Page 1 of 1
Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 6:59 pm
by Henry
Goeie naand jakkalse;-)
Ek roofkyk nou vir 'n wyle en het besluit die tyd is ryp om 'n bydrae te lewer.
Ek bly nou al 10 jaar hier innie Strand, en is getroud met 'n boorling daar van Calvinia. Ek het maar al van lang tyd af 'n voorliefde vir ysters wat skiet, Vader weet hoekom want my pa het nie dieselfde liefde nie, alhoewel hy grootgeword het op 'n plaas daar naby Potgietersrus (ken nie die nuwe naam nie).
My vrou se familie het geboer tussen Niewoudtville en Loeriesfontein. Die oubaas se plaas is intussen verkoop nadat hy afgesterwe het, maar my vrou se oom boer nog daar annerkant Calvinia.
Op skool het ek vir die skyfskietspan geskiet, en daardie voorliefde het nooit vervaag nie. Noudat die seuns groter is wil ek weer dit doen, so sommer saam met hulle en hulle alles van vuurwapens leer.
Ek sal sekerlik ook so af en toe maar 'n bokkie wil oes en ek herlaai ook graag.
Groetnis
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:20 pm
by Hein M.
Baie welkom hier Henry!
Wel, jy is op die regte plek met die regte pelle. Ek is 'n boorling van Klawer / Vredendal en woon tans in Tulbagh. Hoop jy leef jouself uit hier!
Mooiloop!
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:28 pm
by Henry
Vergeet om te noem. Ekke self het grootgeword daar naby die Big Smoke in Kempton Park. Geniet darem nou al van 95 af die stilte (relatief) hier by die see.
Ek geniet dit om op my martelpyp die berge in te vaar, en roei ook graag as ek kans kry in my ski oppie see of in my K1 op die riviere.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:53 pm
by Boesman10
Welkom Henry en dankie vir n great bekendstelling.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 8:17 pm
by tripodmvr
Welkom Henry. Watter roere speel jy mee?
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 8:34 pm
by Henry
Het huidiglik net 'n Taurus PT100 wat ek al vir jare saam sleep, maar my Howa 1500 Hunter in 270 le nog by Hugo Van Zyl terwyl ek ongeduldig wag dat die CFR hulle litte roer.
Daarna sal ek graag vir my 'n Howa 1500 Varminter in 6.5 Creedmoor wil aanskaf vir papier skiet sodra hulle land. Ek kyk ook met lang oe na die Ruger Precision Rifle.
Dan sal ek ook graag, as die Vader my spaar, later 'n 338 Win Mag wil aanskaf. Dalk 'n Sako 85 of Winchester M70
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Thu Aug 06, 2015 8:58 pm
by Kubus
Welkom Henry,
Geniet die forum, en doen dit gerus saam met jou kingers.
Ek kan tot vandag nog my g@t skop daaroor, want ek het dit nie gedoen nie. Nou dat ek aan die ou kant toe staan, het my kinders nie n liefde vir gewere nie, en waarnatoe nou as ek vir ewig gaan le.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Fri Aug 07, 2015 7:44 am
by Jay Jay
More, Henry. Baie welkom. My broer bly ook in die Strand.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Fri Aug 07, 2015 8:24 am
by Wouter Roets
Hallo Henry
Baie welkom hier en ons hoop retig van harte dat jy jouself sal gate uit geniet hier.
Groetnis
Wouter
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Fri Aug 07, 2015 11:55 am
by Fanta300
Baie welkom.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Fri Aug 07, 2015 1:11 pm
by Hingsding
Lekke Henry.
Ek is ook hier in die Strand.
Hier is so paar van ons.
Gooi maar n pm dan gaan skiet ons bietjie saam of gaan drink n koue op n stadium.
Groete en welkom hier.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sat Aug 08, 2015 6:48 pm
by jamalley
Welkom Henry
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sat Aug 08, 2015 7:02 pm
by mossie
Geniet dit, Henry
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sat Aug 08, 2015 7:10 pm
by Heinz Petersen
Welkom Henry, en ek glo jy sal jou skiet bedryf hier geniet.
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sat Aug 08, 2015 8:24 pm
by James Wilson
Hartlik welkom!!!!
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sun Aug 09, 2015 9:21 am
by Henry
Hingsding
Ek het vir jou PM gestuur, maar ek dink jou Inbox is dalk vol.
Dankie vir die verwelkoming mense.
Henry
Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sun Aug 09, 2015 9:39 am
by Jacquesb
Welkom Henry.
Ek was nog nooit in die Strand nie. Ook nie in Calvinia nie. Dis seker hoekom jy vir my so bekend lyk.

Re: Naand van Henry hier innie Strand
Posted: Sun Aug 09, 2015 12:07 pm
by JTM
Welkom Henry. Hier is somme baie Jaracal vriende in en om jou omgewing.