Page 1 of 5

CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:23 pm
by Piet Breedt
Manne, ek het n Nikkon Monach E 2.5 - 10 x 56SF x 30mm buis Iluminated scope wat Nikkon SA my gegee het om spesifiek te toets vir Jakkals skiet in die nag. Ek sal terugvoering gee oor hom sodra ek hom behoorlik getoets het.

My eerste indrukke is dat dit n baie helder scope is wat uitsonderlik ontwerp is vir nagskiet. Hy laat sommer baie lig in met sy 56mm objektiewe lens. Sy kruishaar is baie duk, met n lekker dun kruishaartjie in die middel met n baie klein kolletjie wat verlig in of rooi, of groen en wat lekker verstelbaar is van net-net sigbaar, tot baie helder.
Dit het n "exit pupil" van 5.7mm op 10 x vergroting wat maak dat selfs my ou verswakte o? mooi kan sien met hom in die nag.


Sy Kruishaar lyk so:  http://www.nikonhunting.com/page/reticles/16

Dit lyk sommer na n baie goeie stewig geboude scope wat hammering kan vat. Alle Nikons kom ook met n lewenslange waarborg. Ek voorspel dat dit n wenner gaan wees vir nagskiet.

Hier kom nou die CV ding.

Nikon het my nog een gegee om vir n Jakkals/nag jagter te gee (free of charge) om te toets en te evalueer. Daar is geen catches aan verbonde, bo en behalwe dat jy dit regtig sal gebruik en n eerlikke opinie daaroor sal skryf op hierdie en ander forums waarby jy betrokke is. Nikon bemark hulle uitstekende produkte baie agresief en sal graag n groter mark aandeel wil bekom met uiters mededingende pryse vir hul uitstekende produkte.

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... tscope.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope009.jpg[/img]

Die van julle wat belang sal stel om hierdie uitstekende scope kosteloos te bekom moet asb vir my sommer hier op die forum n kort CV opsomming van jou jag bedrywighede plaas, en ek sal dan besluit wie hom moet kry. Ek is geensins n werker by Nikon nie, maar hulle het my in hul vertroue geneem om hul te help met die bemarking en bekendstelling van hul puik produkte aan ons jagters en veral die jakkals jagters.

So manne, as jy die scope wil h?, skryf vir my jou storie. My besluit sal finaal wees, en ek is nie omkoopbaar.

So lyk hy op my .223 Sako

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope006.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope008.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope005.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope004.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope003.jpg[/img]

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:26 pm
by Jagtersdok
Dit lyk baie netjies

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:30 pm
by Gerhard
Piet,

Lyk baie netjies, ek is lankal al lief vir Nikon optics.

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:38 pm
by Boertjie
Piet Breedt

Hoe vergelyk hy met die Linx 2.5-10x56 in die aand tot op 300m?
Watter prysklas praat ons hier?

Boertjie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:47 pm
by Geno
Oom Piet,
Ek sien op die laaste foto jy's 'n man van vele talente, sommer 'n nael-tegnikus ook!

Groete,
Eugene

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 1:58 pm
by Hugo
Geno wrote: Oom Piet,
Ek sien op die laaste foto jy's 'n man van vele talente, sommer 'n nael-tegnikus ook!

Groete,
Eugene
Epic geel asblik.

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 2:22 pm
by Ponkie
Boertjie wrote: Piet Breedt

Hoe vergelyk hy met die Linx 2.5-10x56 in die aand tot op 300m?
Watter prysklas praat ons hier?

Boertjie
Oom Piet

My eerste gedagte was ook dat hierdie scope byna identies soos die lynx lyk waarvan Boertjie praat.
As ek my nie misgis nie loop hierdie lynx al teen so R7500 rond.
Ek kan getuig dat hierdie lynx baie lekker werk in die nag, sowel as in die dag. So dit sal vir my baie interesant wees om die terugvoering van die Nikon te hoor.
Dink persoonlik dat nikon baie goeie lense het, hulle het net nodig om 'n gevestigde plek in die mark te kry.

Groetnis
Ponkie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 2:27 pm
by Jagtersdok
Manne

Ek dink nie die topic gaan regtig oor wat ons van die Nikon dink nie.

