Page 1 of 1

Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Tue Aug 04, 2015 11:19 am
by hierswolf
Ek het 'n Savage 260 LRP in die kluis en 'n Howa 22-250 Varminter oppad, en wil graag dieselfde teleskoop gebruik op altwee. Gaan so setup moontlik wees en indien wel wat stel julle voor vir rails en ringe? Ek het huidiglik 'n NF 8-32x56 wat ek kan mount, maar ek het 'n jeuk vir 'n ATACR.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Tue Aug 04, 2015 2:00 pm
by Gawie(13mm)
Eenvoudige en kort antwoord is ja.
Piccatiny Rail op albei gewere en QD ringe. NF, Warne en Burris werk lekker. Pryse is ook in daai volgorde van duur na bekostigbaar.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Tue Aug 04, 2015 8:21 pm
by Piet Breedt
Hierswolf, dit was lekker om jou te ontmoet daar by Camdix gister. Hoop jy geniet jou .22 250 net soveel soos ek my paartjies geniet.

Definitief Piccatini rail, maar met Nightforce se 30mm ringe. Hy maak met n 13 spanner vas en los, net so vinnig as n QD mount, met die voordeel dat jy hom kan torque en dus omtrent niks hoef te verstel as jy hom weer terug sit nie.

Ek ruil my scopes baie op van my gewere en dit is letterlik n minuut of twee en gewoonlik net 2 0f 3 clicks wat ek moet verstel tussen gewere se zeros.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Tue Aug 04, 2015 9:53 pm
by hierswolf
Was ook goed om jou te onmoet Piet, en dankie vir die advies.

Wat jy beskryf is presies wat ek wil bereik. Ek sal in die komende dae by S&O 'n draai gaan maak vir die NF ringe en rail.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Tue Aug 04, 2015 10:06 pm
by Kallie Fernhout
Maak net seker, ek het n remington kort aksie en n howa kort aksie altwee het picatini rails op met nightforce ringe. Die rails is altwee warn rails maar die spasies stem nie ooreen nie. So jy moet elkegeval die ringe op die scope losmaak sodat ringe kan inslot op rail. Maak net seker daaroor.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Wed Aug 05, 2015 6:01 am
by Frikkie Coetzee
Kallie Fernhout wrote:Maak net seker, ek het n remington kort aksie en n howa kort aksie altwee het picatini rails op met nightforce ringe. Die rails is altwee warn rails maar die spasies stem nie ooreen nie. So jy moet elkegeval die ringe op die scope losmaak sodat ringe kan inslot op rail. Maak net seker daaroor.
Kallie

Hoekom sal dit wees?

Myne stem ooreen en hoekom moet jy die scope op die scope los maak om in te slot? Die Picatiny is veronderstel om n standaard spasie te wees.

Dalk verstaan ek jou verkeerd. Ek ruil nie scopes tussen gewere nie maar ek kan my QD Warnes en my NF basies afhaal en op ander Picatiny rail sit sonder issues. Die ouens wat dit doen se daar is ook min verstelling nodig.

Re: Ringe en rails nodig vir een scope op Howa/Savage

Posted: Wed Aug 05, 2015 7:42 am
by Kallie Fernhout
My fout ek het gaan seker maak. Op my xc wat n howa aksie is n warne rail op die remington ook, beide het nigtforce scopes op en ek wou hul eendag ruil want net een van die scopes het zero stop. Wat ek kan onthou hul wou nie oor en weer werk nie. Het gaan kyk die rede daarvoor was dat die howa se aksie langer is as die remington so die rail is langer. Beide die wapens het presies die selfde rails op en selfde nightforce ringe en altwee se ringe is so ver as moontlik uit mekaar uit so ver as wat die rail dit toe laat. So as ek my howa se scope op die remington wil sit is die remington se rail te kort. Met n nigtforce rail op n remington stop die rail nie soos die warne waar die loop in die aksie indraai nie maar het wel n oorhang wat hierdie heeltemal sal uitskakel. So jammer my fout hul pas 100 persent oor en weer solank jy net die ringe ewe ver uit mekaar uit sit en nie so stupid is soos ek nie. Dankie vir die reg help Gromit