Page 1 of 1
Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sat Aug 01, 2015 9:10 pm
by Niel Nel
Goeie Naand
n Vriend het een van sy Rooibokke so gekry, weet iemand dalk wat kan so eet
Groete
Niel
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sat Aug 01, 2015 9:26 pm
by kwagga
Ek dink Luiperd.
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sat Aug 01, 2015 9:45 pm
by tripodmvr
Dink luiperd sou boom gesoek het. Wat se mis is links onder in die foto?
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sat Aug 01, 2015 10:01 pm
by Niel Nel
Die mis het my ook so bietjie laat kopkrap. Hy dink dit kan dalk n bosvark wees maar ek kan nie dink hy sal n rooibok kan doodmaak nie.
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sat Aug 01, 2015 10:26 pm
by Niel Nel
Dalk kan dit help
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sun Aug 02, 2015 9:01 pm
by nols
Dit lyk soos 'n bosvark se mis
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Sun Aug 02, 2015 9:03 pm
by tripodmvr
'n Luiperd eet nie 'n karkas so skoon nie. 'n Paar eters was hier betrokke.
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Mon Aug 03, 2015 6:14 am
by sako 30-06
Baie moontlik dat dit bosvarke was.
Is daar nie einge spore nie?
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Mon Aug 03, 2015 7:05 am
by DWB
Ek wil nou nie stry nie, ek het al redelik agter bosvarke aan geloop, maar daai lyk nie vir my na bosvark bollie nie
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Mon Aug 03, 2015 7:06 am
by tripodmvr
Vlakvark eet ook baie lekker aan vleis en maaginhoud.
Re: Wat kan n Rooibok so eet
Posted: Mon Aug 03, 2015 11:01 am
by Niel Nel
Dis op n klipperige area so mens kan niks spoor sien nie, dis die jammerte. Hy sal maar moet n vleisie uitsit en kyk wat kom eet.