Page 1 of 3

Watter GPS

Posted: Sat May 23, 2009 9:11 pm
by Francois Marais
Hi Almal

Watter GPS beveel julle aan, julle weet, die een wat n waypoint kan project, en so aan. Baie gebruikersvriendelik en darem al die funksies het wat n man mag nodig he in die veld???

Dit is nou nie die een van Mac21 wat kan point ook nie, daai is seker n "SPECIAL ADDITION"  :P :P

Mooi loop

Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sat May 23, 2009 9:39 pm
by WillJak
Francois, ek het een van die meer basiese modelle - die Garmin Ertrex h en is baie tevrede met hom - hy's maklik om te gebruik, het alles op wat jy in die veld kan gebruik, batterye hou redelik - en hy kan "project" As hy 'n nadeel het is dit dat om die projeksie te doen moet jy fisies in daai rigting stap om 'n peiling te maak en dit dan insit - van die effens "groter" modelle kan jy die "cursor" in die rigting wat jy wil projekteer "trek" sonder om fisies in daai rigting te hoef te stap.

Maar ek kan die Etrex aanbeveel - vir die prys gaan jy sukkel om beter te doen itv funksies, kwaliteit en bruikbaarheid.

Re: Watter GPS

Posted: Sat May 23, 2009 9:52 pm
by Francois Marais
WillJak

Ek het n 60cx, die een SONDER die elektroniese kompas, het ek dit geweet het ek maar die extra N$ 800.00 uitgehaal, maar wou weer bespaar. Ek kry dit ook nie reg om n waypoint te project nie....

Erens ook gelees van topo maps wat gelaai kan word, die persoon het gese hy het die csx model, maar ek dink myne kan ook die kaarte vat, wil net weet waar om dit in die hande te kry.

Ek kan by my broer n e-trex nou kry.

Mooi loop

Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 7:57 am
by Mac
Francois,


Boys & their toys, ek het n GPS en n GSP. ek gebruik ook die 60csx, ek monteer hom in my bakkie, en het al die paaitjies van al die plase wat ek op skiet. ek merk ook alle moonlikke skiet plekke. Hy kan n waypoint projekteer, as joune nie kan nie, gaan net na Garmin se website en update jou software. Die land kaart DVD's is by enige plek wat die hardware verkoop beskikbaar, en dan kry jy die unblock code op die Garmin site. Ek het n 4 gig SD card in myne, en die hele land se kaarte neem maar 2 gig, so daar is baaie plek oor. Hy is sonder twyfel die een ding na my geweer wat saamgaan.

Graham

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 9:09 am
by Christo
Francois

Ek het 'n paar van die goed, maar horses for courses, tannie Nuvi wys lekker die teerpad en ander paaie aan maar beteken nie veel meer as dit, o ja sy het nog Bloutand wat van haar 'n handsfree telefoon maak saam met die selfoon, vir die plaas en jag is die Vista Etrex HCX seker die beste, kleurkaart, en alles wat 'n boer wil h?, jy kan ook hektare opmeet wat nogal baie help. Alle grondmonsters, profielgate, boorgate, pyplyne en enigiets anders laai ek op hom of merk op hom en gebruik dan Fugawi se kaart program om dit af te laai. Die program werk baie beter as Garmin se programme omdat dit meet boervriendelik is. Ek het al 'n paar walk and stalk bokke gejag en daarna reguit na die plekke toe gery om die bokke op te tel.
Hy is tot 1m akkuraat volgens Garmin maat ek het al die meeste grondmonstergate(graafgroot) raakgery as ek hom met 'n rekkie op die spie?l vasmaak.

Hy is ook lekker sterk, ek het al 2 keer in 'n land oor hom gery en hy was nog heel maar toe foeter hy af in 'n harde grongpad  >:( en ek moes 'n nuwe koop.

Christo

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 9:48 am
by Francois Marais
Christo/Graham

THANKS, ek's more weer oppad WHK toe en sal daar gaan aanklop by Garmin vir die landkaart hardeware. Moet dan maar net leer om myne ordentlik te operate.

