Page 1 of 1
Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 4:02 pm
by Ponkie
Manne
My Pa het verlede jaar bietjie gaan uithelp met koedoes en rooibokke oes by Oom Antoine Hayward net so klipgooi van Oom Taffie af.
Ek sou darem nie omgee om te kon help nie.
[img width=360 height=480]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 008009.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02352.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02351.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02349.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02346.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02345.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C02343.jpg[/img]
Groetnis
Ponkie
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 5:07 pm
by BOKRAM
Netjies gedoen !!
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 5:34 pm
by Gerhard
Vertel bietjie meer van die oes...
Hoeveel kudu's is afgehaal en oor hoe lang tydperk?
Wat se kaliber het jou pa gebruik?
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 6:43 pm
by tokjak
JIS PONKIE ,EK KEN VIR ANTOINE ,BAIE NICE OU .SELFDE MAN WAT MET DIE HELIKOPTER GEVAL HET ,,,AS EK REG IS .
GROETE
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 7:05 pm
by Ponkie
Gerhard
My Pa was deel van die oes-span in 2007,2008 en 2009. Daar word normaalweg van Maandag tot Vrydag-oggend gejag. Verlede jaar was die wild te maer en het daar meer as 100 koedoes alleen gevrek van die droogte.
Die plaas is so rondom 12000ha as my feite reg is (Oom Taffie sal dalk beter weet). Hierdie spesifieke keer was daar snags 3 manne van Camdeboo en dan my Pa wat duikers,springbok,koedoe en rooibok ge-oes het. Bedags het die helikopter geskiet en dan het die bakkies net opgetel en enkele wild geskiet wat toevallig naby die bakkie sou wees.
My Pa het vir hom 110gr V-maxe vir die 30-06 gelaai, maar het seker net die eerste aand daarmee geskiet en toe terug gegaan na die 150gr Sierra Gamekings. Hy skiet mos van blou-aap tot Eland met die 30-06. Glo in niks anders.
Die getalle was min of meer: 45 duikers, 150 springbok, 260 rooibok, 185 koedoes en 'n paar in die 30 elande.
Hierdie operasie gebeur jaarliks om oorbeweiding te verhoed op die plaas, maar verlede jaar het die droogte groot getalle wild geneem.
Tokjak, jong ek weet nie dat Oom Antoine met die chopper geval het nie. Ek weet 'n Hennie of iemand van Aberdeen se wereld vlieg gewoonlik vir hom.
Groetnis
Ponkie
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 7:10 pm
by Gerhard
Dankie Ponkie,
Verduidelik bietjie hoe die skiet uit die chopper werk.
Met watse geweer word geskiet?
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 7:13 pm
by Ponkie
Gerhard
Hule gebruik 'n 12b Semi-Auto beretta wat die eienaar self mee skiet. Die pilot sal eers 'n lot koedoes uit die klowe jaag met die chopper en dan sal Oom Antoine hulle in die vlak oes waar die bakkies makliker kan optel.
Groetnis
Ponkie
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 7:15 pm
by Gerhard
Dankie man,
Weet jy wat se ammunisie gebruik word met die hael geweer?
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 7:32 pm
by Spanner
Nou waarheen gaan die karkasse dan? Uitvoermark ?
Die aanjaag-storie kan tog nie die smaak van die vleis bevorder nie ? Ek neem aan die koedoes skrik hulle boeglam as die chopper op hulle afduik en dan hol hulle teen volle vaart weg van die ding af waarna hulle later geskiet word. Die klomp adrenalien wat tydens die dolle jaagtog-aff?re in die bloed en vleis beland moet tog seker nagevolge h? ?
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 9:16 pm
by Ponkie
Spanner
Ek het daai selle ding al gevra. Maar daar is tog duisende springbokke wat jaarliks met 'n helikopter geskiet word en niemand kla oor die vleis nie.
Ja camdeboo voer die vleis uit, basies gaan niks daarvan vir die plaaslike mark nie. Die wild is alles kopskote en daar mag geen water aan die vleis raak nie. Die veearts inspekteer al die wild voordat dit in die trokke weggaan. Blykbaar bevorder die water die moontlikheid vir bakteriee.
Gerhard, ek ken maar min van hael-ammunisie, maar my Pa het eenkeer genoem dat hulle al 11 korrels in die koedoe se agterkop gekry het. So dan is dit seker die nommer wat 11 korrels bevat.
Ek wag net vir Oom FM om te post te lees, hy is die groot oes man hier tussen ons.
Groetnis
Ponkie
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 9:26 pm
by Geno
Ek het al gehoor dat die manne like om AAA te gebruik uit die chopper uit.
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 10:37 pm
by Francois Marais
Ponkie
Hier by ons mag GEEN jag/oes uit n chopper gedoen word nie, teen Natuurbewaring regulasies, maar ek weet die manne wat probleemdiere skiet gebruik uitsluitlik AAA, soos Geno ook gese het. Ons moet maar met die Cruisers oppi grond bly, partykeer ook miskien ma beter so, maar man kan maar kwaai sukkel inni bosse en klippe....
Mooi loop
Francois
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 23, 2011 11:47 pm
by Ponkie
Oom Fm
Soos wat Chopper-jag hier by ons ook verbied word in die Wes-kaap, maar wel toegelaat word in Oos-Kaap.
Ek het 'n vriend wat vir Myburgh uit die chopper jakkalse skiet. Sal bietjie by hom hoor watter hael hy gebruik. Hy het terloops aan my genoem dat hy verlede week 29 jakkalse uit die chopper geskiet het.
Ja my Pa het ook maar alles met die cruiser geskiet, hy is nie 'n ou vir die chopper nie!
Die Oom met daai ou Ford het op kere tot 16 koedoes opgelaai slagplek toe. Maar daai Oos-Kaap beeste weeg darem nie so swaar nie.
Groetnis
Ponkie
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon May 30, 2011 8:30 am
by James Wilson
ek het al self ondervindings gehad met met wildsvleis wat n smakie het van al die hardloop, maar ek sien so 7 dae in in die cooler en daai probleem is heelwat minder.
Re: Koedoes-oes by Antoine Hayward
Posted: Mon Nov 07, 2011 8:11 pm
by PITSMIT
antoine skiet met SG hael patrone so 9 pellets per patroon