Page 1 of 1

Watter Medium afstand geweer??

Posted: Thu Aug 13, 2015 1:30 pm
by geelslang
Hallo almal,

Ek soek vandag graag julle opinies rakende watter geweer julle sou kies. Ek spring nou op die 6.5mm kar en my geweer gaan grotendeels gebruik word vir medium afstand (tot 500m) jag en ek wil begin deelneem aan Gong Challenges.

Ek kyk tans na die Sabatti Tactical en Savage LRP gewere. Ek soek graag net laaste opinies oor die vuurwapens en watter van die twee julle dink die beste sal werk. Kaliber is nie 'n kwessie nie aangesien die .260 Rem en 6.5x47 Lapua albei kalibers is met die vermoƫ om van Springbokke tot Koedoes plat te maak. Ek skiet ook grotendeels net kopskote. Tot op hede het ek alles met my .22-250 geskiet maar ek soek iets swaarder en 6.5mm.

Ek luister graag na jul opinies.

Groete
Geelslang

Re: Watter Medium afstand geweer??

Posted: Thu Aug 13, 2015 1:39 pm
by Kolhasie
geelslang wrote:Hallo almal,

Ek soek vandag graag julle opinies rakende watter geweer julle sou kies. Ek spring nou op die 6.5mm kar en my geweer gaan grotendeels gebruik word vir medium afstand (tot 500m) jag en ek wil begin deelneem aan Gong Challenges.

Ek kyk tans na die Sabatti Tactical en Savage LRP gewere. Ek soek graag net laaste opinies oor die vuurwapens en watter van die twee julle dink die beste sal werk. Kaliber is nie 'n kwessie nie aangesien die .260 Rem en 6.5x47 Lapua albei kalibers is met die vermoƫ om van Springbokke tot Koedoes plat te maak. Ek skiet ook grotendeels net kopskote. Tot op hede het ek alles met my .22-250 geskiet maar ek soek iets swaarder en 6.5mm.

Ek luister graag na jul opinies.

Groete
Geelslang
6.5x47 Lapua nog net goeie goed gehoor!!

Re: Watter Medium afstand geweer??

Posted: Thu Aug 13, 2015 3:04 pm
by FHM
Of wat van die oukie...? ;)

Re: Watter Medium afstand geweer??

Posted: Thu Aug 13, 2015 3:27 pm
by geelslang
Moet nou nie so wees nie FHM. My swak hart.

Re: Watter Medium afstand geweer??

Posted: Thu Aug 13, 2015 3:42 pm
by 243Songdaug
6.5x47 Sabatti Tactical sou my keuse wees.