! Klim op alles en gooi goed af. Probleem is hulle soek gewoonlik die hoogste wegklim plek. Ek het n kliphuis, so dis partydjie om teen die mure te seil en gordyne af te pluk!
Ek het n twee jarige dogtertjie in die huis so die slanghok is versterk en gesluit met slotte. Ons leer haar om liewers bang te wees vir slange tot sy ouer is, want dalk net tel sy n giftige slang op wanneer sy buite is. Het juis vroeer in die jaar n poffie gevang waar sy n paar minute vroeer in die tuin gaan draai het! Ons oorlamse mak koekoek hen het wild tekere gegaan en die vrou laat ondersoek instel. Dit was net genade!
Oom PWV, gelukkig nog nie, het al n "close call" gehad n hele paar jaar terug met n honger slang (4M) wat my so effe vasgekeer het in my slangkamer sonder dat ek n haakstok naby gehad het. Ek het die waterbakke uit gehaal om te was en die hok se deur oopgelos met die doel sodat ek kon voer en dan die waterbak terug sit terwyl die slang sy prooi verstrengel.(ja mens raak stupid as jy te mak raak) Met die reuk vd hase in die lug en my beweging het die slang uit die kas geseil en my "ge-corner" gelukkig was vroulief net n benoude roep weg en kon die haakstok aangooi van die deur se kant af. So leer n ou maar dat as jy met groot slange wil werk, dat jy altyd twee mense minimum moet wees, n honger slang is n gevaarlike slang, was jou hande en sorg dat daar nie prooi reuke in die lug hang nie. En my last resort is om altyd n paar skerp goette in die slang kamer te he wat binne bereik is. Sou die slang op een of ander manier vir jou gryp, deur die slang te steek, behoort hy te los.
Kan wel vir julle se, toe ons nog in die dorp gewoon het, het als wat leef en beef in die buurt geweet van die " mense met die slange" Daar is min dinge wat onder sekere kulture soveel aandag trek as twee mense sukkel sukkel aan n hengse slang om in n kar se katte bak ge laai te kry nie. Die volk het nooit geweet of daar slange in die karre is, of in die huis nie...maar daar was nooit enige vreemde voette wat kom pla het nie!
Sal kyk of ek n foto kan oplaai.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 4:13 pm
by Eland
Kom ons kyk of die foto oplaai.
Nie die beste foto nie, maar dis die retic Mannetjie met n forige bad sessie.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 4:48 pm
by PWV
Sal seker 'n paar rand kry vir die vel as jy hom slag?
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 5:42 pm
by win270
Bly ek kan my eie huismaats kies!!

Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 6:48 pm
by Eland
Oom PWV,
Ek het lank gesukkel om daai groot wyfie se vel gelooi te kry toe sy dooi is, al die looiery plekke dring aan op n permit want hulle dink dis die bedreigde Afrika luislang. Kon uiteindelik na die vel al begin skade kry het 5 jaar later laat looi deur n pel van n pel se kennis.
Die Taxidermis mense is maar eintlik oningelig en meer bekommerd dat natuurbewaring hulle moeilikheid sal gee, want NBW ken self nie die verskille nie. Die lot het verlede jaar n Indiese luislang in n KZN reservaat laat gaan na die slang verkeerdelik as n Afrika luislang afgeneem is uit n privaat aanhouding.
In Asie en sentraal Afrika is dit groot besigheid om derduisende bedreigde luislange en ander reptielle uit die natuur te oes vir leer...natuurlik onbeheerd en sonder oordeel.
Ja so het elke spesie sekerlik sy plek in die natuur en is dit ons geseen om te kan heers oor die diere en te mag benut maar nie te verkrag en te misbruik nie.
Met dit gese, hoop ek van harte dis iets wat nie nog n "price tag" ook kry nie. Die volk maak alklaar die goed dood voor die voet.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 8:16 pm
by ruaanb
Nee kyk jy sien vir baie kans
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Tue Sep 08, 2015 9:47 pm
by tripodmvr
Moerlandspan. Groot meneer daardie. Die toilet is darem naby vir die banges.
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 1:34 am
by Eland
tripodmvr wrote:Moerlandspan. Groot meneer daardie. Die toilet is darem naby vir die banges.
Ek het ook nie probleme met n skoonma wat wil kom kuier vir n week nie!

Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 8:12 am
by PWV
Eland wrote:tripodmvr wrote:Moerlandspan. Groot meneer daardie. Die toilet is darem naby vir die banges.
Ek het ook nie probleme met n skoonma wat wil kom kuier vir n week nie!

Ha..ha..ha..
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 8:53 am
by Supacow
Eland ek is seker jou slang is groter as jou pelle s'n

Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 9:25 am
by PWV
Supacow wrote:Eland ek is seker jou slang is groter as jou pelle s'n

Kyk, die manne is weer skerp vanoggend!
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 9:30 am
by NicoSmit
Ek het ook nie probleme met n skoonma wat wil kom kuier vir n week nie!

[/quote]
Kan ek hom vir so paar dae leen my skoonma kom kuier
Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 1:09 pm
by Eland
Supacow wrote:Eland ek is seker jou slang is groter as jou pelle s'n

Nog nie die maatband uitgehaal om seker te maak nie

maar ek weet dis nie goed vir n ou se rug om swaar goed op te tel nie

Re: Jakkalse het ander vyande
Posted: Wed Sep 09, 2015 1:25 pm
by Eland
NicoSmit wrote:Ek het ook nie probleme met n skoonma wat wil kom kuier vir n week nie!

Kan ek hom vir so paar dae leen my skoonma kom kuier[/quote]
Jy is welkom, maar n beter plan is n lee hok of box met gate in, in die spaar kamer...as skoonma vra wat dit is dan se jy net jy het begin om slange aan te hou, maar die wetter het uit gekom en jy soek hom nog
