Page 1 of 1
Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 7:59 am
by Hein M.
Hallo almal!
My kleinboet het 'n KD op sy 243 laat sit - om stiller vir die jakkies te wees. Ongelukkig tel sy scope nou die KD op en maak 'n skynsel... Die scope het 'n '50 voorste lens en is op lae ringe gemonteer.
Daar is baie logiese opsies - soos om die scope op medium ringe te monteer / 'n dunner KD op te sit, ens.
Het iemand al dieselfde probleem ondervind - en is daar 'n ander tipe oplossing?
Hoor graag! Hy is maar platsak en het gisteraand maar baie platgeslaan geklink, want die operasie het hom nou al baie geld gekos...
Mooiloop!
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 8:01 am
by JACQUES BOTHA
hein die goedkoopste en maklikste raad is to n strepie swart insolation tape om die onderste deel van jou scope
Skree gerus as jy nie verstaan nie, maar dit werk en kos niks
Sterkte
Jacques
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 8:32 am
by J le Roux
Jacques, ek glo jy het nou 'n hele paar manne nuuskierig. Vertel as asb. 'n bietjie meer hoe die insolation tape plan werk.
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 8:38 am
by Geno
As die demper plat agter is, gaan hy dit doen.
Jy kan ook die tape vanaf die demper na die loop toe teen 'n skuinste plak.
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 8:56 am
by Hein M.
Dankie vir die raad tot dusver! As iemand 'n pic kan opsit sal ek dit baie waardeer.
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 8:57 am
by G-force
Ons het al altwee tegnieke gebruik soos wat Jacques en Geno beduie,altwee werk.
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 9:42 am
by Willie
Probeer 'n sokkie oor die KD tot op die loop. Dit het die selfde effek as die tape vanaf die KD na die loop.
Persoonlik hou ek nie van die tape op die teleskoop se lens nie. Ek het dan juis die 50mm lensgekry om die meer lig in te laat hoekom sal ek dit dan nou weer gedeeltelik toe plak ?
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:10 am
by JACQUES BOTHA
Willie
Jy gaan nie die verskil sien nie dit belowe ek jou .
DIe res
Die stukkie tape 5 cm skat ek is makliker , jy plak dit horisontaal oor jou scope se ondertse kurwe sodat n klein stukkie terugvou aan die onder kant en om die kante en jy is 100% gewaks.
Die cone rondom jou lig help ook so bietjie
Elke ou moet maar doen soos hy goed dink en wat werk vir hom
Soos Ge se albei werk en albei getoets.. Die jagters werk maar op toets en beproef en behou die goeie
Lekker dag
Jacques
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:15 am
by Hein M.
Jacques / Geno
Baie dankie! Sal hom so prakseer en toets!
Groetnis!
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:18 am
by cassie_calvinia
daai tape oor scope maak niks in die lig deurlaat nie.
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:22 am
by Hein M.
cassie_calvinia wrote:daai tape oor scope maak niks in die lig deurlaat nie.
Gooi hom weer, Cassie? Volg nie lekker nie...
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:25 am
by Eugene
Hein M. wrote:cassie_calvinia wrote:daai tape oor scope maak niks in die lig deurlaat nie.
Gooi hom weer, Cassie? Volg nie lekker nie...
Sien wat Willie sê, Cassie antwoord hom net....
Willie wrote: Ek het dan juis die 50mm lensgekry om die meer lig in te laat hoekom sal ek dit dan nou weer gedeeltelik toe plak ?
Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Thu Aug 27, 2015 10:28 am
by Hein M.
Eugene wrote:Hein M. wrote:cassie_calvinia wrote:daai tape oor scope maak niks in die lig deurlaat nie.
Gooi hom weer, Cassie? Volg nie lekker nie...
Sien wat Willie sê, Cassie antwoord hom net....
Willie wrote: Ek het dan juis die 50mm lensgekry om die meer lig in te laat hoekom sal ek dit dan nou weer gedeeltelik toe plak ?
Thanx, Eugene! Maak nou sin

Re: Scope tel KD op: Raad asb...
Posted: Sun Aug 30, 2015 7:36 pm
by bertie
ek maak ook soos geno. eenvoudig goedkoop en werk. as jy camotape het werk dit nog beter. daai lap reflekteer niks.