Page 1 of 2

PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:32 pm
by Tal
Ek deel graag met julle wat Saterdag met my gebeur het.
Het aangelê na n vlakvark en toe ek die sneller trek en die skoot gaan af spat my gesig vol kruit. Ek het regtig baie groot geskrik.
Toe ek die slot ooptrek gewaar ek die rare verskynsel.
ImageUploadedByTapatalk1437924730.489241.jpg
Die patroon was n Pro Amm .243 W 100gr.
Het iemand dit al ooit tee gekom en wat sou die oorsaak wees van dit.
Die geweer het darem niks oorgekom nie en ek ook nie.
Ek hoor graag
Groete
Tal

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:36 pm
by ArnoRoux
Tal. Is dit herlaai de Ammo of gekoop. Ek dink hy was bietjie warm gelaai. Groete. Arno

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:36 pm
by Tal
Gekoopte kafee ammo, uit die box

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:38 pm
by Geno
Is dit dalk 'n Howa geweer?
Weet van paar manne wat dit mee oorkom met PMP ammo in Howa gewere. Veral 223. Maar nognie in .243 gesien nie.

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:39 pm
by Tal
Nee, dit is n Brno

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:40 pm
by Pvdw
Tal kontak vir PMP. Hulle het 'n afdeling wat met sulke voorvalle en klagtes deel. Hulle sal na jou terugkom met antwoorde.

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 5:45 pm
by Cobus(Cobb)
Dalk net 'n dud primer??
Is die koeel vooruit?? vark geval??Het die slot moeilik oopgemaak?? vertel bietjie meer

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 6:10 pm
by Tal
Cobus, ja die koeël is uit voor, maar vark het nie geval nie, weet nie of die skoot kort of booor was nie!
Slot het normaal oopgemaak.

Ek het seker gemaak die loop is skoon na die tyd en het nog n skoot die die geweer gesit en volgende skoot was perfek op teiken.

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 6:13 pm
by VdWalt
Ek het ook my les geleer. Ek sal nie eers PMP skiet as ek dit verniet kry nie.

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 6:18 pm
by Cobus(Cobb)
Pvdw wrote:Tal kontak vir PMP. Hulle het 'n afdeling wat met sulke voorvalle en klagtes deel. Hulle sal na jou terugkom met antwoorde.

Na week of 2 sal hulle jou laat weet dis jou slagpen se fout en jou moet die geweer vir hulle stuur vir verdere ondersoek...

los maar en koop anner doppe ens en herlaai maar self..
VdWalt wrote:Ek het ook my les geleer. Ek sal nie eers PMP skiet as ek dit verniet kry nie.
Hoe sê ons mos....P hillemon M aak P atrone

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 6:24 pm
by Tal
Ek het so week terug begin laai, maar speel nog met ladings, het nog so 30pmp pro amm oor

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 7:38 pm
by Pvdw
Ou Koos jy is 'n regte doemprofeet. Jy klink nes 'n man saamet wie ek elke jaar jag. ;D

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 7:54 pm
by theedge
Manne ek los ook maar die pmp 243 pro jare terug ondervinding gehad nek of twee wat voue in gehad het en koele wat met die hand uittrek

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 8:20 pm
by Cobus(Cobb)
Pvdw wrote:Ou Koos jy is 'n regte doemprofeet. Jy klink nes 'n man saamet wie ek elke jaar jag. ;D

Moenie die man se post hijack met valse hoop oor PMP nie Peet....sê hom soos hy is. ;D
As jy reg onthou is dit nogals wat daai man by PMP gesê het daai keer......"dis gewoonlik maar die skut se geweer/slagpen waar die moeilikheid lê"...ek dink daai was die dag toe ek alle pmp artikels uit my huis uitgesit het.....behalwe paar doppe om my enealing op te toets en crush toets te doen....

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 9:05 pm
by Ashley
>:+ ...en jy moes net daai Toyota wapen in die foto kry nê.. >:+

Grap sommer Tal. Ja daai lyk soos n dud primer. Ek laai self met Phillamon se primers, en nog net goeie diens gekry...sovêr. :confused:

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 9:30 pm
by Boomstomp
Baie snaaks.

Ek het vir baie lank PMP se 100gr ProAmm in my ou Musgrave 243, het al so 300 geskiet en behalwe vir 'n effe stywe slot hier en daar het ek geen probleme gehad nie.
Inteendeel, met my huidige Sako ammunisie het ek meer stywe slot gevalle, en my groeperings is groter as wat dit was met die PMP ProAmms.

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 9:40 pm
by Fanta300
Hoe lyk die primers op die ander doppe wat jy geskiet het?

Re: PMP primer failure

Posted: Sun Jul 26, 2015 10:49 pm
by tripodmvr
Die' gepriemde (pierced) slagdoppe het ek met PMP op my 223 Howa gekry. Daar kan 2 redes wees - slagpen is te skerp of die slagpenveer kan swak wees en die slagdop druk dit dan weg en bars na agter uit. Ek wil self kyk of ek slagpen onder meer druk kan kry om dit te probeer verhoed.

Re: PMP primer failure

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:04 am
by Jakkels 223
Ek het dieselfde problem gekry met my 223 ruger met n groepering skiet wat, n paar jaar terug, op Thabazimbi gehou was, nou nie so erg soos wat met Tal gebeur het nie, maar daar was n klompie "rook" wat by die slot uit geborrel het.
PMP se manne het daardie dag net gese dat die slagpen se veer moontlik te styf/sterk was.
2 uit die 3 rondtes het het so gemaak.

Re: PMP primer failure

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:22 am
by Tal
Ander doppe is 100% eerste keer dat dit met my gebeur

Re: PMP primer failure

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:54 am
by Sparky
Ek het 'n CZ 527 .223 en het dit ook een keer oorgekom. Wat ek wel gesien het is die ander pmp rondtes in dieselfde pak het baie dieper slagpen merke as wat my gelaaide rondtes het,so ek het ook PMP heeltemal gelos.

Re: PMP primer failure

Posted: Mon Jul 27, 2015 12:37 pm
by Louis Kriel
Dit gebeur so af en toe met my Lee-Enfield no4 mk2 as ek nuwerige PMP weermag issue skiet. Het al gekry dat die slagpen gejam het omdat vd die primer stukkies in die slagpen in geblaas is.

Re: PMP primer failure

Posted: Mon Jul 27, 2015 3:26 pm
by 888stefler
Van ek kan onthou het my pa net pmp koele in al sy kalibers gekoop en nog nooit het ek so iets gesien nie... Ek laai self nou my patrone so sal seker ook nie so iets teekom nie...

Re: PMP primer failure

Posted: Fri Aug 14, 2015 2:25 pm
by OU VOORSLAG
Die gaatjie in die slagdoppie ondervind ek gereeld met my pa se .223 Brno, gelukkig nog nie kruit in die gesig gehad nie. Hy maak so met gekoopte rondtes asook selfgelaaide PMP slagdoppies, CCI slagdoppies maak ook so net minder gereeld as die PMP

Re: PMP primer failure

Posted: Fri Aug 14, 2015 8:51 pm
by Smit@50
Dieselfde probleem op my Howa 223 gehad pmp en selfgelaaide patrone op einde was dit slagpen se veer wat te pap was het hom n 5mm spacer ingesit en al probleme was opgelos.