Page 1 of 1

New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:31 pm
by Wildejagter7705
Hallo almal my naam is Pieter van der Spuy.
Nog effe nuut in die jag ding maar geniet dit baie.
Sien uit om met jul almal verder te kan praat en inligting kan navrae asook deel met jul almal.
So paar dae terug my eie gewere ook gekoop, 1 x Sako 85 Varmint Laminated Stainless 308 WIN , 1 x Sako 85 Hunter Laminated Stainless 30-06, Remington over/under haelgeweer en n hand geweer.
Nog besig met my lisensie aansoek en goedkeuring ens.
Hopenlik Des'15/ Jan'16 behoort ek als in my eie besitting te he.
Het al 2 keer met die gesin die keer gaan jag naby Touwsrivier en beplan om nog 1 jag sessie die jaar ook in te kry.
Ons is woonagtig in Worcester, maar moelik om van jag plase te hoor en kennis te maak in ons omgewing maar ons is bereid om die afstand na ander plekke ook te ry. Vir ons gaan dit nie net oor die jag self nie, maar geniet die natuur en tyd saam in die natuur as n gesin ook baie.

Plesier om deel te kan wees van die Jaracal groep.

Groete
Pieter

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:38 pm
by Hein M.
Baie welkom Pieter! Weet dat jy die gesprekke hier sal geniet!

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:48 pm
by Ritchie
Baie welkom!

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:49 pm
by tripodmvr
Welkom Pieter. Sit jou blyplek aan in jou profiel. Dit help ander om te weet waar jy bly as items te koop aangebied word. Jy sal sien dat my en Hein se blyplekke getoon word.

Is die 2 308's vir pappie en mammie?

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 2:40 pm
by Wildejagter7705
Baie dankie julle waardeur dit baie.
Hoe sit ek my blyplek op my profile?

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 2:46 pm
by tripodmvr
User Control panel regs bo. Jy kan daar aan jou profile verander.

Wag nog vir nuus oor jou dubbelloop 308 ;D

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 2:58 pm
by Wildejagter7705
Dankie sal so maak en probreer op my profile.

Ek het dalk verkeerd gese in my 1ste boodskap maar het gou die boodskap ook regmaak het 1 x Sako 85 Varmint Stainless model 308 Win gekoop en dan ook 1 x Sako 85 Hunter Laminated Stainless model 30-06.
Die dubbel loop is maar net die gewone Remington Haelgeweer :)

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 3:32 pm
by ruaanb
Baie welkom!

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 4:31 pm
by Sybrandz
Baie welkom by 'n uitstekende forum.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 6:19 pm
by henning
Welkom Pieter, dit is n lekker gesels plekkie die.

Groete
Henning

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 6:43 pm
by Finfan
Wildejagter7705 wrote:Dankie sal so maak en probreer op my profile.

Ek het dalk verkeerd gese in my 1ste boodskap maar het gou die boodskap ook regmaak het 1 x Sako 85 Varmint Stainless model 308 Win gekoop en dan ook 1 x Sako 85 Hunter Laminated Stainless model 30-06.
Die dubbel loop is maar net die gewone Remington Haelgeweer :)
Daai Sako Varmint Lam/Ss is darem maar n fantastiese geweer. Het hom self in die 243. Baie welkom en geniet.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sat Aug 29, 2015 9:38 pm
by Jake1
Welkom Pieter. Dit is interessant dat jy beide die 308 en 3006 gekry het?

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 8:46 am
by Wildejagter7705
Hallo Jake,

Hoekom se jy dit is interresant?
Moes ek dalk n ander keuse gemaak het?
Ek maar nog nuut in die bedryf en waardeur kommentaar en advies so laat looi met advies as jy het vir my asb.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 8:56 am
by tripodmvr
Het self gewonder synde die 2 baie naby aan mekaar is. Die' debat oor watter een om te kies het jy opgelos deur altwee te vat. Hoe het jy dit aan CFR gemotiveer?

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 9:52 am
by Heinz Petersen
Welkom Pieter.
Ek dink wat Jake by "intresant" bedoel is dat jy gewere koop voor jy by die forum aangesluit het.
Hy wag nou om te sien wat jy nou nog gaan koop. ;D
Veral as jy lees met wat die manne hier skiet en al die ander lekker goedjies.
Solank mamma net verstaan dat jou speelgoed nou duurder raak en nie jonger nie.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 11:19 am
by Jake1
Pieter, die 308 en 3006 is baie naby mekaar bedoelende hulle ballistieke en koeelgewigte stem baie ooreen- meeste ouens het 1 van die twee nie albei nie. Moet asb nie hier vra watter een is die beste nie want dit kan die 3e wereld oorlog veroorsaak..... ;D Altwee is goed. ;)

Wat oom Tripod bedoel is dat by jou aansoek vir lisensies dit soms kan moeilik raak om die Sentrale Vuurwapen Register te oorreed dat jy altwee nodig het. Daar is soms gevalle waar laasgenoemde n lisensie afkeur om dat jy n soortgelyke wapen/ kaliber het, maar kom ons gaan haal nie die bobbejaan agter die berg nie, ons kyk eers of jy beide lisensies kry- die kans is goed. Indien nie is daar werkbare oplossings met n ordentlike motivering.

(My persoonlike voorstel- 308 is baie baie beter, hou hom en verkoop die 3006 aan my vir halfprys want hulle kwes net..... ;D )

Groetnis

Jaco

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 12:11 pm
by jamalley
Welkom Pieter

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 1:29 pm
by Wildejagter7705
Jake,

Eintlik stem ek saam met jou. Ek wou eers n 243 saam die 308 koop.
Ek het darem nog tyd om my keuse te verander want my lisensie aansoek papiere is nog met die handelaar.
Ek sal maar daar slaap vanaand en more oggend vars besluit maak.
Dankie vir die raad en inligting ek waardeur dit baie.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 1:36 pm
by Ashley
Jake1 wrote: (My persoonlike voorstel- 308 is baie baie beter, hou hom en verkoop die 3006 aan my vir halfprys want hulle kwes net..... ;D )
>:+ >:+ >:+
Hulle kwes so raak Jake ek sal hom dan weer teen helfde van daai prys by jou vat....dan het ek 2 wat ewe goed "kwes" ;)

Baie welkom hier Pieter, geniet die forum

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 1:42 pm
by tripodmvr
Wildejagter7705 wrote:Jake,

Eintlik stem ek saam met jou. Ek wou eers n 243 saam die 308 koop.
Ek het darem nog tyd om my keuse te verander want my lisensie aansoek papiere is nog met die handelaar.
Ek sal maar daar slaap vanaand en more oggend vars besluit maak.
Dankie vir die raad en inligting ek waardeur dit baie.
Synde jy so by die springbok staan - die 243 is dan die regte keuse ;D

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 4:25 pm
by Jake1
Ashley ek is n 3006 fan

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Sun Aug 30, 2015 8:32 pm
by PWV
Welkom, Willejagter
Hoop jy geniet dit hier.

Re: New member : Pieter van der Spuy : Wildejagter7705

Posted: Mon Aug 31, 2015 7:38 am
by Jay Jay
Hi Pieter, baie welkom.