Page 1 of 2
Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 1:34 pm
by Xplicitly
Die tyd het aangebreuk vir 'n nuwe scope...
Ek het 'n .308, wil 40% jag, 20% 'Stress Relieve', en 40% Lang Afstand oefen...
Die vrou skiet saam en wil vir my verjaardig sommer bylas so ek werk op 'n budget van R25 000....
Help asb. met voorstelle...
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 1:49 pm
by Jakkie
Ek het onlangs vir my die nuwe Rudolph T3 6.5 - 24 X 50 gekoop. Baie happy met hom en net goeie reviews oor hulle. Goeie prys van R6500 by jaghoekie.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 1:59 pm
by Xplicitly
Jakkie wrote:Ek het onlangs vir my die nuwe Rudolph T3 6.5 - 24 X 50 gekoop. Baie happy met hom en net goeie reviews oor hulle. Goeie prys van R6500 by jaghoekie.
Dis nie 'n slegte prys nie. Is juis opsoek na iets in die 6-24 x 5* klas. Objektief verkieslik groter as 50.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:01 pm
by cassie_calvinia
vir daai prys koop ek 'n nxs.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:02 pm
by BosOtter
Meopta ZD 4-16x44 of n ZD 6-24X56 sal goed werk en goed geprys vir wat jy kry. Nie self so een nie maar baie goeie dinge gelees van hulle die afgelope twee maande toe ek self n scope soek.
Review van die 6-24x56 hier en hy praat ook oor die 4-16
https://www.youtube.com/watch?v=uQUykptFD0c
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:04 pm
by Hein22
Met 'n budget van R25k sal ek nie kyk na R6500 scopes nie.
Kyk eerder na die volgende make se hoer klas scopes in daai prysklas - en as dit ek was, veral die FFP scopes:
Nightforce
Vortex
Sightron
Burris
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:15 pm
by Boomstomp
is R25k nie al genoeg vir van die basiese Schmidt & Bender's nie?
EDIT:
Iets soos die gewone 10x42 PMII?
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:18 pm
by Xplicitly
Hein22 wrote:Met 'n budget van R25k sal ek nie kyk na R6500 scopes nie.
Kyk eerder na die volgende make se hoer klas scopes in daai prysklas - en as dit ek was, veral die FFP scopes:
Nightforce
Vortex
Sightron
Burris
Hein,
Dit is definitief meer die tipe scopes wat ek in gedagte het. Ek het gekyk na die Nightforce NXS reeks. Ek wil ook meer uitvind oor Sightron en March. Kan Vortex en Burris met Nightforce vergelyk? (Ek beter nou onder die tafel inklim want hier kom harde houe....)
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:22 pm
by joe rocket
Ek dink Geno kan vir jou n March uitkrap vir daardie prys.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:23 pm
by Capt. Yoda
Koop n NXS of as jy n bargain by Geno kan kry verseker n March
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:25 pm
by Hein22
Die Vortex FFP PST's en die burris XTR is beslis top end scopes wat baie goed sal vergelyk. Ek hoor egter die nuwe nightforce atacr is baie baie goed alhoewel ek nog nie self een bevoel het nie.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 2:41 pm
by Xplicitly
Ek sal bietjie een van daardie Vortexes onder hande wil kry. Ek sal ook plan maak om 'n March te beloer...
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 3:08 pm
by Xplicitly
Ek merk op dat Zeiss en Leupold nie vreeslik feature nie?
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 3:30 pm
by Geno
Ons het in voorraad:
March 2.5-25x42 met Tactical turrets en plex reticle.
So lyk hy:
http://marchscopes.com/tactical-25-25-x-42.html
http://marchscopes.com/storage/29416/Vince's-Kimber-1.jpg
Retail prys: R28,750.00
Ek sal hom afmerk R25,000.00 toe vir jou, omrede hy aangekoop is toe die rand/dollar so raps beter was.
Groete
Eugene
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 3:56 pm
by Nickvn
Nou ja, daar is jou probleem opgelos.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 5:23 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote:Ons het in voorraad:
March 2.5-25x42 met Tactical turrets en plex reticle.
So lyk hy:
http://marchscopes.com/tactical-25-25-x-42.html
http://marchscopes.com/storage/29416/Vince's-Kimber-1.jpg
Retail prys: R28,750.00
Ek sal hom afmerk R25,000.00 toe vir jou, omrede hy aangekoop is toe die rand/dollar so raps beter was.
Groete
Eugene
As jy nie daai scope koop nie moet jy eder oop versier skiet
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 5:30 pm
by Mellies
Capt. Oblivious wrote:Geno wrote:Ons het in voorraad:
March 2.5-25x42 met Tactical turrets en plex reticle.
So lyk hy:
http://marchscopes.com/tactical-25-25-x-42.html
http://marchscopes.com/storage/29416/Vince's-Kimber-1.jpg
Retail prys: R28,750.00
Ek sal hom afmerk R25,000.00 toe vir jou, omrede hy aangekoop is toe die rand/dollar so raps beter was.
Groete
Eugene
As jy nie daai scope koop nie moet jy eder oop versier skiet
Stem saam met jou kaptein!
Met n vleisie...
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 5:39 pm
by joe rocket
Bargain!!!!!
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 7:20 pm
by Xplicitly
Geno
Hoe groot is die verskil in prys tussen die 42 en 52mm objektief? Gegewe die helderheid can die scope, is dit ooit nodig vir 52mm?
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 9:06 pm
by Hansieslim
Naand
Geno, waar is jou shop? Dalk kan jy my help. Ek is op soek na 'n Vortex Viper HST 6-24x50 VMR - 1 MOA reticle. Enigiemand anders wat my dalk kan help? Hierdie scopes is beskikbaar lokaal maar met n M-Rad reticle, maar ek soek spesifiek 'n MOA reticle.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 9:12 pm
by Boomstomp
Afrika het genoeg son vir 42mm objektief!
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Tue Aug 11, 2015 9:53 pm
by Sangoma (IAN)
Tot die Sightron man stem saam met hier bo!
Koop met n geruste hart die March van Geno. Jy gan niks beter kry vir R25k nie
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Wed Aug 12, 2015 5:25 am
by Geno
Hansieslim wrote:Naand
Geno, waar is jou shop? Dalk kan jy my help. Ek is op soek na 'n Vortex Viper HST 6-24x50 VMR - 1 MOA reticle. Enigiemand anders wat my dalk kan help? Hierdie scopes is beskikbaar lokaal maar met n M-Rad reticle, maar ek soek spesifiek 'n MOA reticle.
Gesels met Francois Marais oor Vortex. Kry hom op die forum onder "wors".
Xplicitly wrote:Geno
Hoe groot is die verskil in prys tussen die 42 en 52mm objektief? Gegewe die helderheid can die scope, is dit ooit nodig vir 52mm?
Ons het 'n 2.5-25×52 Tactical MTR-3 wat ook destyds ingekom het.
Retail is R38,750.00.
Ons sal hom vir jou doen teen R36,000.00
As jy primêr in die nag skiet, sou die 50mm+ objektiewe lens die ding wees.
Maar met ons lig toestande is 42mm voldoende.
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Thu Aug 13, 2015 10:19 am
by Xplicitly
Hi Geno
Ek dink tog ek gaan my vrou se arm draai vir die 52mm. Ek sal maar allerhande beloftes van borduurmasjiene en quilt goed maak... Dit het al in die verlede gewerk...
Re: Scopes, Scopes, Scopes......
Posted: Thu Aug 13, 2015 10:34 am
by Geno
Daarsy. PM my jou details dan tref ons reëlings.