Page 1 of 1

Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 6:31 pm
by Pvdw
Manne ek wil nou maar die ding doen en een van daai ysters aanskaf net omdat ek wil ;D ;D

Ek het so bietjie rond gebel en gesels en ek hoor sov?r net mooi dinge van al die HOWA wapens.

Camdix het nou die gewere op spesiale aanbod vir R4995.

Volgens die agente en die internet is die twist 1:12. Ek ken glad nie daai kaliber nie, Wat ek wil weet is watter geweg koe?l sal goed stabiliseer teen daai twist.
Wat sal 'n tipiese gewig koe?l in 'n 223 wees en na watter trompsnelheid kyk mens. Gee sommer net so rowwe aanduiding asb.

Dankie.

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 6:38 pm
by Beyers
Ek het 'n Sako met dieselfde twist.
Volgens Shilen se site tot 60gr vir 1:12
http://www.shilen.com/calibersAndTwists.html

55gr Vmaxe loop mooi, Gerard se 40gr moet ek nog probeer.

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 6:39 pm
by Jagtersdok
Die 55gr jobbies sal soos stroop loop.

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 6:43 pm
by Beyers
Ek kry so 3100 fps met 55gr Vmax 25.2gr S321 in Winchester doppe

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 6:59 pm
by Pvdw
Dankie manne dis al wat ek wou weet.

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 8:17 pm
by Monrique (SJ)
Peet

Het Camdix die Howa .223 in voorraad? 

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 8:28 pm
by Pvdw
Nee nog nie maar ek het vandag met Dan gesels. Dan werk vir African Hunting Supplies, hy is 'n ou vis buddy van my. AHS kry binnekort voorraad dan kan hulle aan Camdix voorsien.

Ek wag ook in spanning maar die wag word nou kort ;)

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 8:34 pm
by Monrique (SJ)
Thanks  ;) ;)

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Tue May 24, 2011 9:13 pm
by HVZ
Pvdw

Ek kry so 3270fps met 55gr punte in my howa

Lekker aand
Hvz

Re: Howa 223 twist

Posted: Wed May 25, 2011 4:26 pm
by Pvdw
SJ Camdix het vandag 4 223's ingekry.

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 7:04 pm
by Monrique (SJ)
Dankie Peet!

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 8:10 pm
by Armand Steenkamp
OoO bloed klink daar is n plan
Of hoe se ek nou SJ?

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 8:14 pm
by Monrique (SJ)
Shhhhh.  Liefie moet dalk eers voorberei word vir die ene! :angel:  Sal maar sien.

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 8:26 pm
by Armand Steenkamp
Jong se net jyt hom by cash converters gekoop!Baie groot bargain!

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 8:36 pm
by Monrique (SJ)
Jy het mos al ontmoet.  Sy eet "wakker pies" my maat. ;D ;D

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 8:37 pm
by Monrique (SJ)
Miskien moet ek hom vir haar koop as n geskenk en eers op my naam sit??? :o :o    :angel:

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 9:40 pm
by Pvdw
SJ ek werk nou aan my toegeweide status maar teen R4900 by Camdix het nie eers my vrou gekla nie. Ek stuur haar vir 'n week Kaap toe met die eroplane om by vriendin te kuier en ek koop 'n HOWA sodra die status afgehandel is. Sy skiet gelukkig ook baie saam op die baan en sy gaan daai 223 net so geniet ;)

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 9:45 pm
by Jagtersdok
Ek oorweeg sterk om die Howa aan te skaf vir my meisiekind, maar sy skiet so lekker met mamma se 243, so miskien moet ek na iets anders vir mamma kyk.

Re: Howa 223 twist

Posted: Thu May 26, 2011 9:46 pm
by Monrique (SJ)
Neels

Dalk n 6.5mm?

Groetnis

Re: Howa 223 twist

Posted: Fri May 27, 2011 6:23 am
by Pvdw
Darm lekker om vir Ma en die kinders ook deel te maak van die skietding. Dis die eerste stokperdjie waar ek vir Ma en beide seuns kon laat belangstel.

Ek het vir 14 jaar soos 'n besetene vo?ls gekyk en gering maar dit moes ek alleen doen, kyk, maar baie minder. Seuns raak toe geintereseerd in sterre. Koop 'n nice scope en almal geniet dit tot die eerste winter, daar staan ek toe alleen en kyk na al die mooi dinge in Orion. Bome het my vrou weer laat smile maar dit het ook 'n stille dood gesterf.

Ek en die seuns vlieghengel darm lekker saam en Ma ry saam en lees boek onder die bome, ten minste gaan almal saam ;D

Neels ek is bly om te sien julle geniet die skiet ook as 'n gesin saam.

Ek het juis vir Ma in gedagte met daai 223, sy wil nie met die 303 of die 30-30 skiet nie, net die 22 geweer, rewolwer en die 9mm.

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Fri May 27, 2011 9:47 am
by Jagtersdok
Peet

daai 223 is dan net die ding vir haar

Re: Howa 223 twist

Posted: Fri May 27, 2011 10:14 am
by Pvdw
Neels, net gou so iets anders. Ek doen noe die 9de en 10de Junie my kursus by die jagters vereniging. Dit is die jag kursus vir toegeweide status en nie sportskiet nie.

In jou opinie dink jy ek sal regkom met jag motivering vir die 223 of moet ekeerder gaan vir sportskiet. Die 223 gaan my primere jak jag geweer word. Aanvaar hulle jak jag as motivering vir jag?

Peet

Re: Howa 223 twist

Posted: Fri May 27, 2011 11:43 am
by Jagtersdok
Met die Jak jag en probleem dier motivering is baie sterk.
Skryf net baie en gooi sommer herlaai data van verskillende koele in jy behoort reg te kom.
Die toegewyde status hlep altyd of dit jag of sport skiet is.
Maar jy behoort reg te kom