Page 1 of 1
draadstrik
Posted: Mon Aug 31, 2015 9:06 pm
by pietdt
ek het onlangs op my baas se plaas in namibia aan n paar goed gaan werk wat agter geraak het en ook n bietjie koedoe gejag in die proses. een agtermiddag opsoek na n mooi bul kom ek af op n koei wat aleen staan. sy het my gewaar maar toe sy weg hardloop sien ek haar voor been hang in die lug. terselfte tyd sien ek die stuk blinkgesleepte staaldraad. ek het haar gevolg en toe maar geskiet. die draad was diep in haar been ingetrek en haar hoef vrot. dit was al lank uitgegroei omdat sy nooit daarop getrap het nie. ek dink toe net hoe seer moet dit wees elke keer as die draad aan n bossie of klip haak. draadstrikke bly maar wreed.
Re: draadstrik
Posted: Tue Sep 01, 2015 5:31 am
by 243Songdaug
Stem saam - dis aaklige goed. Het ook verlede jaar in die Toska omgewing 'n groot kudu bul geskiet wat se 1 voorvoet al lelik vrot was agv 'n draadstrik.
Re: draadstrik
Posted: Tue Sep 01, 2015 8:05 am
by Jake1
Ja Piet dit maak n mens seer om sulke goed te sien.
Re: draadstrik
Posted: Tue Sep 01, 2015 2:52 pm
by Daneel
Ek was n paar keer op n plaas hier tussen PE en Uitenhage area, as jou stuk grond naby n stad of dorp is kan jy maar weet die goed is maar daar.
Het een dag n klein Duikertjie gekry wat dood was as gevolg van die strik om sy nek.
Dit is een van die slegste doode wat n dier kan oorkom.
Re: draadstrik
Posted: Tue Sep 01, 2015 3:16 pm
by Carl
Gebeur soms by ons ook. Kyk as man op so ding afkom dan loop die ref meter te ver in die rooi. Hulle het een so plek gemaak in digte bos met sout lek die wild gelok. Daar was paar strikke op en tekens teen die bome van baie struweling. Daar was selfs 'n eland fetus. Die plek het die hare laat regop staan, was asof 'n dood skaduwee daaroor hang.
Ek raak sommer beneuk...
Re: draadstrik
Posted: Tue Sep 01, 2015 9:58 pm
by gedroggie
.