Page 1 of 1

Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 8:59 am
by Ben Remington
Hartlike goeie môre....

Ek was weer baie bevoorreg om saam my beste pel en seun Myburgh Kalahari toe te gaan. Vir die van julle wat al in die Kalahari gejag het sal weet dis maar net 'n ander tipe wêreld met sy eie bekoring.
Met dagbreek was ons reeds op die plaas met 'n koffie in die hand en Myburgh was baie opgewonde toe die boer vertel hy sien baie varke...ons het tussen 3 van ons so 45 varke gesien en nie net voor die voet geskiet nie. Myburgh het geskiet met die 25-06 op afstande wat wissel van 60m tot 90m met 117gr SIERRA....dit was 'n voorsit jag agv die feit dat ons nie oral kan ry daar met 'n bakkie om varke op te laai nie...sy skootplasing was baie goed en hy het maar op die blaaie gehou...hier is paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_203457%202_zpsvmgvyyji.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_064249_zpsxrtn15dr.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_064104%202_zpsjypjt634.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_074120%202_zps4ne51fvg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_074837_zps9v3bcigv.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_080113%202_zps4lqibszp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_103106%202_zpsoniy28m5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_162505%202_zpso1yebiau.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/53665639-e880-469d-b353-10b548bcae1a_zpss7ek3pgw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/5c42550b-eae4-4dcb-a770-4220e851a4d4_zpsdbxcqn1j.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_113521_resized_1_zpszyocemxp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_120511_resized_1_zps29fpixd8.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_140902_resized_1_zpsd4hbmtxo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150814_161051_resized_1_zpsivg2zdw5.jpg

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 9:05 am
by PWV
Baie geluk. Lyk my dit was 'n baie suksesvolle varkjag!

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 9:08 am
by Ben Remington
Dit was baie lekker dankie....veral die tyd saam met my seun is goud werd....ons 2 deel dieselfde belangstelling.

Groetnis

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 9:51 am
by Plaashaas
Baie mooi julle.

Daardie koue dop teen die kraal se paal.... wat meer wil mens nou he.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 9:54 am
by Gideon S
Mooi fotos. Daai man van jou gaan lekker stories by die skool vertel.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 10:15 am
by VdWalt
Lyk regtig lekker!! Ek dink hy verdien nou sy eie geweer ..... 6.5x55?!?!

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 10:33 am
by ruaanb
netjies !

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 10:37 am
by Ben Remington
Paashaas daai blou bekertjie is vol koffie....dis so 7 uur die oggend. ;D

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 10:40 am
by Baasvark
Aai lyk darem lekker!
Kan nie wag om my twee saam te vat nie!

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 2:36 pm
by G-force
Netjies julle twee!Baie geluk.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sun Aug 16, 2015 8:57 pm
by theedge
netjies maat maak man some lus

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Mon Aug 17, 2015 11:23 am
by Plaashaas
bennie. wrote:Paashaas daai blou bekertjie is vol koffie....dis so 7 uur die oggend. ;D
Ag nee man bennie jy gaan roes. :laugh:

Die foto het my net laat dink aan n paar lekker kuiers so tussen die beeste.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Mon Aug 17, 2015 3:04 pm
by Vlakvark Soldaat
Awesome! Vat my seblief saam volgende keer!

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Tue Aug 18, 2015 1:39 pm
by koos 2
Pragtig man en baie geluk aan julle albei !!!

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Sat Sep 05, 2015 8:33 am
by Bees
Jis man, jy is regtig bevoorreg om so te kan jag! Mooi fotos.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Fri Sep 18, 2015 12:51 pm
by Pieterburger
As daai rooi sand eers tussen jou tone was, gaan jy altyd terug Kalahari toe.

Re: Kalahari toe saam met Myburgh

Posted: Fri Sep 18, 2015 1:05 pm
by Daneel
Die thread van Bennie laat my altyd op sit en verlang.
Ek will kyk of ek volgende jaar daar n draai kan maak.
Dit lyk darm maar baie lekker.