Mooi loop

Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 10:35 am
by Ja3
Hello Julle

Ek het 'n 60c, sonder die eletroniese kompas. Die wat wel een het is die Summit en Vista o.a. soos reeds genoem. Het erg gesoek na iets wat jou verskillende bearings kan stoor (vanaf 'n statiese posisie natuurlik) maar lyk my daar's nog nie so instrument nie. Daar's wel een wat naby kom en word gebruik by fotografie. Dink hy kan 4 bearings stoor.
Hoe kry julle manne dit effektief reg om 6 jakke in verskillende rigtings op te spoor nadat almal geskiet is? My geheue is maar kort...
Die ideale sou gewees het om net 'n knoppie op 'n gps te druk sodat hy die bearing kan stoor (nadat jy jou posisie gemerk het).
Die grootste swakpunt is ook dat die instrument nie altyd so sensitief is terwyl op die skietstoel roteer nie.

groete
Ja3

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 10:51 am
by Mac
Ja3,

Dit is baaie maklik om hulle op te spoor

Image

Graham

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 11:06 am
by Ja3
Graham
:D :D
Daai gps is 'n limited edition. Hy tel die satelliete baie vinnig op en sy "bearing" stoor werk uitstekend.
Het jy geweet hy't 'n "quick power on" ook. Die twee knoppe is tussen die agterbene.
'n Goeie vriend van my het ook een. Sy alarm gaan net onverwags af, maar ek het 'n oplossing:

Vat 'n 1 duim pypie. Druk hom versigtig by die exhaust in (heat vent). Probleem opgelos!
Gevolgtrekking:
Die oomblik as die alarm afgaan dan kom daar geen klank by die speaker uit nie a.g.v 'n gebrek aan "back pressure".
Let wel: Pypie moet gereeld skoongemaak word.

Nee maar rerig.. Vir die wat nie hierdie goeie model in die hande kan kry nie, hoe doen julle dit?
Baie groete
Ja3

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 12:00 pm
by Mac
Ja3,

Ek weet nie hoe doen die ander dit nie, want partykeer gaan dit bietjie vinnig, maar ek het wit blokkies insulation tape binne op my railings gesit, en as die skoot klap kyk ek by watter blokkie die skaduwee van my loop le, as dit dan by gaan haal kom, het ek die geweer lig in daardie rigting gewys en op hom afgeloop, skyn die hand flits om na die kante, en herhaal dit vir elke een. Dit het tyd gevat, maar dit het gewerk.

Cheers,

Graham

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 10:38 pm
by Ambessa
Hallo mac21

Ek sien die manne is darem baie onversitig met die "comptrols, gadgets & ejector" van ou Nick. Dink dit is tyd dat hy hulle met die skerp kante bykom.

Ambessa

Re: Watter GPS

Posted: Sun May 24, 2009 11:09 pm
by Ja3
Graham
Baie slim plan. Het al lank gewonder aan maniere, alhoewel ek nog wag vir my nuwe stoel.
Dankie en groete

Ja3

Re: Watter GPS

Posted: Thu Sep 17, 2009 8:24 pm
by Dawie
Hiers die goedkoopste pryse vir GPS'e

Weet nie hoe betroubaar die firma is nie maar click en sien self....

http://www.autostyle.co.za/prodlist.php?cid=garmin outdoor

Die Garmin eTrex Vista Hcx en die Garmin GPSmap 60CSx het altwee elektroniese kompaste en seker die meeste geskik vir PDjag.

Dawie

Re: Watter GPS

Posted: Sat Sep 19, 2009 10:33 am
by Calldo
Ja3

Die goedkoopste gps met elektroniese kompas is die Garmin Geko 301. Hy het ook 'n barrometer. Swaar op batterye, gebruik 2 aaa. Kan nie 'n kaart vat nie. Project maklik. Het lank met een geskiet tot hy ook op hoe spoed van die bakkie af geval het.

Gebruik ook nou 'n garmin etrex. Om te projekteer is moeilik. gebruik net eenvoudige bearing lyn. Ek skryf maar die way piont en bearing lyn neer sodat ek dit in die toekoms kan onthou indien nodig.

Die 60csx is die mercedes van jakkalsjag gps. Alles wat 'n man begeer!!!!!!

Hoop dit help!

Groete
Calldo

Re: Watter GPS

Posted: Sat Sep 19, 2009 2:31 pm
by Francois Marais
Calldo

Stem, daai CSX is n meneer, ek het net die CX, nie sleg nie, maar het nie die Barometer en Eletr kompas nie.

Mooi loop
Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sat Sep 19, 2009 6:53 pm
by Christo
Dawie

Ek het 'n Etrex HCX maar na ons gesprek nou die aand het ek gaan kyk na die 60Csx en dink ook dat dit die een is wat 'n man nou moet kyk na.

Ek dink ook dit is belangrik om genoeg tracks te kan stoor en dat waypoints so veel as moontlik moet wees. Dan is dit nie nodig om gereeld die memory skoon te maak vir plek nie. "n 12v conneksie na die bakkie is ook 'n noodsaaklikheid en dit help nogal om dan nie te worry oor die batterye nie.

