Page 1 of 1
Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Sat May 21, 2011 8:00 pm
by tripodmvr
[img width=360 height=480]
http://i1086.photobucket.com/albums/j44 ... 011127.jpg[/img]
Hierdie jong rooikatmannetjie is deur een van ons medejagters ongeveer 9h00 vanoggend naby Petrus Steyn met No. 7 hael geskiet. Die skoot het hom voorlangs getref en onmiddelik laat val. Ons was versigtig en het hom bekyk tot hy nie meer stuiptrekkings getoon het nie. Verlede jaar is daar ook een tydens 'n vo?lljag met die haelgeweer geskiet.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Sat May 21, 2011 9:08 pm
by Monrique (SJ)
tripod
Netjies man
Groetnis
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Sat May 21, 2011 9:25 pm
by Jagtersdok
Jy sien toe verander die vo?ljag in 'n kattermaai hehehehe
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 1:57 pm
by williebees
DRIEPOOT, Miskien moet jy vir die oningeligtes verduidelik: Jy eet nie die rooikat nie, jy skiet die rooikat sodat jy kan skaapvleis eet.
Die stadsmense verstaan nie hierdie beginsel so mooi nie.
Williebees
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 2:05 pm
by 222
Driepoot
Mooi man sy vel hang hier bo in my stoor. Ek en John het hom geweeg hy trek die skaal op 21kg. As jy weer die kant toe kom skreeu bietjie man.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 2:43 pm
by Jagtersdok
Nee Willie
Jy veralgemeen darem nou erg. Baie van ons manne wat noodgedwonge nou in die stad woon verstaan daai deng.
Het darem op plaasdorpie as kind gebly en op die plase groot geraak
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 3:00 pm
by 222
Willie
Ek hoop die volgende sal vir die Stedelinge die saak duideliker maak.
Die ding staan so (my weergawe). Die kat loop maar sy normale gang, hy het sy paadtjie wat hy loop om te kyk dat daar nie skelms in sy woonbuurt is nie. Nou eendag lank lank gelede het daar boere besluit om met sulke stupid goed soos skaap te boer.
Die arme rooikatjie het mos nie geweet dat dit skape is nie, hy het dit gesien as skelm en wou hulle met alle geweld van sy woonbuurt wegkry. Hy het egter die slegte ou wolf se manier gevat en hulle almal probeer opeet. Sy familie het so baie al op die betrokke plaas geeet (22) en doodgebyt dat die boer g#$tvol geraak het en besluit het dat hy die kat tot ander insigte moes bring. Na 'n lang diskussie tussen die twee het die Rooikat besluit om te bly op eie risiko.
Wel Saterdag het op eie risko klosule in werking getree en hy is nie meer nie.
Die ding staan so die man het al baie baie skade gehad met Rooikat, veral in die gebied waar Driepoot hom geskiet het. My eie skaap en my ander buurman sn loop baie baie naby aan daardie gebied. Ons het in die laaste jaar al 3 daar geskiet (Driepoot sn is nie ingesluit nie) Ek dink daar is in Trofeekamer en Kleinvee verliese foto's wat ek geplaas het wat by die man geneem is. Daar is mooi groot katte in daardie gebied.
Groete
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 3:41 pm
by williebees
Jagtersdok, Jammer man, miskien moet ek dit herfraseer na "Party moedswillige stedelinge...." - driepoot sal weet van wie ek praat.
.222 Die feite, die ware feite - dankie.
Williebees
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 3:42 pm
by Jagtersdok
Ja nee Willie
Daar is party van hulle wat mos glo mens groei vleis aan bome.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 4:35 pm
by Dawid
Soos hierdie ene .......Don`t buy your meat from the Butcher, buy it from Woollies where they make it and no animals are hurt.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon May 23, 2011 5:07 pm
by tripodmvr
222 wrote:
Driepoot
Mooi man sy vel hang hier bo in my stoor. Ek en John het hom geweeg hy trek die skaal op 21kg. As jy weer die kant toe kom skreeu bietjie man.
Ek is Vrydagmiddag laat eers gevra om die jag mee te maak. Ek het 'n paar jaar gelede ook daar tarentale gejag saam met dieselfde groep. Een van die lede jag al 30 jaar op die' plaas.
Het gevoel toe ek en Leon (die eintlike moordenaar van die kietsie) gedra het dat hy gewigtig was. Die kat was maar 3 na 400 meter van die skaap wat op die raaplande wei.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Sun Jun 26, 2011 6:12 pm
by Wiehan111
Oom Gerrie
Wie het hom geskiet? en op watter plaas?
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Sun Jun 26, 2011 7:40 pm
by 222
Driepoot en manne wat by John kom tarrentale jag het, daar onder in die bos net oorkant waar ons daai keer op Tjalie geroep het.
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Mon Jun 27, 2011 9:36 am
by .::Alwyn-U::.
mooi so!
Re: Rooikat geskiet op vo?ljag
Posted: Wed Jun 29, 2011 1:41 pm
by Wiehan111
O oky gaaf. Mooi manne