Page 1 of 1
Soek kruisboog om te koop.
Posted: Thu Jul 30, 2015 3:36 pm
by Dolf014
By watter winkels kan ek n kruisboog koop? Intree klas.
As daar n 2de handse een in die mark is wil ek ook weet asb.
Is ek reg as ek sê; jy kan n bok dood op n verder afstand as met n gewone boog?
Daar sal verseker faktore wees wat n rol speel.
Watse size kruisboog is nodig om gemsbok en koedoe te skiet?
Julle raad en kennis sal baie waardeer word.
Re: Soek kruisboog om te koop.
Posted: Thu Jul 30, 2015 5:29 pm
by 243Songdaug
Naand Rudolf. Loer bietjie op Posmasburg koop en verkoop is 'n boog wat 'n dametjie verkoop. Top gehalte boog wat geskik is om groot bokke mee te jag. Het gisteraand die advertensie gesien.
Groete
Jaco
Re: Soek kruisboog om te koop.
Posted: Sat Aug 01, 2015 7:59 am
by VdWalt
Ek is seker daar is 'n tandarts in USA wat een te koop het...
Re: Soek kruisboog om te koop.
Posted: Sat Aug 01, 2015 10:48 am
by THOMAST
Dolf014, 'n kruisboog lewer minder energievlakke as 'n gewone boog in dieselfde gewig (Poundage)agv. die verskil in treklengtes ("Draw Length") tussen die twee apparate .
Re: Soek kruisboog om te koop.
Posted: Sat Aug 01, 2015 11:23 am
by pietbak
Ek het twee boë as jy dalk belangstel. Altwee PSE. 1FIREFLIGHT LIGHT 50-70 pond en PSE XFORCE 50-70pond. Ek het my blad spiere geskeur en sal hulle nie weer gebruik nie. R7000 vir die lot.
Re: Soek kruisboog om te koop.
Posted: Tue Aug 11, 2015 12:29 am
by Skiet
Dolfe, ek het n kruisboog te koop. Hys is opgestel vir jag. Hy lewer genoeg energie (107ft/lb)om selfs buffel mee te jag. Ek kan nie fotos laai nie-File too big. As jy belangstel kan ek vir jou fotos epos of whatsapp.
Groete Nick