Page 1 of 1

My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 8:03 am
by Speelmansjagter
Ek het gister vir die eerste keer met my ou Zastava .30-06 die geleentheid gehad om op 600m te skiet.
Toe ons eers op die teiken is het ons die 8 duim gong konstant raak geskiet.
sal nog bietjie moet werk aan ''first time hits''.

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 8:04 am
by Speelmansjagter
Bietjie rond en bond, maar hy's daar...

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 9:15 am
by 243Songdaug
Netjies man! nog so 2 treetjies dan kan jy vir Oom Douw en Andries bietjie opdraande gee.

Sien ek jou in September met die Hardeveld Skiet op Upington?

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 9:27 am
by Speelmansjagter
Nee ou maat. Dit is bietjie ver en skiet nog glad nie so goed vir kompetisie nie.

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 10:17 am
by Frikkie Coetzee
Ou maat. Daai plaas waar julle skiet lyk soos Dawie se plaas.

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 10:43 am
by Speelmansjagter
Lyk so ja... haha

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 10:53 am
by Frikkie Coetzee
Dawie is my broer. Skiet nogal baie daar. Die baan is 1200 m

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 11:16 am
by Gawie(13mm)
Gromit wrote:Dawie is my broer. Skiet nogal baie daar. Die baan is 1200 m
Deur hoeveel hekke skiet julle daar? ;D

Raak is raak maat. Nou is daai 300m ghong soos jam. ;D

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 11:29 am
by Speelmansjagter
O. Ek het nie geweet nie nie Frikkie. Ek was maar saam met iemand anders. Was so vrek bly vir die geleentheid. Hoop maar om weer te kan gaan. Dit was vanaf die tweede stel hekke op 600m...

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 11:34 am
by Bakkies303
Mooi man. Gewonder hoe dit toe gister gegaan het. Hoekom gaan probeer jy nie weer vanmiddag nie? Jy gaan beslis vandag baie leer as jy wil leer om wind te lees vandag.

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 11:51 am
by Speelmansjagter
Familie dag vandag ou maat. Moet darem die vrou en kinders ook gelukkig hou.

Re: My eerste probeer-slag op 600m

Posted: Sun Aug 09, 2015 12:28 pm
by Mellies
Well done! Mooi gemaak...

Met n vleisie...