Page 1 of 1
Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Wed Aug 05, 2015 9:54 pm
by win270
Willem Botha het tydens vanaand se Wild en Wragtag uitsending op Kyknet 'n man laat lekker kry toe die doodskote so een na die ander plaasvind. Benewens die regte ammunisie en 'n goeie geweer, is dit mos op die ou einde oefen, oefen en nogmaals oefen. Goed gedoen, Willem!
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Wed Aug 05, 2015 11:22 pm
by Johnnie De Wet
Interissant die 6.5mm-06 wat hy skiet.
Wonder of hy vol geit is wat herlaai aanbetref?
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 3:43 am
by Apie
Ook n kaliber wat ek al oor gewonder het vir laaang skote op gemsbokke.
Wouter. Kry mens hom in n Ackley weergawe?
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:16 am
by Capt. Yoda
Johnnie De Wet"]Interissant die 6.5mm-06 wat hy skiet.
Ek dink n 6.5Creed gaan jou baie dieslefde performance gee as jy wil vinnig hardloop moet jy maar na die 264WM kyk. Jy kan eintlik maar net n 270 skiet pleks van al die moeite van n 6.5-06
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:22 am
by JPS
Sodra die nuwe loop op my 25-06 opgeskiet is (vat nie lank nie :-( ) kry hy 6.5mm loop op.
Is net soveel meer veelsydig as 25-06. Alhoewel daar niks fout is met die 25-06 nie veral nie nou dat ek hom gekry werk het met 115gn bergers nie.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:26 am
by Capt. Yoda
JPS wrote:Sodra die nuwe loop op my 25-06 opgeskiet is (vat nie lank nie :-( ) kry hy 6.5mm loop op.
Is net soveel meer veelsydig as 25-06. Alhoewel daar niks fout is met die 25-06 nie veral nie nou dat ek hom gekry werk het met 115gn bergers nie.
Jan hoe vinnig skiet jy daai 115greiners uit daai 25-06?
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:27 am
by JPS
3276 fps
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 7:29 am
by Capt. Yoda
JPS wrote:3276 fps
Dankie, daai is nogals glad nie sleg nie
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 8:23 am
by JPS
Daai lat van my het my g@t lelik geskop op Bothaville met die, en dit terwyl ek met die 260 geskiet het...
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 8:57 am
by andre007
Ons het loadshitting gehad daai tyd...... sou graag die program wou sien, weet julle dalk of hy herhaal word?
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:01 am
by musgrave270
Wild & Wragtag
Woensdae om 21:00
Herhalings
Vrydae om 22:30
Sondae om 01:00
Maandae om 03:00
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:07 am
by andre007
Baie dankie!!!
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:13 am
by mossie
Hulle Ackley wel die 6.5-06. Handleidings tot my beskikking meld wel dat toe P.O. Ackley dit gedoen het, die dryfmiddel tot sy beskikking te vining was in brandtempo en hulle dus nie die Ackley - weergawe tot sy volle reg kon laat kom nie. Persoonlik dink ek beide weergawes sal lekker skietysters maak.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:21 am
by Johan04
Wat is die verskil tussen n 6.5-06 en n 25-06?
Is .257 nie maar 6.5mm nie?
Ek luister graag.
Johan
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:23 am
by VdWalt
6.5 = 0.264
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:29 am
by mossie
25-06 is soos jy daar stel .257. 6.5 is .264. 25-06 koelle rondom 117-120 gr, 6.5 op stadium tot 160gr.
Groete
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 9:34 am
by Johan04
dankie manne.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 10:51 am
by win270
VdWalt wrote:6.5 = 0.264
Jy bedoel seker 6.5 mm = 0.264 duim ?

Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 11:05 am
by VdWalt
win270 wrote:VdWalt wrote:6.5 = 0.264
Jy bedoel seker 6.5 mm = 0.264 duim ?

Nee - want 6.5mm is nie regtig 0.264 duim nie

Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 11:15 am
by Smitstertjies
6.5mm-06 het n bore diameter van 6.5mm (lande tot lande) en skiet n koeel met .264 inch(6.71mm) deursnit.
25-06 het n het n bore diameter van .250 inch (6.35mm) lande tot lande en skiet n .257 inch (6.5mm) koeel.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 11:22 am
by win270
VdWalt wrote:win270 wrote:VdWalt wrote:6.5 = 0.264
Jy bedoel seker 6.5 mm = 0.264 duim ?

Nee - want 6.5mm is nie regtig 0.264 duim nie

Benaderd, ja!
Ek moes eintlik daardie "die pad swenk" teken gebruik het.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Thu Aug 06, 2015 12:22 pm
by Arnold
Interessant, Willem het genoem dat hy n 130gr Berger in die 6.5-06 gebruik en as ek reg gekyk het was dit n Howa aksie waarop die geweer gebou was.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Sat Aug 08, 2015 11:10 pm
by 243Songdaug
Arnold jyt reg gekyk. Dalk 1 van die presisie gewere wat Skietwinkel verkoop?
Baie oulike stukkie met goeie skietwerk, die skiet van die Gemsbok reg in die middel van 'n trop bokke het my egter so bietjie in die krop gestuit. Jong/onervare jagters sien dat oom Willem op 'n bok in 'n trop skiet en vertolk dit as "reg" en gaan skiet op sy volgende jag 'n bok in 'n trop met 'n super penetreerder(Barnes of GS).
Uit ondervinding weet ek dat 'n Berger opbreek binne 'n wildsbok se karkas, maar nie alle projektiele doen dit nie.
Miskien is ek net te krities, maar ek skiet nie eers 'n kwesbok in 'n trop nie.
Re: Wild & Wragtag - 5de Aug
Posted: Sun Aug 09, 2015 7:54 am
by win270
Ek stem saam, bok moet altyd oop staan en dus weg van die trop.