Page 1 of 1
Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Wed Jul 29, 2015 7:17 pm
by Jackalsniper
Jip, sit hy. ons het n dooie lam opgehang in die afskorting. Hok het darm niks skade,maar ek is besig om n bosvark hok te ontwerp wat lig is en stewig gaan wees spesifiek vir bosvarke.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Wed Jul 29, 2015 7:23 pm
by DWB
Daai perd was seker nie bly om jou te sien nie!
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Wed Jul 29, 2015 7:44 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het al 2 vlakvarke met myne gevang. Ook met dooie lammers as aas.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Wed Jul 29, 2015 7:52 pm
by Jackalsniper
Hy was nogal nie te gaaf nie, . maar spek vet, kon skaars loop hy het so op sy maag rondgeseil. en probeer uitspring maar net die sif effens gebuig niks ander skade nie. moet nog hoor wat di vark geweeg het.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Wed Jul 29, 2015 8:14 pm
by Wanna
Geluk man mag dit die eerste van vele wees
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 2:23 am
by Finfan
Netjies gedoen
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 6:15 am
by sako 30-06
Goeie werk, ek wonder of die vark soos skaap gaan proe
Sal n bosvark n lam kan vang en doodmaak?
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 6:35 am
by Jackalsniper
definitief, n boer hier het al gesien hoe vang n bosvark n week oue lam en hardloop weg met hom. Veral as dit droog is of was soos hier in die Weskaap die jaar. Roofdiere pla nogal erg in die hele distrik op die oomblik.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 7:54 am
by nevvie
Boer langs my ook een gevang met lewenige tarentaal in hok. Lyk maar na maklikste manier goed in hande te kry hier.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 10:48 am
by Boesman10
Jackalsniper wrote: Moet nog hoor wat di vark geweeg het.
Nou maar hoe het jy 'n lewendige vark geweeg?

Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 5:20 pm
by Jackalsniper
1 x 9mm P = dooie vark.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Thu Jul 30, 2015 8:37 pm
by theedge
Dit nou n bonus
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Fri Feb 19, 2016 2:45 pm
by NicovanderMerwe
Hi manne
Kan ek vra wat julle maak met sy vleis aangesien hy 'n omnivoor is?
Ek het al gehoor van "Gerookte Bosvark Kaaswors" en dit het nogal lekker gesmaak ook.
Maak julle ook so? Of haal ons alweer die popcorn uit?
Dankie
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Fri Feb 19, 2016 2:51 pm
by BeesBreet
NicovanderMerwe wrote:Hi manne
Kan ek vra wat julle maak met sy vleis aangesien hy 'n omnivoor is?
Ek het al gehoor van "Gerookte Bosvark Kaaswors" en dit het nogal lekker gesmaak ook.
Maak julle ook so? Of haal ons alweer die popcorn uit?
Dankie
Bosvark is baie lekker rooivleis... Ek sny tjops en maak sosaties... Hy proe iets tussen bees en skaap...
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Fri Feb 19, 2016 6:38 pm
by gbvl
Man sal ek nou daarvan hou om so ou bosvarkie te jag. Is daar sulke geleenthede beskikbaar? Word bosvarke gesien as peste?
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Sat Feb 20, 2016 5:44 pm
by Andre308
gbvl wrote:Man sal ek nou daarvan hou om so ou bosvarkie te jag. Is daar sulke geleenthede beskikbaar? Word bosvarke gesien as peste?
Ek het klomp jare trug saam met Hulets se manne gaan jag op hulle suiker riet gronde. Daar was baie gewees op die grond waar ons was.
Baie van die boere in Noord Natal sien hulle as peste.
Re: Toe vang ek n bosvark in my rooikat hok
Posted: Sat Feb 20, 2016 7:13 pm
by gbvl
Dankie Andre308, sal so bietjie in daai rigting uitvra.