Page 1 of 2
Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 8:10 am
by Wouter Roets
More Manne
http://www.ruger.com/micros/rpr/index.html
Weet nie wie al die knaap gesien het nie, maar ek is ontsaglik opgewonde oor die meneertjie. Gaan verseker enetjie in 6.5 Creedmoor aanskaf.
Groetnis
Wouter
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 8:13 am
by Geno
Hy is mooi! Ekself sal so 6.5Creedmoor waardeer...
http://www.ruger.com/micros/rpr/img/rpr.png
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 8:18 am
by Capt. Yoda
Die manne praat goed van hom
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... e-changer/
Eindelik iemand wat n 6mm met die regte loop van die rak af verkoop! Dink hulle gaan baie van die roere verkoop
Wouter as jy n prys op n 6.5 gekry het deel maar asb met ons, dit lyk na n bitter lekker roer die
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 8:37 am
by Armand Steenkamp
Sien hy het die selle aksie as die ruger amarican. Wonder wat gaan hulle prys
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 8:41 am
by Hein (Haan)
Ek hoop hulle maak hom later in 300WM met n 26'' loop ook.
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 12:26 pm
by Plaashaas
Nice!
Lyk of hy n werkende buffer tube het. Die grip lyk ook na n standaard AR14/M4 tipe wat beteken mens sal hom maklik vir iets beter kan verander.
Hul het verseker my aandag!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 12:54 pm
by Ashley
Bitter mooi. Enigiemand dalk ñ "ballpark" prys op hulle?
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 12:57 pm
by Supacow
Ek sien n tikka, savage en AICS baster

Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 2:33 pm
by Lourens
Ashley MSRP in Amerika is $1200. Ek sien egter nie dat hy ons rakke gaan tref vir onder 24-25k nie.... Maar ek sal self nie omgee vir so bulletjie nie!!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 2:38 pm
by Finfan
Supacow wrote:Ek sien n tikka, savage en AICS baster

Kom nou Supacow ek sien nie daai AICS wat jy sien nie

Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 3:57 pm
by Marc
Daai "look" gaan mos die ouergarde heel ontstel Wouter, jy gaan moles maak daar binne as dit donker word hehe
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 5:14 pm
by Wouter Roets
Marc
Nee ek glo hy gaan mooi inpas met my SR22 en SR556. Droom al lekker van die roer. Sommer lus en koop al drie. Weet net nie wat ek gaan se as ek n 308 Win het nie.

Sal hom dan maar moet Ackley of n 300WSM maak. Sien hy het n 1:10 twist. Daai 6mm sal ook mooi werk in n 6mm XC. Sy twist is 1:7.7 wat hom idiaal sal maak met die hoe BC koeels. Slaan ook mooi nodes in die looplengte met 105gr koeels.
Ruger se recommended retail price is $1399 so as die wereld meer regverdig was kon n mens hom optel vir onder R20 000 hier, wat die geweer een van die bargain van bargains maak. Hel dit is darem sleg om aan die gatkant van die wereld te wees!
Groetnis
Wout
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Mon Jul 27, 2015 6:34 pm
by Marc
Ja nee ons bly op die regte kontinent met die verkeerde inboorlinge !
Daai roere het almal potensiaal om bakgat te skiet !
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Tue Jul 28, 2015 4:20 am
by Finfan
Lourens wrote:Ashley MSRP in Amerika is $1200. Ek sien egter nie dat hy ons rakke gaan tref vir onder 24-25k nie.... Maar ek sal self nie omgee vir so bulletjie nie!!
Ekt werk ook altyd maar met n $ prys x20 en dis wat ons in rand waarde in SA betaal.
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 6:57 am
by Capt. Yoda
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... rnational/
New Ruger Precision Rifle vs. Accuracy International
http://accurateshooter.net/Blog/gallimin1501.jpg
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 7:40 am
by JTM
Ek wonder wanneer ons eendag die gewere die kant van die waters gaan sien. het iemand al by Guns and Bows uitgevind?
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 7:42 am
by Ben
Hel dit lyk na n lekker setup daai!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 7:52 am
by Capt. Yoda
Jannie hulle praat van einde 2015 maar ek glo nie somer ons sal hulle sien voor mid/einde 2016 as jy kyk na al die backorders in die US nie.
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 8:07 am
by JTM
Gee mens tyd om te spaar solank

Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:21 pm
by Wouter Roets
Manne
Myne is bestel en sal seker so oor n maand hier wees. Prys sal so R25 000 wees klink my.
Groetnis
Wouter
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:42 pm
by Capt. Yoda
Oubaas gee hul jou dam bq gouglip saam? Lekker roer maar jo lyk my die R/$ is erger as wat ek gedink het.
Het jy toe die 6.5 gevat of somer almal
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:46 pm
by WitWillem (Charl)
Wouter waar of by wie het jy bestel?
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:56 pm
by Wouter Roets
Kaptein
Ja hierdie rand/dollar koers maak ons dood. Ek het net die 6.5 gevat. Daar is net vyf 6.5's in die besending. Darem erg as jy vat hulle was vir $880 nou op n special in die VSA. Ek moet nou n besluit maak oor glase op die roer. Bitter lus vir daai Leupold MK8.
Groetnis
Wout
Ps. Willem dit is by Camdix, maar onthou die eerste een is myne!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:59 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote:Kaptein
Ja hierdie rand/dollar koers maak ons dood. Ek het net die 6.5 gevat. Daar is net vyf 6.5's in die besending. Darem erg as jy vat hulle was vir $880 nou op n special in die VSA. Ek moet nou n besluit maak oor glase op die roer. Bitter lus vir daai Leupold MK8.
Groetnis
Wout
Ps. Willem dit is by Camdix, maar onthou die eerste een is myne!
Ek sal maar eendag da op Generaal de la Rey koekeloor hoe daai Ruger lyk. Baie geluk!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 2:02 pm
by WitWillem (Charl)
Dankie Wouter
Ek is nou nr 2 op daai lys !! Kannie wag nie !