Piet wil h? die jakkie manne moet vir hom redes gee hoekom hulle die scope moet kry om te toets.

Dit haal myslef klaar uit die equasion uit want ek skiet nie jakkies in die nag nie, slegs per geleendheid. Anders het ek al lankal 'n helse opstel geskryf oor hoekom ek die regte ou sou wees om die scope te toets.

Jammer oom Piet, Maar die volgende scope wat jy kry om te toets vir die algemene jagter is ek heel voor in die koor

Neels

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 2:31 pm
by Ponkie
Dok

Jys seker reg. Ek wou nie Oom Piet se topic hack nie, maar dink hy kan vir ons ook bietjie terugvoering gee oor die scope. Hy is mos juis daarop uit om die scope te toets as hy nou weer uitgaan om 20 jakkies op sy landie te gooi.  :D

Groetnis
Ponkie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 2:39 pm
by Boertjie
Ponkie

As die scope beter is as die lynx, is ek regtig in die ry vir een.Ek hoor die lynx se gas gaan uit dan is hy nie meer so helder in die aand nie.Weet nie of dit met myne besig is om te gebeur nie.Hy word verniet reggemaak,maar dan sit jy weer vir n ruk sonder hom.

Boertjie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 4:12 pm
by tafjak
Pieta

Baie mooi scope en die specs behoort mooi te werk in die nag.

Voorspoed met die aansoeke.

Mooiloop

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 4:24 pm
by Arnold
Ok, here goes ...

Ek het nog nooit in my lewe 'n jakkals geskiet nie maar sal graag eendag wil.
Op die oomblik kort ek wel 'n scope so as niemand belangstel nie sal ek hom met graagte neem en toets en terugvoering gee  ;D

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 5:00 pm
by fanie17
Watse Sako is daai ,is darm mooi.

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 5:26 pm
by baboonstalker
Piet, Ek het solank my .223 se scope afgehaal, sien ek het gereken as ons die scopes nou op dieselfde gewere toets kan ons mos vir Nikon mooi terugvoer gee oor hulle scopes. (ons weet immers die 223's KAN SKIET)

[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 5-1712.jpg[/img]

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 5:47 pm
by Winch
Oom Piet,

Ek wil ook graag my naam op die lys sit. Ek is nie 'n gereelde jakkals jagter nie, maar jag vakansies op my pa se plaas in Namibia. So ek sal die geleentheid h? om die scope deeglik te kan toets en trugvoering te kan gee binne die volgende twee maande. Ek het nog nie baie met soortgelyke scopes te doen gehad nie, maar sal wel 'n eerlike opinie kan lewer.

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 7:52 pm
by Piet Breedt
Manne, ek wil net noem dat die scope joune gaan wees om mee te maak wat jy wil. Ons sal darm net graag wil sien dat jy dit vir tenminste n jaar op jou geweer waarmee jy jakkalse skiet sal hou, om n goed deurdagte verslag te kan gee. Dit is jou eie scope, en jy hoef hom nie terug te gee. Dit is joune for mahala.

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 7:56 pm
by Monrique (SJ)
Ek dink Boertjie moet die outjie toets aangesien sy Lynx op die afdraende pad is en omdat hy self jakkies jag om kos op die tafel te sit!

Boertjie skryf jou storie, dink jy sal hom goed kan toets en n mooi verslag kan skryf oor hoe hy werk.

Groetnis

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 8:31 pm
by Jagtersdok
Piet Breedt wrote: Dit is jou eie scope, en jy hoef hom nie terug te gee. Dit is joune for mahala.
Eish manne as ek in die bedryf was het ek al lankal helse storie geskryf.

Piet ek sal hom waaragtig gaan toets op ander plekke en kondisies as hier niemand is wat die geleendheid wil aan gryp nie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 8:53 pm
by HVZ
Hier gaan my cv...

Ek is al vir die laaste jaar besig met die jakkals skietgoeters en dis n gogga wat my sleg gebyt het. Ek het ook die gevorderde kursus by Heinrich Funck gedoen in mei 2010. Ek skiet meestal om Ulco en Lime acres maar skiet nie vir betaling nie. Die toeristing sluit n howa 223 met n 3-9x40 vortex scope in.

