Page 1 of 1

Droee Kolf

Posted: Wed May 25, 2011 3:41 pm
by Hugo
Manne

My .22 se kolf bly droog, ekt hom nou al seker 10 lae schaftol extra donker gesmeer en lekker dik, mar hy drink dit soos 'n spons water drink.

Enige voorstelle?

Hiers hoe hy gelyk het en nou lyk

[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 5-2008.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... G_0545.jpg[/img]

Kyk die snaakse strepe wat die schaftol maak voor hy droog word, net onder die scope se mik punt.

[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... G_0567.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... G_0568.jpg[/img]

Re: Droee Kolf

Posted: Wed May 25, 2011 3:48 pm
by 222
Hugo

Dankie dat jy die topic begin het sal ook graag by die manne wil hoor, veral watter olietjies mens kan gebruik. Ek het so 22 Voere wat ek al van kleins af "aangeneem" het, ek smeer sy kolf nog maar altyd Woodock Olie. Is dit reg?

BEYERS BEYERS HELOOOOOOOOOOOOOOO

Re: Droee Kolf

Posted: Wed May 25, 2011 3:53 pm
by 300Winmag
Ek voer my hout London Stock oil wat ek dan maar so met die hand bietjie warm vryf.

Re: Droee Kolf

Posted: Wed May 25, 2011 4:38 pm
by Jagtersdok
hugo, die vraag is hoe nat soek jy hom? ;D

Onthou net om nie daai ding te veel olie te vinnig te gee nie, die hout sit uit en kort voor lank sit jy met probleem

Re: Droee Kolf

Posted: Wed May 25, 2011 4:48 pm
by fanie17
Hugo
Jy moet onhou dat daai kolf moontlik so lank nie olie gesien het nie dat jy dit met n f kan spel,dit is soos die meubels wat mens van balie af in voer wat totaal uit droog waneer dit hier kom en dan begin bars.Jy kan lyn olie gebruik rou of gaar om hom ers te voed,maar dan moet jy hom seel sodat die uitdroog nie weer gebeer nie.