Page 1 of 1
Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 12:52 pm
by sPRINGHAAS
Middag!
Het iemand ondervinding met die teleskoop? Hoe werk hy vir nagskiet met n lig soos vir jakke bv?
Groete
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 12:57 pm
by joe rocket
Springhaas ek het nie so n scope nie maar dit is al bespreek. Boesman op die forum het so n scope Hy sal jou beter kan kom vertel. Blykbaar is die lig binne die scope te helder vir nagskiet
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 1:02 pm
by sPRINGHAAS
Dankie! Ek het gesoek maar dit nie gekry nie. Sal weer gaan krap.
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 1:03 pm
by ruaanb
Jy kan dit afstel soos oom Piet ons tereg gewys het.
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 1:11 pm
by sPRINGHAAS
Werk die range finding steeds akuraat in die min lig?
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 3:33 pm
by Boesman10
Die Eliminator het 'n liggie in wat die afstande wys en in die nag verblind dit jou oe. Mens kan die liggie se intensiteit afstel en dan kan jy beter sien. Ek het nog nie in die nag gejag nie so het nie daaroor ondervinding nie maar ek het die naweek wat verby is my nuwe Eliminator gebruik om in die aand te probeer rondkyk. Vir my oe wat 'n leesbril dra was my visie deur die scope nog steeds beter as die liggie afgeskakel was en het my fokus verswak sodra ek die liggie aangeskakel het op sy laagste intensiteit.
Onthou as jy wil range dan moet die liggie aankom anders wys hy nie jou impak punt vir jou nie. Sonder om te range is hy dieselfde as enige ander scope wat jy in die nag mee kyk.
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 3:38 pm
by sPRINGHAAS
Dankie vir die terugvoer Boesman! Sal graag eden onder hande wil kry om self te toets. Ek kan verstaan wat jy se van die liggie wat jou verblind. Probeer sommer uitvind of die range funksie enigsins werk in die lae lig? Kan hy akkurate lesings gee afgesien van die liggie wat dan dalk pla?
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Tue Aug 04, 2015 3:54 pm
by cassie_calvinia
lig maak geen verskil om 'n rangefinder in die nag nie.
die laser het darm nie lig nodig om te sien waar hy gaan nie...
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Wed Aug 05, 2015 11:22 am
by Boesman10
cassie_calvinia wrote:lig maak geen verskil om 'n rangefinder in die nag nie.
die laser het darm nie lig nodig om te sien waar hy gaan nie...
Net so - die rangefinder het nie die son nodig om afstand te bepaal nie behalwe as jy die Sextant model het

Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Wed Aug 05, 2015 12:22 pm
by sPRINGHAAS
Maak sin ja. My range finder wat ek gebruik vir die boog wil niks weet as die lig te min is nie, toe wonder ek...
Gaan seker maar oor die prys wat mens betaal ne?! Werk darem soos n bom vir wat ek nodig het vir die boog!
Re: Burris Eliminator vir nagskiet?
Posted: Wed Aug 05, 2015 12:27 pm
by cassie_calvinia
sPRINGHAAS wrote:Maak sin ja. My range finder wat ek gebruik vir die boog wil niks weet as die lig te min is nie, toe wonder ek...
Gaan seker maar oor die prys wat mens betaal ne?! Werk darem soos n bom vir wat ek nodig het vir die boog!
kan dit amper nie glo nie.
ek gebruik 'n goedkoop RF op my jagstoel, en, hy werk 500% beter in die nag, as dag. seker die skoner lig?
ek weet nie.