Page 1 of 1

Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:10 pm
by pietjacobs
Jagtersdok kan jy vir my die foto oplaai asb.

Die ram se horings het ek gemeer 21.5" en as dit Black Face is, dan beteken dit hy is in die Rowland lengte.

Groete
Piet

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:42 pm
by Jagtersdok
Hier is die foto.

Ek persoonlik dink nie dit is nie, maar ek mag verkeerd wees.
Maar ek dink die bok het van die geen in hom

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... age088.jpg[/img]

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:46 pm
by Jagtersdok
Hier is foto van 'n swart gesig

Image

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:50 pm
by pietjacobs
Dankie Dok,

Dis 'n moelike een die. Die PH het vir my gese hy is Black Face maar hy is nie Rowland want Rowland begin op 23 something. Dis eers agterna dat ek gesien het op Rowland se website dat die Black Face se Rowland begin op 20 3/4".

Ek cape al my Rowlands so ek gaan baie ongelukkig wees as die wel 'n Black face is. Ek het darem die horingsĀ  :)

Groete,
Piet

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:51 pm
by Jagtersdok
Die streep op die swart gesig is baie pertinent en breed, so ook die strepe onder die o?, wat dit nou bietjie moeilik maak is die grassies in die bok se gesig.

Maar hoe meer ek daarna dink hoe meer wil ek s? hy kan deur gaan vir swart gesig

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 8:58 pm
by Jagtersdok
Hierdie is swart gesig

[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... pic-08.jpg[/img]

Hierdie is gewone Rooibok

[img width=321 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... la-ram.jpg[/img]

So ek dink hy kan deur gaan as Swart gesig

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 9:22 pm
by Gerhard
Het die een in Natal af geneem

[img width=553 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 40460a.jpg[/img]

Het die een in Dwaalboom omgewing gejag

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 010302.jpg[/img]

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 9:33 pm
by Jagtersdok
Maar hoe nou gemaak met trofee registrasie? ???

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 9:54 pm
by Wouter Roets
Manne

Hierdie raak ook vir my n moeilike storie. Ek vind hierdie swartgesig rooibokke ak hoe meer op plase en het ook self van hulle om my plaas. As ek die plaaseienaar vra of hy swartgesigte aangekoop het is die antwoord maar altyd nee. Ek weet nie meer waar om die streep met hulle te trek nie en vermoed ons sit al met heelwat inteling met hulle in SA. Ek weet ook nie of daar wel n DNA verskil tussen hulle gaan wees nie meskien in die selfde lyn as die karoo en kalihari springbok?

Sal bietjie oplees oor die twee.

Groetnis
Wouter

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 10:16 pm
by Jagtersdok
Die dinge maak my eintlik so hartseer

Re: Is die 'n Black Face Impala?

Posted: Sun May 22, 2011 11:24 pm
by Rfourie
Se dankie vir die boere wat inteling laat plaasvind het!