Page 1 of 1

Vector teleskope

Posted: Tue Aug 04, 2015 9:29 am
by andre007
Hallo julle. Is daar iemand wat al met die bg teleskope gewerk het. Hulle word op die 2de laaste bladsy van die SAJ tydskrif deur Jan Serfontein adverteer, hy smous bi-pods ook. Hy adverteer n Vector teleskoop ; 6-24x50 IR vir R3,800

Re: Vector teleskope

Posted: Tue Aug 04, 2015 9:48 am
by tripodmvr
Ek sal dan eerder na Hawke kyk.

Re: Vector teleskope

Posted: Tue Aug 04, 2015 10:43 am
by Armand Steenkamp
Ek hou nie van hulle nie omdat die reticle ffp is....

Groetnis

Re: Vector teleskope

Posted: Tue Aug 04, 2015 10:48 am
by andre007
tripodmvr wrote:Ek sal dan eerder na Hawke kyk.
Hallo Marius. Ek het n paar Hawke's op my gewere, die man wat uitvra is een van daai ''ASKHOLES'' wat in elkgeval sy eie kop gaan volg >:(

Re: Vector teleskope

Posted: Tue Aug 04, 2015 9:18 pm
by Bakkies303
Ek het my Vector Raptor 4-14x50 laat vervang. Weet nie of dit toeval was nie, maar het oral oor geskiet. Elke keer as jy gaan skiet moes jy oor instel. Ons het egter foute met die montering ook gekry toe ons scope afhaal. Dit was ook asof die scope nie altyd op verstellings gereageer het nie. Ek en my broer het op dieselfde plek geskiet met die geweer, maar kon hom nie kry om te zero nie. Selfs verskillende patrone probeer.

Wat my egter laat besluit het om hom af te haal is dat ek by twee afsonderlike handelaars gehoor het hulle het al paar van hierdie teleskope vervang met probleme. Selfs die persoon wat dit aan my verkoop het se geweer het volgens hom skielik hoog geskiet.

Ek het nou vir my Vortex Diamondback gekoop. As ek in die 1ste plek my huiswerk gedoen het sou ek nie nou gesit en wag het dat my geweer moet terugkom van die geweersmit nie.