Page 1 of 2
heining span vir njalas
Posted: Wed Jul 22, 2015 8:28 pm
by douw
Goeie naand manne
Ek wil so 5ha toespan vir 'n paar njalas. Watse tipe heining stel jul voor. Dalk onderkant ook 'n tipe jakkalsdraad?
Groete
Douw
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 6:51 am
by Boesman10
Ek sal baie beslis 'n draad heining aanbeveel....
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 7:59 am
by junglejulian
N draadspanner,skaapskeerder en munisipale werker is van die swakste en onbetroubaarste goed wat daar is.as jy kan probeer sover moontlik alles self doen.jou materiaal raak dsn ook nie weg nie.
Die bennox sifheining werk goed en vinnig maar is wel duurder as gewone draad.vuur is draad se grootste vyand vir roes ens so hou maar skoon onder die draad.
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 12:02 pm
by douw
Boesman10 wrote:Ek sal baie beslis 'n draad heining aanbeveel....
Ook gedink dit is 'n goeie plan
junglejulian wrote:N draadspanner,skaapskeerder en munisipale werker is van die swakste en onbetroubaarste goed wat daar is.as jy kan probeer sover moontlik alles self doen.jou materiaal raak dsn ook nie weg nie.
Die bennox sifheining werk goed en vinnig maar is wel duurder as gewone draad.vuur is draad se grootste vyand vir roes ens so hou maar skoon onder die draad.
Ja nee! Ek doen alles self. Soek maar raad met tipe heining in die sin van hoogte, wydte uitmekaar, tipe droppers en y-pale ens.
Dankie solank
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 12:03 pm
by G-force
Douw ek PM vir jou n nommer.
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 12:44 pm
by kwagga
douw wrote:Goeie naand manne
Ek wil so 5ha toespan vir 'n paar njalas. Watse tipe heining stel jul voor. Dalk onderkant ook 'n tipe jakkalsdraad?
Groete
Douw
Ons het sowat 100 Nyalas in kampe. Hiermee my draad spesifikasie.
1.8m hoog 18 drade met droppers (1.8m) gespasieer op 1m en Y-pale (2.4m wat 600mm diep ingehamer is) op 10m. Trekpale elke 100m
Gebruik slegs Mittal/Iscor droppers en Y-pale. Trekpale 4mm dik x 114mm diameter. Gebruik slegs volversinkte staaldraad.
Jy kan onder toemaak met 900mm varkdraad en / of elektrifiseer afhangend van roofdier / vark voorkoms in die area.
Maak seker die draad is mooi skoon oop vir 3m beide kante van enige plantegroei.
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 12:51 pm
by douw
Baie dankie! Watse tipe draad gebruik jy onder vir varkdraad?
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 2:50 pm
by Hugo
Douw
Vark draad is soos diamond mesh, net baie dunner draad, nie die 2,5mm 3mm soos diamond mesh nie. Jy kry hulle in verskillende sizes, maar die algemeen is die 90mm gat.
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 4:31 pm
by douw
Baie dankie Hugo
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 4:33 pm
by Hugo
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 5:13 pm
by douw
Buig hy onder op die grond?
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 5:16 pm
by Hugo
Ja ons het hom gebuig,
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 5:17 pm
by Hugo
Dis 900mm draad, 600mm teen die lyne en 300mm op die grond.
Re: heining span vir njalas
Posted: Thu Jul 23, 2015 5:29 pm
by douw
Baie dankie!
Re: heining span vir njalas
Posted: Fri Jul 24, 2015 9:55 am
by Hugo
As ek nou so terug kyk dink ek daai draad is eerder 1200mm en dan 900mm teen die heining en 300mm op die grond, ek kannie rerig meer onthou nie.
Re: heining span vir njalas
Posted: Sun Jul 26, 2015 1:07 pm
by Tarzan
Maak soos Kwagga sê, maar span sifdraad tot bo. Ooitjies spring bo-oor sif tussen lyne deur. Jou kampie is klein dit gaan jou nie soveel meer kos nie.
Re: heining span vir njalas
Posted: Tue Jul 28, 2015 9:04 am
by tau
Kwyl ek nou oor daardie draad!!!! Baie netjies.
Re: heining span vir njalas
Posted: Tue Jul 28, 2015 9:38 am
by Hugo
Dankie Tau.
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 2:15 pm
by Kalahari
Dag Douw
Het jy toe die kamp vir jou Njalas gespan en watter metode het jy gevolg?
Jou wild suksesvol gevestig?
Dankie
Johan
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 2:49 pm
by douw
Hallo Johan.
Ons boer nou al 'n paar jaar met Kalahari red bokke. Ek het intussen besluit om dit wat ek ken mee aan te gaan. So ons gebruik tans daai stuk wat ek kon toespan vir die bokke. Ek het ook Russiese grassaad gekoop en dit in my kweektonnels in laaie gesaai, en gaan dit dan ook op 'n stukkie van daai grond vestig om te kyk of ons die voerkoste bietjie af kan bring.
Groete
Douw
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 3:31 pm
by Kalahari
Dankie Douw
Waardeer die terugvoering, kyk vir bok se kind het mens amper wildwerende heinings nodig so jy het niks verloor daar nie
Hoop die gras vestig mooi, want o hel, voer is 'n duuuuur besigheid.
Sterkte met die boerdery.
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 3:50 pm
by douw
Ek stuur hulle maar uit met wagters, ons bly bietjie te naby aan die ouens wat gratis "affirmative shopping" opleiding ontvang.
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 5:30 pm
by PietWessie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161015/b4d22d8296c20148d26b0ebf85ff566e.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161015/f78f19d48578334a41656127792ccb9e.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161015/cdd118a0aaeb51cc3f84bd9443d7bda4.jpg
1.8m Wildheining met 15 drade en 900x90 sifdraad onder. Ook onder geëlektrifiseer. Jy is welkom om my te kontak vir enige hulp in die verband.
Re: heining span vir njalas
Posted: Sat Oct 15, 2016 9:50 pm
by Kalahari
Dankie Pietwessie
Ek het redelik vriende in Upington, was paar jaar op skool ook daar. Ken jy dalk vir Bertus Burger, Upington Toyota?
Ek kan nie jou foto's sien nie....
Is dit regtig nodig om die sif ook onder aan te sit? Ek verstaan die beginsel om alles van die begin reg te doen, dan sukkel jy nie in die toekoms nie.
Johan
Re: heining span vir njalas
Posted: Sun Oct 16, 2016 6:12 am
by PietWessie
Kalahari
Ek ken hom goed, ja.
Dis jammer jy kan nie die fotos sien nie, ek weet nie of ek dalk iets verkeerd doen nie...
Die sifdraad is nie nodig vir die wild self nie, maar vir ongediertes. Die waarde van die wild en voorkoms van ongediertes sal jou dus lei met daai besluit. As jou plaas buite-om reeds "ge-jakkalsproof" is en jou ongedierte beheer goed is, is dit oorbodig. Sifdraad werk maar vrek duur uit.