Page 1 of 1

GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 2:53 pm
by Ritchie
Dagse almal.

Ek neem tans deel aan SA Jagters se tabel skiet en SA Sport en Jag kompitiesies. Wil graag ook nou die Veldskiet aanpak. Het n Tikka 260Rem en wil graag n GRS kolf opsit.

My vraag is watter een in die GRS reeks sal die beste gepas wees vir wat ek wil doen? Het n paar vroeer posts raak gelees waar die manne goed praat van GRS maar nie n spesifieke model nie.

Sal julle insette baie wardeer.

Groete

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:16 pm
by Johannes Schoeman
Ek hou van die Sporter Varminter, net regte balans. Het n hunter ook ,maar sy kolf agter die handgreep is skuins. (skiet nie so lekker as jy n sandsakkie agter gebruik).
Gaan groot en koop die GRS Bolthorn !!

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:46 pm
by Ritchie
Baie dankie Johannes. Dit help baie want ek wil graag al die voordele en nadele van elkeen probeer opsom.

Haha! Bolthorn?! My naam pas nie by my beursie nie ;) Sal baie graag wou maar dis bietjie BAIE duur.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:55 pm
by Riaan Kriel
Sover ek weet kan jy die Tika T3 Sporter se kolf los bestel. siende dat jy reeds 'n Tika het is dit dalk nie 'n slegte opsie as die aksie presies gaan pas nie. Die T3-Sporters is baie gewild en die kolf is reeds ontwerp vir daardie tipe sport-skiete. (Nou nie GRS-Badge op nie maar is nie slegte plaasvervanger nie ;) )

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 5:15 pm
by CarelG
Duracell wrote:Sover ek weet kan jy die Tika T3 Sporter se kolf los bestel. siende dat jy reeds 'n Tika het is dit dalk nie 'n slegte opsie as die aksie presies gaan pas nie. Die T3-Sporters is baie gewild en die kolf is reeds ontwerp vir daardie tipe sport-skiete. (Nou nie GRS-Badge op nie maar is nie slegte plaasvervanger nie ;) )

Waar bestel n ou so Sporter kolf Duracell?

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 8:01 pm
by Ritchie
Sal ook hraag wil weet. Nie n idee gehad dat mens dit appart kon bestel nie.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 9:03 pm
by birklec
Dink daai sporter kolf gaan jou 12-13k uit die sak jaag.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 9:05 pm
by WillemS
Jc van Niekerk maak hom op n tiekie vir n paar rand goedkoper as daai 12k

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Thu Aug 27, 2015 9:29 pm
by Ritchie
12k? Dan klink n GRS nogal na n goeie opsie.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Fri Aug 28, 2015 11:03 am
by Riaan Kriel
Van die manne hier het deur 'n wapenhandelaar wat Tika vuurwapens verkoop die egte Tika kolf vir iemand bestel. Weet ook van ekstra magasyne en 'n Tika KD wat bestel is vir manne wat reeds T3-Sporters gehad het. Ek is egter nie seker oor die pryse nie.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Mon Aug 31, 2015 8:52 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Ritchie

ek het n tweedehandse GRS vir n T3 gekoop. Die projek het toe verander en hy is te koop. Ek glo al die T3s se inletting is dieselfde. Ek sal jou n pm stuur dan kan ons gesels as jy belangstel.

wim

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 7:41 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ritchie

Laat weet my of jy belangstel in die kolf. Daar het 'n paar ander manne reeds gevra daarna. Ek gee jou die eerste opsie tot vanmiddag en as ek nie van jou gehoor het nie sal ek dan vir hulle 'n kans gee as hulle die kolf wil neem.

Wim

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 11:08 am
by Ritchie
Wim

Baie dankie dat jy aan my dink. Wardeer dit baie.

PM gestuur.

Groete

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 11:11 am
by Jean Marais
Ritchie, ek het 'n Varmint Hunter op my 308 Norma gesit en die aksie behoorlik laat pak. Geweer skiet nou baie mooi. Jy sal nie fout maak met 'n GRS nie. Baie besondere kolwe volgens my.

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 11:22 am
by Stefan764
+1

Het een op my XC en daai ding skiet soos n droom

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 11:50 am
by Stefan764
Oh sorrie, ek het die Varmint kolf van GRS

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 12:11 pm
by Ritchie
Baie dankie manne vir julle insette. Word opreg wardeer.

Besluite..........besluite!

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 12:43 pm
by Capt. Yoda
Ek neem aan n mens kan seker so GRS Varmint kolf bestel sonder dat hy klaar geinlet is?

Re: GRS Varmint of Hunter Kolf

Posted: Tue Sep 01, 2015 12:54 pm
by Henry
Capt. Oblivious wrote:Ek neem aan n mens kan seker so GRS Varmint kolf bestel sonder dat hy klaar geinlet is?
Ja. Daar is weergawes wat nog nie gesny is nie.