Page 1 of 1
Dag roep stoel en toebehore
Posted: Sat May 23, 2009 2:53 pm
by Chris101
Gooi daar planne vir n dagroep stoel of eng.wat vinnig kan help dit gogga het my gebyt.
My springbok voorsit bedryf is te lendelam om vinnig en akuraat op skoot te kom.
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Sat May 23, 2009 9:15 pm
by jaracal
Nog besig met die ondersoek
Sal later laat weet hoe ek vaar.
Groete
Heinrich
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Tue Jul 14, 2009 9:20 pm
by Francois Marais
Heinrich
Enige nuus op die dagroep stoel?????
Mooi loop
Francois
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Tue Jul 28, 2009 4:16 pm
by Caller
Chris 101
Het ook intussen so 'n dagroep kontrepsie geprakseer. Nie rerrig 'n stoel nie, se maar liewer 'n skietarmsitplek. Prototiepe lyk belowend, kort nog 'n klein veranderinkie. Is nog in die geheimhoudings fase, as jy sal verstaan.
Caller
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Tue Jul 28, 2009 5:42 pm
by Francois Marais
Caller
As die planne uit die geheime stadia uit is, plaas tog n foto of ses, is ook inni mark vir so n patent.
Mooi loop
Francois
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Thu Jan 07, 2010 1:27 pm
by KSV
Caller,
Daar nog nie 'n plan vir so stoel nie. My eerste dag roep sommer die Bipods gebruik en sit nog steeds met 'n stok in my jy weet waar!
Groete
Hein
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Thu Jan 07, 2010 1:35 pm
by Robert
Middag al die mense
Ek sie laas week 'n ding wat lekker sal werk as 'n dagskiet stoel vir die werkende mense:
So 'n gemodified skopgraaf. Jy draai pote in, skuif die sitplaas op, knak sy nek en siedaar 'n lekker skiet stoel. Raak jy honger: skuif die sit plaat af , maak vuur en braai op hom of knak die nek en hang jou potjie aan hom. Jy kan selfs sand laai met hom
Sy prys is so 'n ligte R1300-00
Lekker jag
Robert
Re: Dag roep stoel en toebehore
Posted: Mon Jan 11, 2010 11:18 am
by Caller
Hein
Nee jong. Die projek staan stil. Jy sien mos ek was skaars nog op die forum, wat nog te s? van skietstoel herontwerp.
Caller