Page 1 of 1

CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Mon Aug 24, 2015 7:25 pm
by Phillip
Hallo,

Ek het vandag my 458 Lott gekry en gevind dat die slot nie die rondte ordentelik optel wanneer ek oorhaal nie. Met n bietjie meer effort maak die slot wel toe maar dan is die dop erg gekrap wanneer uitgehaal.

Ek het my 375 se slot in die 458 probeer en dit het weer seepglad verloop.

Is daar iets wat ek self aan die 458 se slot kan doen om hom reg te laat werk of sal ek na n geweersmidt moet gaan? (Die 458 slot doen dieselfde wanneer ek hom in my 375 probeer)

Fotos wat ek geneem het is te groot en kan ek dus dit nie hier plaas nie.

Groete,
Phillip

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Mon Aug 24, 2015 8:06 pm
by Bushpig7
Hallo Phillip

Kyk mooi na die gaping tussen die Ejector Claw en die Boltface, klink aper as of hy te klein is en die rim van die doppie swaar sal in gly. Kan die agter kant van die extractor bietjie wegerk of polish met skuur papier. moet eers die extractor afhaal voor jy die agterkant kan polish. Pasop dat jy nie die hoek van die extractor verander terwyl jy polish anderse spring die extractor oor die rim

Groete
Bushpig 7

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Mon Aug 24, 2015 9:01 pm
by Phillip
Baie dankie! Ek het die twee slotte behoorlik gaan vergelyk en daar is beslis n verskil soos jy verduidelik het. Sal eerder dat n bekwame persoon die wegwerk of polish doen.

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Tue Aug 25, 2015 9:12 am
by Phillip
Bushpig7 wrote:Hallo Phillip

Kyk mooi na die gaping tussen die Ejector Claw en die Boltface, klink aper as of hy te klein is en die rim van die doppie swaar sal in gly. Kan die agter kant van die extractor bietjie wegerk of polish met skuur papier. moet eers die extractor afhaal voor jy die agterkant kan polish. Pasop dat jy nie die hoek van die extractor verander terwyl jy polish anderse spring die extractor oor die rim

Groete
Bushpig 7
Ek het vanoggend rondgebel en ek kan n extractor claw by Magnum kry vir R390.

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Tue Aug 25, 2015 2:55 pm
by vossie1
Dit klink na n goedkoop fix,is dit n nuwe geweer?

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Wed Aug 26, 2015 10:56 am
by Phillip
Nuwe geweer ja.

Re: CZ 550 458 Lott slot probleme

Posted: Wed Aug 26, 2015 3:13 pm
by vossie1
Dan behoort hulle dit vir jou reg te maak,of dan die agente te raadpleeg.