Page 1 of 3
Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 11:27 am
by BLOK
Ek lees weer gisteraand in n 2008 Magnum van 25-06Ackley Improved geweer wat ene Leon von Caues laat bou het deur Kevan Healy wat 75gr Sierra koels teen 4000vps lanseer. Die aksie is n Bruno K98 en die loop n PacNor Match Grade met 1 in 14.5 groefdraai. Hy se as die geweer ingestel is om op 100m in kol te skiet val dit 1.25" op 200m, 2.25" op 300m en oor die 7" op 400 meter. Hy se toe agv. daarvan hy kopskote sal beperk yot op 200 meter.
Nou om by my vraag te kom. Mens sien en lees baie van die manne wat lang afstande op wild skiet, veral die amerikaners op You Tube doen dit gereeld. Watse tipes gewere sou sulke manne gebruik. Kom ons se iemand wil plaaslik n geweer bou om op 400meter plus wild te skiet. Werk net op klein en medium wild se springbok tot kudu grote.
Watse kaliber sou julle aanbeveel
Watse slot aksie
Watse loop
Looplengte
Loop groefdraai
Ek stel nie belang om so geweer te bou nie maar dit het my nagal gisteraand laat dink oor wat die manne gebruik. Mens kan seker 338 kalibers gebruik maar wat dan van recoil.
Ek luister graag.
Blok
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 12:01 pm
by Wouter Roets
Blok
Die rede hoekom daai man sy skote tot op 200m beperk het met daai roer was oor die akkuraadheid met daai lading wat nie vir hom voldoende was nie. Bleikbaar as ek reg kan onthou was dit so 1 1/2 duim op 100m.
Indien hy sy spoed bietjie gedrop het en beter as MOA akkuraadheid kan kry kan hy tot en met hartbeesgroote wild met redelike gemak op 500m vat met daai kaliber.
Elke kaliber sal n unieke looplengte benodig wat n mens redelik maklik met QL en die nodeprogram deesdae kan uitwerk. daar is amper te veel kalibers om op te noem en jou gebruik gaan maar meer die bepalende faktor wees in die verband.
Daar gaan ook uiteenlopende opinies wees oor aksies en die maak lope vir die tipe roer maar die meeste antwooorde gaan maar op die pushfeed(Rem 700 aksies of soortgelyk) gebasseer wees en match lope in n swaat profiel. Reciol sal maar algemeen met n silencer of muzzlebreak aangespreek word.
Groetnis
Wout
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 12:19 pm
by Arnold
6.5mm of 7mm afhangende van hoe v?r en wat presies jy wil skiet.
6.5-285 (140gr koeels) en 7mm WSM (168gr tot 180gr koeels)....
Surgeon aksie
Broughton loop 32" met 1:8" groefdraai op albei
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 2:20 pm
by DSBW
Ludwig
Amen op jou opmerkings oor Chris van Niekerk.Nie net langafstand gewere nie, kalibers, keuses & gewere oor die algemeen, die man het nie sy gelyke op hierdie kontinent nie, en as jy met die yanks en Engelse gesels in die F-klas game sal die meeste vir jou s? hy het in elk geval ook nie sy gelyke daar nie.
Hoekom oorweeg jy nie die "wildcat" van Oom Chris wat basies 'n 7mm op 'n 8x68 dop is nie? Kan nie nou die naam onthou nie, maar dis nogal 'n vernugtige samestelling!
Groete
Dawie
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 2:41 pm
by BLOK
Baie interresant wat julle almal skryf. Self stel ek nie belang om so geweer te bou nie daarvoor is my skietvernuf te power. Maar ek het net gewonder wat die manne daarvoor gebuik. Lyk my as jy ver wil skiet sonder om skouers te breek is die keuses maar die 7mm kalibers.
Blok
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 3:00 pm
by DSBW
Blok
Ja, dit blyk tans dat die 7mm die keuse is, hoofsaaklik a.g.v die suksesse van die 7m die laaste 8 jaar in F-klas. Die 6.5 kaliber kom baie naby, maar om regtig met die 180gr gewigte van die 7mm mee te ding moet jy die 140/142 greiners in 6.5 baie vinnig skiet, wat weer meebring dat looplewe en "recoil" 'n negatiewe effek het, siende jy 'n groot dop moet gebruik.
Die tipe gewere waarmee jy hierdie sport doen (f-klas en langafstand jag) is almal in staat om konstant .5 moa te skiet, op enige gegewe afstand, dis die tipe akkuraatheid wat vereis word.Dit is nie te moeilik om te bereik nie, daar is deesdae top kwaliteit komponente beskikbaar, en as jy dit alles deur 'n gesoute wapensmid laat aanmekaar sit, behoort so 'n geweer altyd die resultaat te wees.
