Page 1 of 1
Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 6:59 pm
by Langeraat
Ek het op 'n advertensie van
hierdie plek afgekom. Is daar dalk iemand wat al by hulle gekoop het? Dankie.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 7:18 pm
by savage(P Coetzer)
Bly weg!!
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 8:23 pm
by pietbak
Hulle gebruik die adres ook. Altwee adresse is in winkel sentrums, so dis moeilik om te soek. Geen lysting in die Port Elizabeth telefoon boek nie. Bly weg!!!
DIGITAL REVOLUTION SA
grayville RD Port Elizabeth, Eastern Cape
South Africa
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 8:44 pm
by James Wilson
savage wrote:Bly weg!!
Hoekom?
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 9:18 pm
by Langeraat
Ek het kennis geneem, dankie menere. Dit het suspisieus voorgekom, daarom die vraag. Wat is dit met PE en skelms?

Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 10:12 pm
by Frikkie Coetzee
Hey moet nou nie vir moeilikheid soek nie. Uit my oog punt sit die skelms almal noord van die Vaal rivier.
Nee die manne operate. Hulle was onlangs in Oos Londen voor dit in Pieter maritzburg. Pel het. Kamera gekoop. Poskantoor is baie stadig. Hy nog nie afhelewer nie. Was saak gemaak by polisie. Dis n sindikaat. Hulle trek nie rond nie. Hulle verander net adresse en name van tyd tot tyd.
Jy kan maar bel. Is elke keer dieselfde vrou.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 10:14 pm
by Frikkie Coetzee
Ek gou gekyk. Die adres is fake. Heeltemal fake.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 10:20 pm
by Mellies
savage wrote:Bly weg!!
Langeraat jys bevoorreg. As dit nou ek was het Savage vir my gese: Koop koop koooop!
Met n vleisie...
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sat Jul 25, 2015 10:32 pm
by Langeraat
Dankie Gromit. Dis nie lekker om so ingeloop te word nie. Ek weet eerstehands hoe dit voel. Ek het al so R8.5k se skoolgeld verloor met 'n man wat met my geld gehardloop het en dit nadat ek sy werkswinkel gaan besoek en met homself gepraat het. Once bitten twice shy...
Mellies, klink vir my jy en Savage het 'n spesiale verhouding...

Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sun Jul 26, 2015 8:09 am
by savage(P Coetzer)
Mellies jy ken my heeltemal te goed!! Hahaha
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sun Jul 26, 2015 8:13 am
by Carl
Die regte Digital Revolution winkel is in Rustenburg en bestaan. Hierdie skelms is al lank aan die gang. As dit te goedkoop klink om waar te wees bly weg. 'n R20k Canon lens kan nie R3000 goedkoper wees as by die regte winkels nie.
As die spelling en Engels swak is bly weg.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Sun Jul 26, 2015 5:21 pm
by Hercules Breitenbach
Carl is reg ja. Digital Revolution is hier in Rustenburg in die mall.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Mon Jul 27, 2015 6:24 pm
by Langeraat
Dankie vir almal se insette, ek hou verby.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Tue Jul 28, 2015 4:21 am
by Finfan
Is daar nie n manier om hierdie blikséms vas te trek nie? Dit gaan my verstand tebowe hoe jy net iemand se hardverdiende geld net so kan steel. Dit moet mos gedoen kan word deur bv. selfoon of IP adres tracking? Ek was self al voorheen (deur ander skelms) verneuk met n laptop wat ek so oor die net gekoop het.
Re: Digital Revolution SA - Verwysing asb
Posted: Wed Nov 25, 2015 8:50 pm
by JPS
Sien die besigheid adverteer nog ateeds op Guntree, so onlangs soos 12 November 2015 met slegs selfoon nommer gelys so twyfel of dit die winkel in Randburg is, so die is maar net bump om mense te waarsku...