Page 1 of 1

Beretta A400 semi auto

Posted: Thu Aug 13, 2015 9:07 pm
by Sako 2
Goeie naand
Ek is in die mark vir n haegeweer.Ek wil dit gebruik vir duiwe en tarentale.Hier is duisende duiwe wat die oeste verniel.
Skiet baie skote op n dag.Met die enkel langloop word die skouer nogal blou.Ek kyk na n semi auto Haelgeweer.Ek het na die Beretta A400 Extma camo 4 gekyk .Sal sy terugskop minder wees as n langloop gewone haelgeweer?Is daar ander opsies wat nie so duur is nie.Ek verkies n langloop.Enige raad is welkom.
Dankie en groete

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 5:56 am
by obasch
'n Kolf wat jou reg pas is die eerste stap om 'n blou skouer te vermy. Semi-outo's met gaswerking is as 'n reel ook ligter op die skouer as ander aksies, maar wees bewus van die wetlike beperkings wat vir hulle geld. Op sommige jagte mag jy dalk ook nie welkom wees met 'n S/A nie.
As jy wel besluit het op 'n S/A, kyk gerus ook na die Winchester SX3.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:31 am
by Sako 2
Dankie Obasch
Ek sal bietjie kyk na die Winchester.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 10:47 am
by Tat
Kyk ook na die Franchi Affinity, baie goeie waarde vir geld as jy net wil voels skiet, mens kan baie kaste ammo koop vir die prysverskil

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 3:55 pm
by obasch
Franchi Affinity is inderdaad 'n baie goeie koop. Let net daarop dat die aksie "recoil operated" is en nie dieselfde vermindering in terugskop gee as 'n geweer met gaswerking nie.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 5:53 pm
by Sako 2
Dankie vir die raad,

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Fri Aug 14, 2015 7:58 pm
by blaser
Volgens my is daar niks wat by die benelli kom nie werk keneties en geweer is altyd skoon en daar is amper niks terug skop nie

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Sat Aug 15, 2015 6:11 pm
by GvA
Menere soms kan die semi lisensie kopsere gee. In die veld kry jy selde kans om meer as 2 skote te skiet na n duif ens. Goeie o/u met 30 dm loop werk goed. Kyk na Miroku en Browning
v baie goeie waarde v geld. Ou lang lope was goed gewurg wat recoil verhoog. Bly weg van te ligte geweer

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 17, 2015 6:43 am
by blaser
gva
jy het seker nog nooit met n goeie semi geskiet nie wat baie min recoil het nie
jy moet op die regte plek duif gaan skiet dan sal jy gou agterkom dat jy baie meer as 2 skote skiet

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 17, 2015 11:54 am
by Sako 2
blaser wrote:Volgens my is daar niks wat by die benelli kom nie werk keneties en geweer is altyd skoon en daar is amper niks terug skop nie
Blaser,Wie verkoop benelli en hoe vergelyk die prys met die beretta.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 17, 2015 12:50 pm
by blaser
ek weet suburban guns in die kaap verkoop die m2 kos omtrend R34000 weet nie wat kos beretta nie

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 17, 2015 1:48 pm
by obasch
Terloops, die Franchi Affinity, en seker ander modelle ook, word deur Benelli gemaak. Beide Franchi en Benelli behoort aan Beretta.
Die feit dat 'n semi-outo meer as 2 skote kan skiet is na my mening "incidental". Die hantering, werking en "recoil friendliness" van die S/A's wat ek gebruik is vir my die uitstaande kenmerke. Dis maar soos party ouens hou van 'n handrat en ander van 'n outomaties of party ouens hou van 'n double-cab teenoor die SUV van ander.
Wat wel lastig is, is om vir elke skoot te buk en die dop op te tel. Na 'n goeie dag se duiwe jag voel jy dit beslis. Daarvoor is daar ook al goed prakseer om doppe op te tel, maar dit bly maar 'n PITA.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 17, 2015 2:49 pm
by Sako 2
Die beretta kan ek kry vir R28 000.

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Mon Aug 24, 2015 11:55 am
by obasch
Franchi Affinity is minder as R20k

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Tue Aug 25, 2015 4:49 pm
by Sako 2
Dankie almal vir die raad.Ek het toe vir my die Beretta A400 gekoop.Nou vir die lisensie aansoek.
Groete

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Sun Mar 27, 2016 6:33 pm
by Choppie
Baie geluk, Sako 2,

Ek stel ook baie belang in die A400. Sal jy laat weet hoe dit met jou aansoek gaan.

Groete
Werner

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Tue Mar 29, 2016 8:40 pm
by Sako 2
Choppie wrote:Baie geluk, Sako 2,

Ek stel ook baie belang in die A400. Sal jy laat weet hoe dit met jou aansoek gaan.

Groete
Werner
Naand Werner
Ek het my lisensie begin Januarie gekry.Jy kan maar vir jou een kry.Ek is baie tevrede.
Gtoete

Re: Beretta A400 semi auto

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:37 pm
by Choppie
Baie dankie, Sako2, dis goeie nuus. Geniet hom!