Page 1 of 1

Scope sunshade

Posted: Thu Jul 23, 2015 1:49 pm
by Kotze .204R
Middag almal ek wil graag weet gebruik julle sunshades en wavoor help dit of nie al my scopes het op maar net omdat dit saam gekom het so ek wil graag die doel van hom leer?

Groete

Re: Scope sunshade

Posted: Thu Jul 23, 2015 1:58 pm
by FCLoretz
Die doel/idee van sunshades is om die son uit jou lense uit te hou. Dit help om lens flares te voorkom.

Re: Scope sunshade

Posted: Thu Jul 23, 2015 2:12 pm
by Kotze .204R
so hy kry dan nogsteeds dieselfde hoeveelheid lig in as sonder hom?

Re: Scope sunshade

Posted: Thu Jul 23, 2015 2:53 pm
by Boesman10
Wanneer die son agter jou is dan is dit OK maar sodra die son verby die 12 uur posisie beweeg kan skyn hy al hoe meer en meer op die voorste lens van die scope. Hoe laater hoe meer skyn die son in en hoe moeiliker raak dit om duidelik te sien deur jou scope. Die sun shade hou daardie direkte son van die voorste lens af. Toets self en mik in die rigting van 'n 4 uur middag son sonder die sunshade en sit hom dan aan en mik weer,

Die enigste tyd wat hy nie waarde toevoeg nie is as die son agter jou is of as die son onder gegaan het.

Re: Scope sunshade

Posted: Thu Jul 23, 2015 9:17 pm
by alecjohnson
Om n sunshade maklik en vinnig te verduidelik...

Loop n sonnige dag buite sonder sonbril... dan sit jy n kep op! Dan sien jy baie beter. Sunshade doen dieselfde.