Page 1 of 1
308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 10:31 am
by erx
Hi daar manne
Het iemand van julle ondervinding met "competition seating dies"?
Dis nou daai outjies wat diep presies jou seating diepte stel.
Na watse maak kyk ek? Ek is persoonlik 'n RCBS man, maar sal graag hoor wat julle voorstel.
Groete
erx
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 10:36 am
by Jagtersdok
Erx
Daar is niks fout met RCBS se comp dies nie, baie manne het al baie records met hulle oop geskiet.
Ander opsies wat jy na kan loer is Foster of Reding se Micro Seater dies of die super comp dies.
een ding wat mens in gedagte moet hou. As jy hierdie tipe van dies gebruik, moet jy doppe baie nou klas, Koeels weeg en meet klas, dop voorbereiding moet uiters goed wees en lading ontwikkeling spot on, anders baat die matryse jou niks
Neels
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 10:42 am
by erx
Jagtersdok
Dankie vir die reply. Daai dop voorbereiding is definitief soos jy se diep belangrik. Ek sit egter nogsteeds met die probleem op my lapua doppe wat gate in die primers brand.
Ek het 'n hele topic daarop gehad, maar niemand kon my help. Francois sou nog daarna kyk maar geen reply.
Groete
erx
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 10:53 am
by Jagtersdok
Is daai Primer pockets uniform?
Hoe Groot is die flash holes (het jy dalk an hulle gesny)?
Watse primers gebruik jy?
Druk hulle maklik of styf in die primer pockets in?
Kan jy fotos opsit van die primers wat gebrand het?
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 7:47 pm
by Francois Marais
erx
Sorry maat, ek hou deesdae galdnie meer by oppi forums, pm my AUB, ek onthou vaagweg so iets...........wil net se dat die DOP gewoonlik nie die culprit is as die slagdop deurbrand nie.....
Mooi loop
Francois
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Wed May 25, 2011 11:03 pm
by JPS
Erx,
Ek gebruik die Redding competition seater alllenlik en moet se dit help baie. Koels sit bai konsentris in doppe as ek hom "check" op die waggelmeter.
Het nie ondervinding met die RCBS competition dies nie.
Groet
JP
Re: 308 Competition Seating Die
Posted: Thu May 26, 2011 12:25 pm
by erx
Hi Jagtersdok
Ek gebruik CCI se small rifle primers op die Lapua doppe. Die primers druk gemaklik in en mens voel nogal mooi dat hy nou reg seat. Ek het die flash holes gesny, nie baie, maar net dat hulle 'n uniforme snit het.
Al die pockets meet ewe diep, maar dis vir my asof hulle te vlak gesny is, dalk?
Ek sal kyk of daar nog so primer in die press se bakkie le en dan 'n foto opsit.
Ek is nogal versigtig om weer met die doppe te gaan skiet, mens skrik nogal jou gat af as daai gasse terug blaas in jou oe!
Groete
erx