Page 1 of 1

Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Thu Aug 20, 2015 9:01 pm
by Apie
http://www.lynx.co.za/catalog/riflescopes/lx3-5-30x56/

Wanneer kom die ene uit?

Lyk na n bul!

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Thu Aug 20, 2015 9:34 pm
by Plaashaas
Alles lyk goed. Sou net .250 verstellings verkies. Seker hier by die R18k

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Thu Aug 20, 2015 10:00 pm
by Penkop
Gewig: 1.14kg... Jy sal maar jou krimmelpap moet eet voordat jy skietbaan toe gaan!

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 5:44 am
by Geno
Plaashaas wrote:Alles lyk goed. Sou net .250 verstellings verkies.
Is .250 en 1/4 verskillend van mekaar?
both with positive-click ¼ MOA increment

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 6:17 am
by Apie
.250 en 1/4 is dieselfde ding

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 6:22 am
by Plaashaas
Ja Geno ju is reg. wat ek wou se is 1/8 .125

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 8:04 am
by Capt. Yoda
Plaashaas wrote:Alles lyk goed. Sou net .250 verstellings verkies. Seker hier by die R18k

Prys wat ek gehoor het direk van Lynx is aansienlik minder as dit

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 11:12 am
by Swede
Die groen reticle doen dit nie vir my nie :):

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 11:21 am
by Capt. Yoda
Dink as net die mid kol verlig het sou hy baie lekker gewees het

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 12:01 pm
by Sangoma (IAN)
Ekt vanmore met hulle gesels. Die scope is nog in die proto tipe fase. Eta is eers Feb Maart volgende jaar.

Ek het wel genoem dat ek een soek in ffp. Die eerste batch sal net in sfp voor kom.

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 12:11 pm
by Hein22
Swede wrote:Die groen reticle doen dit nie vir my nie :):
Dit is net groen as hy ge-illuminate is, anders is hy swart.

Hulle het nou 'n 5-20x50 model ook wat blykbaar binnekort hier gaan wees ook met die 20moa kruishaar. Dit behoort self 'n baie lekker scope te wees en heelwat goedkoper as soortgelyk in sy klas. Net jammer dit is ook net beskikbaar in SFP. Dit lyk tog of die manne by lynx besig is om hulle produkte in lyn te bring met die internasionale mark, so wie weet, miskien is die modelle binnekort in FFP en MRAD ook beskikbaar - dan kan hulle maar my naam opsit vir enetjie.

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 4:26 pm
by Hercules Louw
Manne, hierdie scope van Lynx gaan regtig 'n bul wees. Ek was betrokke by die ontwerp van die reticle en het advies gegee oor die spesifikasies van die eerste modelle met die oog daarop om dit aanvaarbaar vir die grootste gedeelte van die mark te maak.

1/4 Moa, 1/8 Moa of .01 Mil rad klieks?

1/8 Moa stel maar 3.2mm per kliek wat beteken dat jy maklik een of meer rotasies moet stel om by die regte elevasie uit te kom. Ek het al verskeie kere gesien dat skuts tydens kompetisies 'n hele omwenteling uit is met elevasie, hulle raak deurmekaar onder die kompetisie druk. Dit is ook 'n klomp klieks om te tel, en bitter min gewere groepeer kleiner as 0.25MOA, so die 1/8 MOA klieks mag goed op papier klink, maar in die praktyk voeg dit nie waarde toe nie, dit is eerder 'n las.

0.01 Mil Rad is 1cm per kliek op 100m. My Nightforce 8-32 NSX stel so en dit werk uitstekend - slegs sowat 45 klieks om van 100m tot 700m te stel en dit is sowat 'n halwe omwenteling. Saam met die zero stop is daar geen manier om per ongeluk 'n rotasie te veel of te min te stel nie. Maar dit is waarskynlik te grof vir meeste skuts.

0.25 MOA is die standaard waaraan almal gewoond is en in skietspan verband werk dit goed om by 'n bekende standaard te bly. Dit is 'n verstelling so tussen die te-fyn en te-growwe verstellings hierbo gemeld. Daarom die keuse van 0.25 MOA klieks vir die eerste scopes. Indien die aanvraag dit sou regverdig kan daar later ander verstellings beskikbaar gemaak word.

