Page 1 of 1
2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Aug 31, 2015 4:41 pm
by Dries Skiet
Hi manne. Wie gaan saam skiet?. Die weer gaan lekker koel wees, en daar is hope pryse beskikbaar.
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Aug 31, 2015 4:43 pm
by Hein22
Ek is daar. Kan nie wag nie!
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Fri Sep 04, 2015 3:04 pm
by Hein22
Ek sien die weer gaan weer mooi saamspeel. Reen en 12grade celcius. Lieflik!
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Fri Sep 04, 2015 3:09 pm
by Dries Skiet
Trek maar lekker warem aan.
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Fri Sep 04, 2015 4:01 pm
by Piet Pille
Die span Maraise van Whk het ook vanoggend daar geland
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Fri Sep 04, 2015 4:05 pm
by BRNO (Pierre)
Piet Pille wrote:Die span Maraise van Whk het ook vanoggend daar geland
Ek weet waar hulle slaap vanaand, gaan dalk nie more heeltemal so kompeterend wees nie

Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 9:32 am
by Dries Skiet
Die Namib manne het mooi geskiet, net daai blitsbrekers van hulle raas darem erg. Ons het lekker geskiet en sopnat gereen. My nuwe 22-250 het erg lekker geskiet, net jammer die magasyn wou nie lekker saam werk nie en het my twee skote gekos. Nuwe geweer hak plekkies, maar kon darem n 670.5 skiet. Baie geluk aan Johannes Schoeman, Piet Breedt en Antoon Roets, julle het mooi geskiet. Groot dankie aan Piet vir die deel van jou kennis, dit word opreg waardeer. Knap gedaan Stefan, jy het die dag baie goed gereel.
SAJSV se skiet is nou maar net in n ander klas.
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 10:05 am
by Hein22
Yes, dit was lekker. Ons het darem GOED nat gereen! Van die manne se hulle was vroeg klaar en het nie so baie nat gereen nie, ons was besig met die rooibok toe daai lekker bui uitgesak het en moes daarna nog die gonge ook aandurf in die reen. Was steeds baie lekker.
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 10:37 am
by Stefan764
Nog nooit in my lewe so erg natgereen nie, Dries gooi bietjie daar n foto of twee van daai jakkalsbaan van ons?
Ekt letterlik n stroom water uit my Nightforce se sunshield uitgegooi na daai baan
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 11:05 am
by Dries Skiet
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 11:39 am
by Capt. Yoda
Ek wonder of ek so lief is vir skiet
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 2:50 pm
by JPS
In sulke weer gebruik ek net Een geweer, en dit is my .303 met sintetiese kolf......
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Mon Sep 07, 2015 3:05 pm
by Hein22
Neewat, 'n geweer moet werk. Moet hom nie oornag in die nat sak los nie en olie hom net weer mooi dadelik na die skiet en alles is reg.
Dit was nogals opvallend vir my hoeveel moeiliker dit vir my was om in die reen te skiet. Scope se lense wat opwasem soos jy asem haal, water drupples op die glase maak amper dat jy niks van jou teiken kan sien nie (en jy vee hom nie suksesvol met die hand af nie, ek het 'n paar keer probeer), op groot vergroting moes ek my paralaks mooi stel om deur die reen die ver teinkens 'duidelik' te kon sien ens.
Ek hel al in ligte reen geskiet maar nog nie in sulke harde reen nie. Was 'n lekker leer kurwe.
Re: 2015 SAJSV Gauteng Ope
Posted: Tue Sep 08, 2015 9:54 am
by Stefan764
Ek stem Hein, verseker ietsie geleer Saterdag.
Nogals snaaks dat ek my twee beste bane in die ergste reen geskiet het... Miskien bietjie meer gekonsentreer??