Page 1 of 1

Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Thu Aug 13, 2015 11:07 am
by Hugo
Vroeg Vrydag oggend vetrek ons uit Pretoria om die Steenbokpan bosveld aante pak, net na 9 staan ek en eet biltong buite Choppies op Thabazimbi terwyl ons diesel gooi. Nog so 80km se ry waarvan meeste grondpad is le voor.

Onsettend baie vlakvarke groet ons langs die pad en ek raak baie opgewonde. Die jong kudu bul draf ook toe in die groot pad. Maak amper moeilikheid maar ons sien hom betyds.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1033.jpg

Na wat voel soos n ewigeheid kom ons by die plaas aan.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1035.jpg

Groot grond, tussen die broers en neefs is dit amper 6000ha soos ek verstaan en sit knus teen die Matlabas rivier.

Reguit baan toe, my skiet vriend verniel toe gou die splinternuwe skiet raam met n swak skoot.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1037.jpg

Bietjie stel toe tref ons die kolle en ons is veld toe,

Ek is reguit skuiling toe en hoop om iets met my boog te kry.

Paar goed gesien maar die wind het nie saam gewerk nie.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1079.jpg

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1078.jpg

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1039.jpg

Die aand vroeg in die bed en volgende oggend is ek na n ander plaas waar ons rooibokke skiet, die manne het niks meer gras nie, dit lyk vreeslik en die boer vra ons moet asb skiet dat die diere nie verder swaar trek nie.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1071.jpg

Daars niks gras nie en jy kan baie lekker en sag bekruip sonder om gesien te word,

Ek kon darem 2 rooibokke afkry in die oggend sessie.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1055.jpg

Eers die ooi, op +-95m met n hoe blad skoot, sy het so 65m gehol en bitter baie bloed gegooi. Sy het 25kg uitgeslag.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1046.jpg

2ure se loop later en ek kry n kans op die trop ram op +-125m. Ek wag vir 15min op die skiet stokke vir hom om agter n bos uit te kom en skiet hom in die loop deur die gaping.

Hy val 2m verder met n hartskoot, effens kwartweg gewees met die skoot. hy slag toe 28kg uit.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1060.jpg

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1066.jpg

My .243 is weer suksesvol en ek is bitter happy met die roer.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1070.jpg

Die middag skof lewer weer niks op nie en my partner kry toe n vleis kudu bul met sy kruisboog.

Sondag vat ek dit rustig en stap so draai, kry niks, net n verdwaalde maer vlakvark in n oop land.

Die middag sit ek by n beeskrip en wag vir varke, ek kry toe niks maar my pel kap toe n jong vark van so 20kg in die oor met sy 3006.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1092.jpg

Sondag laat kry die een man die een man n reuse ram, hy meet toe 25 7/8", lekker groot ram.

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1102.jpg

All en all baie lekker gejag, die plaas slef gee ek n 6/10, die onderhoud is swak en die geriewe kort dringend aandag.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Thu Aug 13, 2015 11:11 am
by win270
Goed vertel, Hugo. Geluk met die biltong wat jul ingesamel het. Dankie vir die terugvoering oor die betrokke plaas.

En die pryse as ek mag vra?

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Thu Aug 13, 2015 11:15 am
by Jean Marais
Lekker gejag Hugo. Hartseer om te sien hoe droog dit daar is. Hoop die manne kry gou reen daar.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Thu Aug 13, 2015 11:17 am
by Hugo
Pryse was rof, Rooi ooi R1000 Ram R1800

Varke R750

Kudu R4k en R10k

BWB R3500 deur die bank,

Gemse R6k altwee kante.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:40 am
by vossie1
Pryse is bietjie styf vir iemand wat sien sy diere kry swaar en moet afgehaal word. Hoop maar hulle kry gou reen.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:42 am
by Hugo
Vossie

Ons kon darem help,

11 x Rooibokke
4 x Vlakvarke
1 x Wildebees
1 x Kudu Bul
1 x Zebra
1 x Waterbok
1 x Gemsbok

Tussen 6 jagters.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:46 am
by BRNO (Pierre)
Goed gegooi! Daai roer lyk ook sommer spiekeries.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:49 am
by vossie1
Ja nee julle het meer as julle deel gedoen,mooi geskiet. Daai roer lyk mooi gebalanseerd.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:58 am
by Hein22
Jo jo, mooi rooibok daai. Ek sal met 'n smile R1800 vir hom betaal.

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:59 am
by G-force
Mooi so Hugo!!!

Re: Matlabas Safaris Jag te Steenbokpan

Posted: Fri Aug 14, 2015 10:37 am
by Baasvark
Lyk of dit lekker was!

Mooi gegooi!