Page 1 of 1

Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 8:12 am
by tau
More Manne

EK stel belang in 'n tweedehandse Baretta A300. IS van hierdie wapens in RSA gemaak onder lisnsie van Baretta? EK het al met een geskiet, an het dit baie geniet. IS dit so betroubare Semi soos ek glo? EK het 'n Winchester 1300 met lang loop vir jag en 16 br Side x side/ Drilling vir jagte waar mens net dubbel loop gewere mag gebruik so hierdie gaan 'n 3 Gun wapen wees

Dankie
Tau

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 10:40 am
by Johannes Schoeman
Kovisco het meer as 100 000 bokke met A 300 geskiet, Net Kerneels Alberts aleen 60 000.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 10:40 am
by Johannes Schoeman
Kovisco het meer as 100 000 bokke met A 300 geskiet, Net Kerneels Alberts aleen 60 000.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 12:48 pm
by Yeager
Dit is hoorsĂȘ: die gewere wat op die loop Musgrave gemerk is en op die raam Beretta gemerk is, was as onderdele ingevoer en deur Musgrave aanmekaargesit. Iets te doen gehad met sanksies. Daardie gewere het ook inheemsehout kolwe.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 12:57 pm
by Yeager
ImageUploadedByTapatalk1440672835.533673.jpg
ImageUploadedByTapatalk1440672835.533673.jpg
Aantal sirkeltjies dui die wurg aan. Een full choke, twee 3/4, drie 1/2, vier 1/4.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 1:49 pm
by tau
Baie dankie dit is presies dieseflde hout kolf soos die een bo. Geen gravering of ruitwerk. Dan het ek nog twee gesien wat mooi ruitwerk het. EK verstaan ook A 301/2 is die Italiaans gewere. EK verstaan ook die gewere is in vraghouers in stukke ingebring as parte en dan by MUsgrave aanmekaar gesit.

Dit wat ek kan lees is hulle kannie dood enigste probleem is jy kan nie die magasyn buis verleng nie aangesien die gas sisteem dit nie toelaat nie.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:04 pm
by Murray
Jis Tau
Het self nou n A300 gekoop. Nog besig om wapenlisensie se stukke bymekaar te kry.
Het net so vinnig na myne daai tyd gekyk, maar kan nie eers onthou wat op sy loop staan nie.
Kan n mens nie sy magesyn buis langer maak nie? Dit was nogals my plan gewees. Kan jy dit bevestig asb

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:11 pm
by tau
Murray wrote:Jis Tau
Het self nou n A300 gekoop. Nog besig om wapenlisensie se stukke bymekaar te kry.
Het net so vinnig na myne daai tyd gekyk, maar kan nie eers onthou wat op sy loop staan nie.
Kan n mens nie sy magesyn buis langer maak nie? Dit was nogals my plan gewees. Kan jy dit bevestig asb
JA volgens die 3 Gun kenners op gunsite is dit iets met die gas sisteem wat verhoed dat die magasyn verleng kan word.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 4:35 pm
by Murray
Dis Jammer

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 5:02 pm
by tau
Murray wrote:Dis Jammer
Baie. Dit is vrek hartseer aangesien ek as kind van seker 11 jaar oud die eerstekeer met een kleiduiwe geskiet het, nadat ek gewoond was aan my Pa se pompaksie en onthou net hou sag die recoil was.

Re: Baretta A 300

Posted: Thu Aug 27, 2015 7:00 pm
by Yeager
As jy die geweer se voorarm afhaal, sal jy sien dat gaskamer reg voor die magesyn is. Dit verhoed dat jy die magesyn kan verleng.

Re: Baretta A 300

Posted: Fri Aug 28, 2015 1:28 pm
by Alwin
Daai A300's is deur Musgrave ingevoer en aanmekaargesit. Die staat het heelwat van hulle aangekoop.

Die magasyn kan nie verleng word nie. Wel, jy kan dalk, maar dit gaan meer kos as 'n volledige nuwe A400, met lang magasyn, want al die onderdele sal uit staal vervaardig moet word.

Die A300 skiet besonders lekker. Dis al haelgeweer waarmee ek so af en toe 'n kleiduif kan breek.

As jy hom vinnig wil laai, moet jy baie versigtig wees vir die keep op die "lifter" plaatjie. Hy het die neiging om jou duim net hier agter die eerste lid te gryp en styf vas te hou. Ek sou hom nie vir 3-Gun kompetisie aanbeveel nie, maar jy moet besluit hoe ernstig jy oor die kompetisie aspek is. As jy nie omgee om heel laaste te eindig nie, en eerder die hele proses wil geniet, kan jy hom maar gebruik.