Page 1 of 1
1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 12:16 pm
by Ashley
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 1:00 pm
by Capt. Yoda
Gaan kyk op hul website wat hul alles maak.Daai 2 verstaan ver skiet
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 2:05 pm
by Boesman10
Respek ...
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 3:10 pm
by Nickvn
Baie goeie skoot ja, maar nou kom die vraag in of hoe eties dit is om te jag op daai afstand. As hy drie bok lengtes voor hom moet mik en hom raak skiet is die kanse groot dat hy hom ook kan kwes. Goeie skoot nietenstaande.
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 3:14 pm
by Frikkie Coetzee
Die PH daar is Rusty. Hy is n lid hier op die forum
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 3:21 pm
by Philip_R
Goeie skoot, ek dink dit vat baie skill en breins om so skoot te skiet.
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 3:30 pm
by Gawie(13mm)
Ek het nou drie maal op my tong gebyt voor ek hier getik het. Ek, Gawie Loubser van die Paarl sal graag daai man se blad wil skud. Duidelik ken hy sy geweer en sy geweer se trajek. Met drie manne wat vir hom spot en help met die "wind calls" kan jy nie meer eties as dit kry nie.
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 4:56 pm
by Capt. Yoda
Gaan kyk die manne se goed op hul website.Hulle is nie 2 peanuts wat net kom skiet nie 1000y + is hulle kos, dit is wat hulle doen dag in en dag uit, hulle oefen in sneeu wind reen om die eerste skoot op n tyken te kry.Hulle is op die top punt van lr jag en lr gewere/toerusting bou.Daar is niks raai werk da nie daai manne weet presies wat daar gebeur op daai afstand want hulle oefen dit oor em oor en oor en leer amder mense hoe om dit te ka doen.Ek sal enige iets gee om een van hul LR klasse by te woon
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 4:58 pm
by ruaanb
Capt. Oblivious wrote:Gaan kyk die manne se goed op hul website.Hulle is nie 2 peanuts wat net kom skiet nie 1000y + is hulle kos, dit is wat hulle doen dag in en dag uit, hulle oefen in sneeu wind reen om die eerste skoot op n tyken te kry.Hulle is op die top punt van lr jag en lr gewere/toerusting bou.Daar is niks raai werk da nie daai manne weet presies wat daar gebeur op daai afstand want hulle oefen dit oor em oor en oor en leer amder mense hoe om dit te ka doen.Ek sal enige iets gee om een van hul LR klasse by te woon
+1 hulle mag maar
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 6:02 pm
by PWV
Nickvn wrote:Baie goeie skoot ja, maar nou kom die vraag in of hoe eties dit is om te jag op daai afstand. As hy drie bok lengtes voor hom moet mik en hom raak skiet is die kanse groot dat hy hom ook kan kwes. Goeie skoot nietenstaande.
Nick, is jy nie die man wat self sulke skote waag nie?
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 6:08 pm
by Nickvn
PWV wrote:Nickvn wrote:Baie goeie skoot ja, maar nou kom die vraag in of hoe eties dit is om te jag op daai afstand. As hy drie bok lengtes voor hom moet mik en hom raak skiet is die kanse groot dat hy hom ook kan kwes. Goeie skoot nietenstaande.
Nick, is jy nie die man wat self sulke skote waag nie?
Nee wat, ek kan nie eers so ver sien nie, nog te se so ver n bok skiet. Ek skiet gonge tot 800m dis so ver my maks.
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 6:26 pm
by Marc
Kyk bietjie hulle Black and Blue wildebees video, daar kan mens presies sien hoeveel voordele daar is aan lang afstand jag. Die Blouwildebees se eerste skoot is uit en dus word die dier gekwes maar omdat hy so ver staan van die skut het hy geen idee wat gebeur het nie en gaan staan 30m veder rustig stil en bied die skut n tweede kans op n doodskoot.Op enige ander jag onder 200m het daai wildebees drie plase verder eers gaan stilstaan.
En moenie vir my se dat daar nooit onder 200m gekwes word nie want dit gebeur tog daagliks

Feite is op die tafel en die video vertoon dit soos dit is, ek self het eerstehandse ondervinding van diere gedrag oor lang afstande en ek is bly die manne was eerlik het nie daai deel uit ge-edit nie want dit is wat dit is. Of jy kwes of 50m of op 500m dit bly 'n kwes en kan op enige afstand ewe maklik gebeur
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 6:45 pm
by Frikkie Coetzee
Die video waarna Marc verwys is groot en deels hier op Cradock gemaak by Karoo Safaris. Dit is n vriend se grond. Glo my daai manne kan skiet. Ek self het al heelwat wild geskiet op daai einste plaas en dis n lekker plek om jou bene te kan rek.
Ek ken ook die PH en die outfitter Carl van Zyl. Hulle het aan my bevestig dat daardie is nie geluk skote nie. Die manne kan skiet en hulle het die geduld om te wag vir die regte skoot. Soms vat dit lank voor hulle skiet.
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 7:36 pm
by Capt. Yoda
http://www.longrangepursuit.com/episodes
Vat n bq tyd en kyk die manne se videos.Nie die standaard internet video makers die nie
Re: 1250 yrd skoot op Blesbok
Posted: Wed Aug 05, 2015 7:38 pm
by Capt. Yoda