Page 1 of 1

Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 10:48 am
by Frederik
Ok soos wat julle nou gesien het ons het besluit op .270 vir 'n kliente geweer en ons gaan die laai met 130 gr Barnes TSX nou by die geweer winkel gister is daar 'n man wat se hoekom kry ons nie die 30-06 en kry klaar nie en laai ook 130gr Barnes TSX.

My logika se vir my dat die .270 se 130gr koeel 'n baie hoer BC en SD het as die .30 kaliber 130gr koeel wat beteken dit sal beter vaar op langer afstande en penetrasie of praat ek nou bog hier ?
Dan die ruger mk77 se twist in .270 en 30-06 in watter van die twee sal die 130gr beter doen ?

Ek wil nou nie onnosel klink nie maar ek dink tog die man in die geweer winkel het die kat aan die stert beet. 

So terloops ek het op die afgekom 'n PDF file met meeste geweer makeres en hulle barrel twists.

http://www.exteriorballistics.com/reference/pdf/Twist%20Tables_Rifle.pdf

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 11:40 am
by Jagtersdok
Ek het nou na al die kante toe gekyk of jy iets kan wen deur eerder die 30 06 met 130gr koeel te skiet.

En ek dink nie so nie.

'n 270 Win is gemaak om koele tussen 130gr en 150gr te skiet, dit is waarvoor hy ontwerp is met 1-10 std twist

30 06 is gebou en ontwerp vir optimale werks verrigting en akuraadheid vir koele165gr tot 180gr, dit is sy kos met std 1-10 twist.

Met die 270 kan jy daardie koeel jaag baie akuraad met 24" loop 3126ft/sek en jy laai veilig, jou load density is in die 90%area, ideaal. As jy S365 gooi.

Met jou 30 06 kan jy die spoed aanjaag as Jy S365 gooi, want die druk is laer, maar om die node vir akuraadheid te slaan teen 3120ft/sek sit jy al klaar met dopvulling van 105.9%, so hier is kompressed load, (NOT GOOD) met hierdie tipe compressed load breek die korrels en die ontbrandings eienskappe verander. So jy kan nie eers ho?r spoed jaag nie want jou dop vat nie soveel kryt nie.

nou gaan kyk ons na S355 kan jy jaag tot 3233 ft/sek, MAAR DAAR IS GROOT CATCH jy is aal klaar oor die max druk met 1000PSI, so dis gevaarlik, baie gevaarlik, ook sit jy steeds met 103% dop vulling, weer kompressed load en hier kan die ontbranding weer eratic raak.

Kom ons kyk  na S341kan jy jaag tot 3192 ft/sek, met 94% dop vulling. So dit sal dan jou keuse kryt wees om te gebruik, dit is ook marginaal van die max af so jy gaan  60 ft/sek wen, maar met die risiko dat op warm dag jy die bank sal kan breek.

So wat gaan jy kry deur die 30 06 te vat? 'n Kort vet 130gr koeletjie, wat met gespesialiseerde twist loop geskiet moet word om werklik tot sy reg te kom en dan wen jy omtrent niks in spoed of akuraadheid nie.

Ek het na die trajekte ook gaan kyk en daar is ook nie veel in nie, die kort vet  .30  130gr koeel is so met half duim swakker as die 270 sin op 300meter.

So my redenasie gebruik die roer waarvoor hy gebou is. Hou by die 270, jy gaan nie iets wen deur 30 06 te gaan nie, en dan moet jy gespesialiseerd twist gaan om daai 130gr mooi te laat loop, en nou perk jy weer die 30 06 se vrmo? om die swaarder koele te gooi in

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 11:58 am
by Frederik
Baie dankie vir die skitterende antwoord !

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 12:53 pm
by Jagtersdok
Ek is bly ek kon jou help

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 9:22 pm
by Monrique (SJ)
Frederik

Jy sal nie fout maak met die 130gr op die .270 nie, hulle sal mooi loop.

Groetnis

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sat May 21, 2011 11:57 pm
by fanie17
Frederik
Die 130gr Barns TSX is omtrent dieselfde lengte in 270 as n 150gr gewone punt,dit is presies wat n 270 wil he,ek weet nie of n 1 in 10 30-06 hom sal stabiliseer nie.Onhou dit gaan oor die lengte van die punt en nie noodwendig die gewig nie.

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sun May 22, 2011 8:31 am
by Frederik
fanie17 wrote: Frederik
Die 130gr Barns TSX is omtrent dieselfde lengte in 270 as n 150gr gewone punt,dit is presies wat n 270 wil he,ek weet nie of n 1 in 10 30-06 hom sal stabiliseer nie.Onhou dit gaan oor die lengte van die punt en nie noodwendig die gewig nie.
Dankie manne my kop het my darem nie heeltemaal gelos nie amper gedink die man weet iets wat ek niks van weet nie.

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sun May 22, 2011 11:36 am
by Jagtersdok
Frederik

Die man het seker te veel 30 06 waarvan hy wil ontslae raak. Soos die man daar van JJ wapens by die Huntex vir ou vertel het. Die man vra of hulle 270Win beskikbaar het, hy s? toe nee, maar hy stel voor die ou koop 7x57 want met enige kombinasie is die 7x57 balisties beter as die 270 Win, en dat 7x57 met 130gr koeel baie vinniger en platter skiet as 270 Win.

Ek kon myself nie help nie, en moes toe net vir die ou s? dit is loutere twak, needles to say was ek nie mr popularity gewees nie, en dit was seker net per toeval dat daar 3 7x57 daar op die huntex in daardie spesifieke geweer beskikbaar was.

Re: Rfile twist en 130gr koeels.

Posted: Sun May 22, 2011 12:24 pm
by Frederik
Maar Dok dis soos jy se hulle het nie 270 op die rak gehad nie maar 30-06 tog wel.