Page 1 of 1
Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:19 am
by OU VOORSLAG
More julle
My broer het onlangs vir hom n Howa .308 Bullbarrel gekoop, nou begin die soek tog na teleskope, wat dink julle manne van die bogenoemde scope? Of moet hy eerder kyk na Nikon Monarch of Rudolph? Die scope se prys is R7 200.00, wat in die R8000.00 prys klas vergelyk daarmee?
Hy gaan so bietjie jakalse in die nag skiet, dan papier tot en met so 600m, 700m en dan jag tot so 400m, en dan mos nou verder na mate die oefening plaasvind en vaardighede verbeter.
Lekker dag vir julle.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:50 am
by joe rocket
Die Hawke is baie goeie waarde vir geld. Jy kan die scope goedkoper kry as jy direk by Suburban Guns koop. Kyk eerder na die 20 half mil dot recticle, dit sal beter werk in die nag. Die nuwe hawke sidewinder het n 16 laag multi coating op hul lense, onthou net om die sticker af te trek!
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:54 am
by henried
joe rocket wrote: Jy kan die scope goedkoper kry as jy direk by Suburban Guns koop.
Ek kyk ook na die Hawke vir my 223, maar SG is nie groot op hulp nie. Ek het nou maar 'n bestelling by S&O in gesit.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:58 am
by ruaanb
Ek en my Pa gebruik nou Hawke Endurance 30's op van ons gewere. Die scope boks ver bo sy prys klas. Glashelder, stel presies en is 'n stewige scope.
@Henrie - ja nee kyk ek het maar altyd vir hulle gebel want op email is hulle stadig. Ek wag nou al 2 dae vir 'n antwoord op 'n email vanaf 2 bekende geweer winkels en nog niks nie. Sal maar vandag bel.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 9:02 am
by joe rocket
Hendried kyk na die hawke sf endurance reeks. 30 mm tube, glas is helder, mil dots is gekalibreer vir n 223. Jy kry hom in n 4x16x50 en n 6x24x50. Het ook n verligte kolletjie. Flippen lekker scope.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 9:21 am
by andre007
OU VOORSLAG wrote:More julle
My broer het onlangs vir hom n Howa .308 Bullbarrel gekoop, nou begin die soek tog na teleskope, wat dink julle manne van die bogenoemde scope? Of moet hy eerder kyk na Nikon Monarch of Rudolph? Die scope se prys is R7 200.00, wat in die R8000.00 prys klas vergelyk daarmee?
Hy gaan so bietjie jakalse in die nag skiet, dan papier tot en met so 600m, 700m en dan jag tot so 400m, en dan mos nou verder na mate die oefening plaasvind en vaardighede verbeter.
Lekker dag vir julle.
n Pel van my het 1 van hulle op sy .243 en gaan nu 1 op sy Howa .308 Bullbarrel sit sodra die liksens deurkom. Hy is baie gelukkig met die teleskoop.
Ek het sy kleinboet die 4-16x50 IR SR Pro op my .223, werk baie mooi. Ek wil oor die Desember vakansie die Nikon Fieldmaster van my .243 afhaal en n 8-32X56 SR PRO IR op hom sit.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 11:57 am
by ruaanb
joe rocket wrote:Hendried kyk na die hawke sf endurance reeks. 30 mm tube, glas is helder, mil dots is gekalibreer vir n 223. Jy kry hom in n 4x16x50 en n 6x24x50. Het ook n verligte kolletjie. Flippen lekker scope.
Jip dit is is die modelle wat ons gebruik. My pa gebruik die een wat gekalibreer is vir 223/308.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:33 pm
by Fanta300
Ek het die 6-24x56 op my 260Rem, baie tevrede
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:37 pm
by henried
joe rocket wrote:Hendried kyk na die hawke sf endurance reeks. 30 mm tube, glas is helder, mil dots is gekalibreer vir n 223. Jy kry hom in n 4x16x50 en n 6x24x50. Het ook n verligte kolletjie. Flippen lekker scope.
Dis meer as wat ek het om te spandeer, moet maar spaar tot die lisensie opdaag.
Is dit wys om 'n scope te vat wat so spesifiek is vir 'n kaliber?
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Tue Aug 18, 2015 1:01 pm
by ruaanb
henried wrote:joe rocket wrote:Hendried kyk na die hawke sf endurance reeks. 30 mm tube, glas is helder, mil dots is gekalibreer vir n 223. Jy kry hom in n 4x16x50 en n 6x24x50. Het ook n verligte kolletjie. Flippen lekker scope.
Dis meer as wat ek het om te spandeer, moet maar spaar tot die lisensie opdaag.
Is dit wys om 'n scope te vat wat so spesifiek is vir 'n kaliber?
Henrie ons het nou so 4 weke terug R5300 betaal vir my pa sin wat 'n stel ringe ook ingesluit het.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Wed Aug 19, 2015 4:51 am
by Fanta300
Kyk ook by iWarehouse
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Wed Aug 19, 2015 6:05 am
by Heinz Petersen
Wil net by julle hoor of julle ook gevind het dat die parralaks op die 32 vergrooting n bietjie sensitief is op 500+ meter. Miskien my oë. Ek het die 24 vergrooting en is hoogs tevrede.
Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Wed Aug 19, 2015 7:06 am
by scheffere
Heinz Petersen wrote:Wil net by julle hoor of julle ook gevind het dat die parralaks op die 32 vergrooting n bietjie sensitief is op 500+ meter. Miskien my oë. Ek het die 24 vergrooting en is hoogs tevrede.
Ek dink nie dis die oë nie....dalk die knie as jy lê.....

Re: Hawke Sidewinder 8-32X56 SR PRO IR Reticle
Posted: Wed Aug 19, 2015 7:07 am
by joe rocket
Hy is baie sensitief maar as jy die groot stel wiel opsit wat saam met die scope kom stel dit makliker.