Fluit-fluit my storie is uit.

HVZ

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 8:57 pm
by Frikjordaan
Ek is tans besig om goeie redes uit te dink waarom ek nog 'n goeie scope moet koop. Jag baie gereeld in die nag veral rooikat want ek boer in die Groot Karasberge. Het 'n 8-32x50 Nightforce maar vind dit groot en veral 'n baie beperkte sig area laat my sukkel in die nag.

Moet egter kan identifiseer want ons het baie baie berg bokkies(Klipspringers) so kan nie skiet voordat ek seker is. Is 10 vergroting voldoende om 300 meter plus om te kan sien?

Bietjie van topic af maar die regte manne sal hier kyk

 

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 9:05 pm
by Boertjie
Piet Breedt

Ek is Christo Nell van Pearston in die oos kaap.
Ek woon op n plaas waar ek slegs die huis huur en jag jakkals vir die afgelope 5 jaar.
Ek het op die oomblik n Lynx 2.5-10x56 op my geweer wat ek jakkals mee skiet en gebruik hom die afgelope 18 maande.
Dit is n goeie scope maar begin probleme gee
Ek het ook al 2 ander scopes gebruik van tevore.
Indien jy besluit dat ek die scope moet toets,belowe ek om n eerlike verslag oor hom te gee en die produk so ver as moontlik te adverteer

Byvoorbaat dank

Boertjie

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 9:07 pm
by whisper
Oom Piet, hier is my storie. Ek en Foxcreek is nou besig om ons eie planne te maak hier in Natal, aangesien niemand hierso wil betaal om jakkalse te laat skiet. (nie eers petrol geld nie!) Hier is wel n baie groot probleem, as jy dalk gesien het met Foxy se fotos, die jakkalse hierso is glad nie bang om "fully grown" melk koeie aan te vat. Die boere hier rond stel glad nie belang nie, en hulle se almal dieselfde ding "dit is nie MY probleem nie, die jakkalse kom deur van my buurman af" Alhoewel, Foxy wel baie jakkies geskiet het, het ons nou n ernstige poging gemaak om hulle aan te rant! Ons is nou op ons vyfde trippie, en ons het uiteindelik op ons laaste trippie 5 jakkies plat getrek. (op n 400 ha plaas, en hulle was nog baie!) Die twee van ons sal seker nie n massieve verskil maak, maar, 5 minder , is vyf minder. (of hoe?) Ons sal hopelik een of ander tyd die boere hier rond oortuig dat dit almal se probleem is, en dan sal ons begin saam werk! Ek skiet ook self n BRNO .223, met n !@#$#@! sleg nikko sterling op!

Dis my storie.

Groete.

Whisper. :)

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 9:27 pm
by Jagtersdok
Daarsy manne

Nou beweeg julle in die regte ringting in.

Neels

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 9:30 pm
by Gerrit Visser
Piet ek stel ook belang in die Nikon aangesien ek nie een kon los skiet op die top 50 nie. Jy sien ek konsentreer nie altyd op die kruishaar soos ek moet nie, nou moet ek maar een probeer bekom met 'n liggie. [Moet s? goeie stukkie raad van jou, kon darem 19 plekke opskuif]

Groete Gert

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Posted: Wed May 25, 2011 9:51 pm
by baboonstalker
Piet,

Ek sal ook graag wil "volunteer" om die scope te toets. Om die teleskoop te verdien onderneem ek om hom binne 'n een jaar tydperk op 4 gewere te roteer en ten minste die volgende te probeer skiet:

Nagskiet plaagbeheer:
Jakals, Rooikat, Grybok en duiker (bottyd in die wingerd), ystervark en europese wilde varke   (op 6mm AI, 30-06 en 223)

Dagskiet plaagbeheer:
Bobbejaan (6mm AI)

Dagjag:
Kudu, Springbok, Bosbok (daar is dalk die moontlikheid van 'n eland ook, maar dit sal 'n bonus wees) 30-06, 243 en 6mmRemAI

Ek sal ook ten minste een kompetiesie met hom skiet en dan natuurlik die terugvoer op die Jaracal en SAJSV forum.

Laat hy val waar hy moet!
Pieter