Page 1 of 1

6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 5:38 pm
by pofadder
Goeie dag Almal,

Ek is in die proses om my eerste geweer aan te skaf. Ekt besluit op die 6.5 x 55 kaliber. Ekt aanvanklik gedink om 'n Howa te kry maar het vandag uitgevind mens kry goedkoper handelsmerke. Het enige iemand 'n goedkoper 6,5 x 55 handelsmerk geweer en sal julle voorstel ek bly by die Howa of gaan na een van die goedkoper handelsmerke toe?

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 5:47 pm
by Capt. Yoda
Bly by die Howa.99.9% van die manne hier sal vir jou se dit is n goeie betroubare akurate geweer.

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 6:01 pm
by BeesBreet
Howa

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 6:06 pm
by henning
As jy n akkurate, waarde vir geld geweer soek is daar net een antwoord, HOWA.

Groete
Henning

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 7:05 pm
by Mellies
Teen die prys van Howa gaan jy nie sommer beter waarde vir geld kry nie!

Howas is gunne wat SKIET!

Met n vleisie...

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 8:43 pm
by Fanta300
Howa al die pad

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 8:59 pm
by JohanvanZyl
Ek dink die manne wil hĂȘ jy moet die Howa vat.

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 9:34 pm
by Gawie(13mm)
Pofadder, welkom hier op Jaracal. Ek sal jou die ou misstappie verskoon >:D, maar net omdat ek gaaf is. ;D
Gewere is soos dames. Daar is nie iets soos 'n "cheap date" nie. Begin jou jag drome op 'n stewige fondament en koop 'n HOWA. Hy sal jou nie teleurstel nie en hier is baie manne wat jou met raad en daad sal voorsien om dit jou hartsgeweer te maak.

As jy 'n goedkoop stokperdjie soek, gaan speel gholf. ;D

Re: 6.5 x 55

Posted: Wed Aug 12, 2015 10:11 pm
by Arnold
pofadder wrote:Goeie dag Almal,

Ekt aanvanklik gedink om 'n Howa te kry maar het vandag uitgevind mens kry goedkoper handelsmerke.
Watse handelsmerke is goedkoper?

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 7:47 am
by JTM
Daar kan dalk goedkoper handelsmerke wees, maar ek dink Howa is die enigste vervaardiger wat jou 'n 6.5x55 gaan bied. Die ander soos Marlin, Mossberg, Savage Axis ens dink ek nie vervaardig gewere in 6.5x55 nie.

Ruger vervaardig wel 'n 6.5 Creedmoor in hulle goedkoper American reeks. Ek weet nie of dit met Howa kan kompeteer met prys of beskikbaarheid plaaslik nie.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 7:57 am
by hierswolf
Ek is baie beindruk met jou keuse vir 'n eerste geweer kaliber en as jy vir die manne hier luister en 'n howa kry gaan jy vir baie lank regkom voor jy nog 'n geweer gaan 'nodig' he.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 1:27 pm
by pofadder
Baie dankie Manne vir julle insette. Ek was vandag by Nobleteq in Centurion.

Die Keuse vir my is nou tussen 'n CZ 6.5x55 of 'n Savage 30-06. Watter een sal julle voorstel?

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 1:34 pm
by Capt. Yoda
Vat die 6.5 dit is mos wat jy wou he

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 1:57 pm
by Jean Marais
hierswolf wrote:Ek is baie beindruk met jou keuse vir 'n eerste geweer kaliber en as jy vir die manne hier luister en 'n howa kry gaan jy vir baie lank regkom voor jy nog 'n geweer gaan 'nodig' he.
Eric, hier is 'n raakvat opinie.

Die 30-06 se lang bene gaan sukkel om met die 6.5x55 by te hou, terwyl jy met lg. beide bosveld en langskote kan neem. Die kaliber bied meer as genoeg slaankrag en penetrasie vir wat jy met hom wil doen. Met die kaliber klaar in jou kluis, sou my volgende keuse 'n 9.3x62 of 375 H&H/Ruger gewees het. Dan kan jy letterlik als jag.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 2:21 pm
by Giepie
+1

Wil ook nog so kaliber kry.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 2:40 pm
by FHM
pofadder wrote:Goeie dag Almal,

Ek is in die proses om my eerste geweer aan te skaf. Ekt besluit op die 6.5 x 55 kaliber. Ekt aanvanklik gedink om 'n Howa te kry maar het vandag uitgevind mens kry goedkoper handelsmerke. Het enige iemand 'n goedkoper 6,5 x 55 handelsmerk geweer en sal julle voorstel ek bly by die Howa of gaan na een van die goedkoper handelsmerke toe?

Jy sal die ook interressant vind...http://www.chuckhawks.com/choosing_6-5mm_rifle.htm

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 2:43 pm
by geelslang
Howa al die pad. 6.5 is die ding.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 5:30 pm
by hierswolf
Pofadder, jy moet dalk ook kyk na die Tikka T3 lite. Ook baie goeie waarde vir geld. As jy baie gelukkig is kan jy dalk een kry in 6.5x55.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 6:09 pm
by pofadder
Baie Dankie Manne vir julle insette. Howa 6.5x55 dit is. Indien nog iemand wil insette gee is julle meer as welkom

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 7:08 pm
by hierswolf
Jy sal nie spyt wees nie.

Re: 6.5 x 55

Posted: Thu Aug 13, 2015 7:56 pm
by Giepie
Eric, gee die plastic vir die Howa en skryf die papiere. Sterkte dan net vir die wag om dit in jou kluis te sit. ;D