Die grootste faktor is die faktor wat sy wang teen die geweer druk, snellerdruk, windlees, gesonde oordeel, afstand bepaling & verstelling en al die andr dinge wat die skote waarvan Ludwig praat word hier gemaak of nie gemaak nie. Nietemin is dit 'n baie lekker sport, waar moeder natuur altyd die botoon voer, en jy as skut probeer na die beste van jou vermoe meeding.
Dawie
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 3:07 pm
by DSBW
Ludwig
Nee, ek praat nie van die Tombi nie, hulle ken ek goed, ek het self een, hy het 'n ander "wildcat" wat op 'n 8x68 basseer is (Tombi is onderskeidelik op die 7x57 & 30-06 dop basseer, merk1 en merk 3).
Ek weet hy het altyd die roer uitgehaal as ons 700 meter toe gaan, hy het die 7,8 & 900 meter met hom geskiet, maar ek kan nie die naam onthou nie, sal hom tog vra.
Dawie
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 3:21 pm
by Wouter Roets
Hallo Dawie/Ludwig
Dawie goed om bietjie vir slag van jou te hoor, waar het jy so laag gele?
Ek dink nie daai 7mm wat op die 8x68mm se dop gebasseer is gaan so rof op lope wees nie. Die 8x68 se dop is .524 in deursnee, basies dieselfde as n .375 sonder die belt s'n so hy is glad nie so overbore nie! Weet julle wat is sy skouergrade en lengte?
Groetnis
Wout
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Tue May 24, 2011 7:00 pm
by DSBW
Wouter
Ek l? maar laag ja, meeste onderwerpe op die forum wat ek lees het te doen met die jag van jakkals en ander ongediertes, daar is ek baie onkundig, so kan nie regtig bydra nie, lees en leer maar by die manne.
Ja, die dop het 'n 40grade skouer, verder kan ek nie onthou nie, weet net dat hy destyds die 175/168gr punte hoogs kompeterend geskiet het met die ding, ek sal hom bietjie pols oor die roer as ons weer praat.
Groete
Dawie
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 1:44 am
by Francois Marais
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 9:34 am
by Jagtersdok
Ludwig
Ek like ook die 7mm WSM stukkend
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 4:44 pm
by C.J.
Dag manne,
Ek het 'n vraag: Wat sal die ideale looplengte wees vir 'n 'custom' geweer vir langafstand skiet? Die looplengte moet mos die volume kruit in die dop maksimum benut vir maks spoed sonder druk. Hoe bepaal mens dit en wat sal dit vir bv. 'n 7mm Mag wees?
Groete
C.J.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 5:04 pm
by Jagtersdok
C J
Jy is heeltemal reg.
Mens bepaal maar eers die spesifieke koeel wat jy gaan skiet. Nou bepaal jy die tipe kryt wat sal werk en dan die loop lengte en speel maar rond met verskillende opsies. Programme soos quickload kan help mar dit is maar sit en sommetjies maak
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 9:20 pm
by C.J.
Dankie manne, dit maak sin. Ek sien daar word van 'n 7mm X 08 gepraat, hoe verskil die kaliber van die 7 x 57?
C.J.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 9:33 pm
by Jagtersdok
Ludwig
Ek kon dit self nie beter gestel het nie
Baie goeie verduideliking
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 9:39 pm
by C.J.
Een van my vriende skiet met 'n 7 x 57. Dit is daar waar ek gesien het hoe stabiel die 7mm is, op 500m groep daai geweer nog baie goed. So 'n arm man se 'long range' kan mos 'n 7 x 57 Ackley wees, dalk net 'n langer loop opsit, ek sien hy maak mooi met die Ackley verandering.
C.J.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 10:46 pm
by baboonstalker
Ek droom nog oor die idee van 'n 6.5mm op daardie 7x57 dop wat ge Ackley is.

Re: Langafstand geweer bou
Posted: Wed May 25, 2011 11:17 pm
by Francois Marais
CJ
ek sien hy maak mooi met die Ackley verandering.
Een van die bestes om te Ackley....
Mooi loop
Francois
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 7:36 am
by C.J.
Ek kan sien dat die keuse van 'n kaliber vir so 'n groot projek slapelose nagte kan gee. Ek wil self nog vir my so 'n meneer bou vir lang afstande, maar ek het darem nog BAIE tyd om te beluit. Dit is meer 'n droom as 'n projek. Ek weet wel hy sal 'n 7mm pil gooi, daai punte lyk sommer reg vir lang atstande en die BC is baie goed, en soos die ou manne se: as hy reg lyk, werk hy reg.
