Page 1 of 1
Plant van smitsvinger
Posted: Thu Jul 23, 2015 3:55 pm
by HannesvB
Goeie dag manne.
Ek het onlangs 'n stuk grond gekry by my oom in die Brits omgewing (so 2 hektar). Daar is baie water en die grond is meestal net tirf.
Het iemand vir my raad wat hulle met my wil deel oor die plant van smitsvinger vir voer doeleindes, bv, seisoen, reen, kunsmis ens? Ek sal dit opreg waardeer.
Groete: Hannes
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Fri Jul 24, 2015 10:23 pm
by Wolram
Hoekom spesifiek smutsvinger?? Wil jy dit bewei of sny en baal?
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Fri Jul 24, 2015 10:32 pm
by Wolram
Om dit vir jou maklik te maak. Ons hier in die suid vrystaat meng dit met tef saad (indien jou saad verpil is) gewoonlik 2 dele tef op 3 dele gras. Die regte roete vir bemesting is maar grond ontleding. Kunsmis is die algemeen KAN 50kg / ha. Of alternatief 4:1:0 met aanplanting en KAN na elke snysel. Wees net versigtig vir oormaat want die Stikstof mag plante brand.
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Fri Jul 24, 2015 10:53 pm
by Tal
As jy dit net as staande hooi wou gebruik, stel ek voor ten minste n 100N neersit elke 3jaar. Bly weg van ureum, jy het teveel ontvlugting en kan gras baie erg brand! Smutsvinger is n etter, as jy geplant het, is dit die beste om die hek toe te maak en so na 3jaar terug te kom, dan sal hulle bankvas staan, want in die eerste 2jaar, is daar maar min volume.
Soos wolram teregtelik gesĂȘ het, meng dit met enige ander gras wat wel vir jou kos gaan gee in die eerste 2jaar.
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Fri Jul 24, 2015 10:55 pm
by Tal
Ek was net woensdag by n studiegroep, waar hulle toetse gedoen het op bemesting van weiding en het bevind dat dit beter is om eerder n klein stukkie goed te bemes as om n groot stuk half te bemes.
50N was te min, die sny punt was hier rondom 100 tot 120 N
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Fri Jul 24, 2015 11:56 pm
by ArnoRoux
Op turf met baie water beskikbaar plant Braz Seed. Jy sal nie beter kry nie
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Sat Jul 25, 2015 6:45 am
by BeesBreet
ArnoRoux wrote:Op turf met baie water beskikbaar plant Braz Seed. Jy sal nie beter kry nie
Dit hang mos nou af of hy wil baal.
...
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Sat Jul 25, 2015 7:00 am
by Maanboef
Hier in die Vrystaat plant ek hom met 50 kg pottas[fosf aat]saam verpilde saad. Meng die saad en kunsmis om die nodige kg/ ha met die gifbak op die grond neer te sit.Plant met n ou 3 ry 5 voet LM planter.Draai n sak om die drukwiele om vastetrap.Plant hier Oct /Nov of Feb/Mrt. As gras goed vestig en al stewig is kan jy laat loop met die stikstof.Ek gebruik ok mooirivier mengsel grassaad wat goed doen.Raadpleeg n bemarker in jou area!
Re: Plant van smitsvinger
Posted: Sat Jul 25, 2015 1:26 pm
by HannesvB
Ek wil graag baal vir voer vir skap of om dalk te verkoop.. Maanboef, dai klink vir my na 'n goeie metode. Ek sal al julle raad uit druk en dan sal ek my plan van aksie uitwerk en julle laatweet vir verdere inligting. Ek beplan om eers maar 'n klein gedeelte te plant net om eers te sien wat gebeur, want ek studier nog en die geld is maar min op die oomblik...