Christo

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 8:42 am
by Louis102
Garmin 60 CSx - manne

Miskien het julle vir my raad.  Ek ondervind dat as jy 'n peiling neem, dit meestal 'n paar grade uit is.  Ek toets myself so af en toe deur in die dag deur 'n peiling te neem na 'n baken waarvoor ek reeds 'n waypoint op die GPS het.  Baie selde is die peiling dan presies reg.  Gewoonlik is dit so paar grade na links uit.  Het al gedink dit het iets met ware noord en magnetiese noord te doen, maar lyk nie so nie.

Het iemand dalk raad vir my?

Louis

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 9:12 am
by Christo
Louis

Ek gaan dit toets en laat weet. Ek het dit om die waarheid te s? nog nie agtergekom nie. As ek die GPS laat ry na 'n waypoint dan is hy baie akkuraat maar grade het ek nog nie getoets nie. Ek maak hom bv. met 'n rekkie vas op die bakkie se spie?l en dan sit ek 'n waypoint in van bv. 'n plek waar ek 'n grondmonster met 'n graaf geneem het verlede jaar en as hy wys ek het daar aangekom ry ek 8 uit 10 keer met die regtervoorwiel deur die gat.

Ek laat weet

Christo

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 9:31 am
by Louis102
Christo
Christo wrote: ... en as hy wys ek het daar aangekom ry ek 8 uit 10 keer met die regtervoorwiel deur die gat ...
100%.  Ek ondervind die selfde akkuraatheid wat dit aanbetref.  Maar gaan staan so ent weg van 'n bekende waypoint soos 'n hek of 'n dam en kyk of jy die peiling presies kan projekteer.  Ek sal graag wil weet of jy dit baie akkuraat kan doen.  Miskien doen ek iets verkeerd of miskien is my korrel bietjie uit.  Ek lyn die wit merkertjies op die GPS op en korrel so na die "teiken".  My projeksie is egter baie selde "spot-on".  Laat weet asb.

Louis

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 4:13 pm
by Mac
Louis,
Ek lyn die wit merkertjies op die GPS op en korrel so na die "teiken".  My projeksie is egter baie selde "spot-on".  Laat weet asb.
Without attempting to cast doubt on your ability, I have found that my own ability is sadly lacking when lining up the sight on a 60CSX, and then depressing the enter button, until my girlfriend pointed out to me that the unit moved when pressure was applied. Now I place the unit on a hard surface, and Bob's your uncle, spot on projections. Hope your problem is as easy to solve.

Regards,

Graham

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 4:43 pm
by Louis102
mac21 wrote: Without attempting to cast doubt on your ability, I have found that my own ability is sadly lacking when lining up the sight on a 60CSX, and then depressing the enter button, until my girlfriend pointed out to me that the unit moved when pressure was applied. Now I place the unit on a hard surface, and Bob's your uncle, spot on projections. Hope your problem is as easy to solve.
Thanks Graham, that might well be the problem.  I'll take care in future.

Louis

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 4:53 pm
by Francois Marais
Louis aka OOM LEEU

Nooit te ou om te leer nie ne?? ;) :D

Mooi loop
Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 5:07 pm
by Louis102
Francois Marais wrote: Nooit te ou om te leer nie ne?? ;) :D
Francois, ja jong.  Soveel om te leer, so min tyd!

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 5:12 pm
by Francois Marais
Louis

Ja.........Baie waar.

Mooi loop
Francois

Re: Watter GPS

Posted: Sun Sep 20, 2009 5:22 pm
by tafjak
Julle praat van wreede GPS'e hier. Al wat myne kan doen is om die peiling te neem en dan moet jy in daardie rigting beweeg. So wat ek doen is om die laaste 20meter reguit in die staanplek in te ry. Dan is die die GPS se voorkant dieselfde as die neus van die bakkie, maw. as die bakkie se rigting 360 grade was is 9h00 dan 270grade en 6h00 dan 180grade. As jakkalse my dan op 2h00 1.3km v?r antwoord, skuif ek die "cursor" na 2h00 en 1.3km weg van my huidige posisie. Merk dan 'n "way point" daar, plaas 'n "go to" lyn op en ry eenvoudig soontoe of ten minste naby daaraan soos die taak verlang word. As die 20meter se inry na staanplek nie moontlik is nie sal ek op die grond 2 merkers kry en dan die bakkie daaroor ry om peiling te kry en slegs die cursor in dieslefde rigting aanskuif na verlangde afstand.

So my vereistes is dan 'n GPS met 'n cursor en ten minste 250 waypoints.

Taffie