C.J.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 9:48 am
by Dawid
Ek wil self vir my so n langafstand enetjie bou, het darem al n P14 ( Enfield ) aksie, moet eintlik maar net op die kaliber besluit en dan die dinge van daar af vat.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 10:00 am
by Gerard
'n Langafstandgeweer word gedefinieer deur 'n paar basiese vereistes. Eerstens, 500m is nie langafstand nie. Dit is baie verder as die gemiddelde jagskoot, maar dit is nie langafstand nie. Langafstand begin by 900m.
Mens het goeie vlugvermoe nodig. Dus moet die koeel 'n hoe BC he en dit moet vinnig gedryf word. Die geweer moet skietbaar wees vir die doel waarvoor dit aangewend word. Vir die militere taktiese skut, beteken dit dat hy miskien net een skoot gaan skiet en dan gaan terugkom basis toe. Hy kan 'n 50BMG, 416 Barret of 460 Steyr gebruik want, een of 5 skote in 'n sessie, sal hom nie skopsku maak nie. Die F Klas Bisley skut moet soms 30 of 40 skote per dag le en skiet. 'n 50BMG sal hom doodslaan. So, wat is besig om Bisley kompetisies te wen? Groot dopkapasiteit 7mm kalibers en so hier en daar 'n .30" kaliber. Baie sewes en min 30s. Die man wat gaan ongediertes skiet (prairie dogs, rockchucks en soortgelyke peste in Afrika) gaan miskien 80 of meer skote skiet in 'n sessie en hy gebruik iets wat nog minder skop.
Die belangrike ding is dat die spiraal van die geweer genoegsaam is om die lang koeel te hanteer en dat die dop groot genoeg is om die spoed te gee, om die afstand wat vereis word, te dek.
Ek sien dikwels dat manne lope spesifiseer wat ewe dik by die aksie en die tromp is. Dit is verkeerd in die sin dat dit nie die mees rigiede vorm is nie. Dit is die swaarste, maar hier soek mens onbuigbaarheid bo swaar. Die beste vorm is een wat 'n lang Knox vorm het, dik is by die aksie, en dan kleiner word na die tromp toe. Die "taper" moet geen kurwe bevat nie, dit moet 'n reguit lyn wees. 'n Goeie vergelyking sal wees dat 'n stemvurk se arms parallel-kantig is en parallel aan mekaar is. Die sterkste, mees rigiede konstruksie is 'n driehoek. Mens soek om vibrasie te bekamp.
Ek het oor 'n tydperk van 15 of 20 jaar 'n loop-profiel ontwikkel wat uitstekend werk en enigiemand is welkom om dit te gebruik. Indien die deursnee by die Knox groter of kleiner is, word die ander deursnee dimensies met dieselfde hoeveelheid aangepas, om die verhoudings ongeveer dieselfde as die tekening te hou.
Die profiel is vir gebruik waar die loop vry is en die aksie is vasgeheg aan die kolf. Met gewere waar die loop aan die kolf geheg is en die aksie vry is, word 'n ander profiel gebruik.
Langafstand skiet is nie vir fisiese, intelektuele of finansieele sissies nie.
http://www.gsgroup.co.za/gscbarrelprofile.jpg
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 10:14 am
by BLOK
Gerhard
Interresant wat jy skryf dat 500meter nog nie ver is nie, ek dink nie eers ek kan so ver sien nie dan noem jy dit nog kort afstand.
Ongelukkig val ek nou in by daai tweede laaste stelling van jou

so sal nie een laat bou, maar jou laaste stelling laat my nogal wonder wat so anmekaarsit dan kos. Kan jy nie vir ons n prys uiteensetting doen nie van wat alles wat gedoen en benodig word op so anmekaarsit.
Blok.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 10:43 am
by Dawid
Janee Blok daar slaan Gerhard my ook bloedneus. 500m is wyd en in my oe is dit langafstand tot en met 1000m....Daarna is dit sommer pleinweg M&%R ver.
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 12:01 pm
by BLOK
Dawid
Stem en daar slaan hy my sommer toe n tweede hou as ek al daai geld spandeer wat Ludwig nou van praat klink dit my amper kan ek vir my n om holifant geweer koop en een gaan skiet.
Blok
Re: Langafstand geweer bou
Posted: Thu May 26, 2011 12:09 pm
by C.J.
Ons sal maar nader moet bekruip tot ons kan bykom...
