Page 1 of 1

Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 2:54 pm
by cassie_calvinia
Hoe zero julle julle se gewere?

ek bepaal dat my bo baan trajek so max 5-6cm hoog is.
ek kannie dink dat as jy 6cm hoog skiet, op 'n afstand, bo oor enige jakkals gaan skiet nie.
die gevolg is dat my geweer hier by die 245m zero.
dit help darm net baie vir daai 280-310m skote.
tot op 280m vat ek nog point blank op jakkals.

lang storie kort, ek kyk op QL die trajek waar hy 6cm hoog is, kyk hoe hoog hy op 100m is, en dan moet hy nou maar zero waar hy wil.
of..is daar 'n flaw met die metode?
wat sal julle se moet die max bo baan trajek wees?

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 3:04 pm
by G-force
Klink reg.Ons zero op 230 yards min of meer.Passop net vir bo oor skiet...dink dis rondom 130m-150m of so iets wat dit op sy hoogste is met ons gunne.Geno moet net bevestig wat strelok gese het.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 3:14 pm
by cassie_calvinia
ja, so 140m.
maar, dit is relatiewe naby skoot.
so dink 5-6cm is ok

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 3:46 pm
by Geno
Jip. Ons zero op 230 yards. Daarmee los ons nie n jakkals se lyf tot op 300y nie.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 3:58 pm
by cassie_calvinia
wat is jou max bobaan? as ek moet raai, 4cm? dan zero ek verder. dalk moet ek hom so bietjie in die bek ruk

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 6:48 pm
by Geno
2.44cm op 140m. Dis waar my Dasher op sy hoogste skiet.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 7:05 pm
by Jackalsniper
Se my bietjie Geno, watse punt skiet jy teen watter spoed?

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 7:11 pm
by Geno
55gr 6mm Nosler teen 4000fps

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Tue Aug 18, 2015 7:22 pm
by Cobus(Cobb)
Myne se 243 teen 3330fts is op 200m ge zero, speel maar met die holdover reticles vir langer shots, maar probeer hom onder 250 hou deur nader te roep...

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 1:27 pm
by Henrie_270
Ek zero maar op 150m. Skiet so vrot sal 2 jakke wat bo-op mekaar staan los bo-oor skiet.
Vat of los niks tot op 250m. Daarvan af tot op 330 op sy rug.

Mooiloop

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 1:37 pm
by Geno
Henrie_270 wrote:Ek zero maar op 150m. Skiet so vrot sal 2 jakke wat bo-op mekaar staan los bo-oor skiet.
Vat of los niks tot op 250m. Daarvan af tot op 330 op sy rug.

Mooiloop
Henrie,
Waarmee skiet jy?
Watse koeel, ten watse spoed?

Ons het al jakkalse wat afgeslag is gemeet, en op 5" uitgekom.

As ek op 150m zero, val die 55gr Nosler wat teen 4000fps geskiet word 9.3" op 330m. Dis amper 2 jakkalsborskaste bo op mekaar...

Op 250m val die koeel dan 3.3", wat meer as 'n halwe jakkalsdikte is, wat beteken dat jy bo die helfde van die jakkals moet vat om hom raak te skiet.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 1:47 pm
by cassie_calvinia
geno, sal jy se die gemiddelde lyf van jakkals is 5"?

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 1:52 pm
by cassie_calvinia
ek gedink hul nader aan 6".
150mm gong is goeie oefen vir jakkals skiet

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:00 pm
by Henrie_270
Geno ek skiet 243 met 70 gr Blitsking teen 3450 ft/sek.
Dit beteken ek met so 3/4 van die jakkals vat op 250m.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:01 pm
by Geno
Cassie,
Ons het hulle al gemeet met die vel af.
5"...

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:03 pm
by cassie_calvinia
maw, die ideal sal wees max 1.5" hoog.
ek gaan ook bietjie 'n maatband begin saam ry. sommer goet meet vir interesantheid

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:06 pm
by Geno
Henrie_270 wrote:Geno ek skiet 243 met 70 gr Blitsking teen 3450 ft/sek.
Dit beteken ek met so 3/4 van die jakkals vat op 250m. Het op str

Met 'n 150m zero, is jy 4.5" laag op 250m, volgens Strelok Pro.

Doen jouself 'n guns, en zero daai roer op 210m, dan sien jy hoe verander die prentjie.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:09 pm
by Henrie_270
Ok dankie sal so maak.

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 2:54 pm
by cassie_calvinia
nou bietjie gespeel.
weet nie of dit beter is om 2cm laer op 140m te skiet, maar dan verloor jy 2-3cm op 300m.
geno, het jou amper nie geglo oor daai trajek nie. het nou self gekyk.
interesant is, die 70gr is op 230y, 1cm hoer as die 55gr, en op 300m, 15mm laer..
dink nie dit is so groot verskil.
as die 70gr dan net 3.5cm hoog skiet, skiet hy saam met die 55gr op 300m. en, jy gaan nie 'n hel bo oor skiet nie.
ai, dit is darm lekker probleme om te he!!

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 6:53 pm
by Dawie
1 MOA (29mm) hoog op 100m met 22-250

Re: Jakkals geweer zero

Posted: Wed Aug 19, 2015 8:10 pm
by C.J.
Ek stel ook 1 MOA op met my 22-250AI. 240m zero met 50gr VMax @4008ft/sek