First focal plane of second focal plane.

Op die oog af lyk dit of daar groot belangstelling is vir FFP teleskope, maar die werklikheid is iets anders. Ek ken baie kompetisie skuts en nie een gebruik 'n FFP teleskoop nie. Die probleem is die kruisdraad wat dikker word soos die vergroting opgestel word. Hoe groter die zoom verstelling van 'n teleskoop is, hoe groter is die probleem om 'n sinvolle reticle te ontwerp wat by alle vergrotings bruikbaar is. Hierdie betrokke teleskoop se zoom bestek is 6x wat beteken dat die senter kruisie wat mooi fyn is by 30x vergroting heeltemal onsigbaar gaan wees by vergrotings onder 10x indien dit 'n FFP teleskoop sou wees. Die kruisdraad van die teleskoop is gekalibreer om 1 Moa te wees tussen die klein merkies op 20x vergroting, wat ook beteken dit is 0.05Mil Rad op 23.2x vergroting.

Die kruisdraad het ook 'n afstand meting skaal op die onderste gedeelte van die vertikale been wat teen 20x vergroting vir jou die afstand na 'n 200mm groote voorwerp direk gee. Deur die vergroting meer of minder te maak kan die skaal vir jou afstande gee vir ander grootte teikens. Bv teen 15x vergroting kan jy die afstand meet na 'n springbok deur die onderkant van die bors en die bokant van die rug op die skaal in te pas en die afstand direk af te lees.

Verder het teleskope so goed ontwikkel en is die elevasie verstellings so akkuraat in SFP teleskope dat daar nie meer 'n praktiese voordeel is om FFP teleskope te gebruik nie. Die enigste voordeel is dat die kalibrasie van die kruisdraad konstand is by alle vergroting met die nadeel van die variërende dikte.

Om vir die groter mark 'n teleskoop te bied met die funksionaliteit hierbo beskryf was die besluit SFP teleskoop. Ek het die eerste proto-tipe wat nog 'n 50mm lens gehad het vergelyk met my NightForce, en indien daar 'n verskil in optiese kwaliteit was, kon ek dit nie sien nie. Volgens die Japanese is die finale model met die 56mm lens net nog beter. Die teleskoop sou einde Aug hier gewees het, is al klaar bestel en betaal, maar die Japanese het die aflewering uitgeskuif, te veel groot bestelling uit Amerika. Meer as die helfte van die eerste Lynx bestelling is egter reeds op "back order" uitverkoop.
Die voorgestelde kleinhandelsprys van die teleskoop gaan onder R14k wees wat 34mm Warne of Lynx ringe insluit.

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 4:29 pm
by Apie
Dankie Hercules

Re: Nuwe lynx LX3 5-30 x 56

Posted: Fri Aug 21, 2015 4:40 pm
by Hein22
Hercules, wat jy skryf maak sin as julle die scope ontwerp het om vir die grootse deel van die mark aanvaarbaar te wees. Daar is egter baie manne wat teen 'n groot spoed die voordeel van FFP scope besef en oorskakel na hulle toe, vra maar vir oom Piet Breedt.

Ek dink tog Lynx sal baat vind deur hulle 5-20x50 scope uit te bring in 'n FFP weergawe. Ja die kruis word klein as mens op 5 x vergroting skiet, maar ek mil of mik nie af op 'n 60m teiken nie. Ek mil wel op verder teikens waar mens op 16x of groter vergroting skiet. Mil radians se wiskunde werk vinnig in die kop uit en stel lekker grof (maar steeds feiner as wat 99% van ons kan skiet). Die wiskunde in SFP scopes op verskillende vergrotings soos hier bo genoem kan nie in die kop gedoen word op bv die veldskiete se skiete nie - nie net met elevasie nie, maar ook met die wind.

Die kruis wat jy ontwerp het hou ek baie van, gebruik bietjie jou invloed en oorreed die manne om 'n 20x FFP MRAD scope ook uit te bring.