Page 1 of 1
Nuwe loop vir 270 win
Posted: Mon May 23, 2011 1:56 pm
by Fanie Nel
Goeie dag aan almal op die forum
Ek in die proses om vir my 270 win nuwe loop op te sit, wil sommer net by al die slim mense hier hoor wat is die beste lente vir die loop. Dink aan 24 duim half swaar loop dalk bietjie dikker as my kolf dit toelaat.
Groete Fanie Nel
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Mon May 23, 2011 2:32 pm
by Jagtersdok
24 tot 26" loop werk mooi.
Ek wil iets anders by jou hoor, is die loop al af gehaal?
Ek wil 'n toets doen met ou loop. Ek wil 10 skote skiet met spesifieke lading en kyk wat is die gemiddelde spoed, dan wil ek die loop oornag vol Prolong (daai goed van die kar engines) laat staan en dan weer 10 skote skiet en kyk of die dinge nou vinniger loop.
Wil dit met ou loop doen net vir kicks voordat iemand loop vervang
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Mon May 23, 2011 3:17 pm
by Wouter Roets
Dok
Ons praat nou net hieroor en hier organize jy dit al!
Jou ou doring!
Groetnis
Wout
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Mon May 23, 2011 3:33 pm
by Jagtersdok
Baas Wout
Ek het mos al lankal dit te kenne gegee dat my spoed bedrieglik is.

Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Tue May 24, 2011 9:37 pm
by Fanie Nel
Hello dok
Nee loop nog nie vervang nie moet nog eers gaan jag in junie en julie dan sal ek hom vervang. Ons kan maar so iets probeer reel. Waar bly jy.
Groete
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Tue May 24, 2011 9:54 pm
by Jagtersdok
Ek is in Centurion
Dit sal gaaf wees as ons so iets kan bewerkstellig

Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Tue May 24, 2011 10:15 pm
by Fanie Nel
Dit klink vir my reg die geweer gaan elke geval pretoria toe, so as ek hom bring dan gesels ons dan doen ons toets al ons klaar is dan
gee ek net geweer af
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Tue May 24, 2011 10:22 pm
by Jagtersdok
dit klink wiele
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Tue May 24, 2011 10:51 pm
by Fanie Nel
Goed so dan
Re: Nuwe loop vir 270 win
Posted: Wed Sep 28, 2011 4:45 pm
by Naas
Jes Manne.
Ek kom nou op die topic af.
Ek weet hy is oud,maar ek het
self al aan die goed gedink.
Wil net uitvind of julle toe die
toets gedoen het.en of julle iets wys kon raak.
Dankie
Naas