Page 1 of 1

Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 2:50 pm
by Alwyn
??? Wie kan help met info?
Ek soek n ruglyn rondom wat ek min of meer uit slag uit die mees algemeene wild?
Kudu
Blouwildebees
Vlakvark
Rooibok
Springbok
eeland
Gemsbok
Net n naaaaastenby sal waardeur word.
Ek het na iets op die net gesoek en dis maar skaars.

Ooo Ja,,Ek is nuut hie by julle, so verskoon ma as alles nie so lekkkkker lyk nie.

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 3:07 pm
by BOKRAM
Plus- minus 55% van lewendige gewig

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 3:11 pm
by Alwyn
Dankie BOKRAM maar het iemand nie die gewig of n website nie?

Sal dit baie waardeur.

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 3:15 pm
by tripodmvr
Alwyn wrote: ??? Wie kan help met info?
Ek soek n ruglyn rondom wat ek min of meer uit slag uit die mees algemeene wild?
Kudu
Blouwildebees
Vlakvark
Rooibok
Springbok
eeland
Gemsbok
Net n naaaaastenby sal waardeur word.
Ek het na iets op die net gesoek en dis maar skaars.

Ooo Ja,,Ek is nuut hie by julle, so verskoon ma as alles nie so lekkkkker lyk nie.

Kudu  86-172
BWB  104-157
Vlakvark  37-60
Impala  22-46
Spring bok  9-21
Eland  235-464
Gemsbok  99-118

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 3:24 pm
by Flip Fouche
Werk so tussen 48 tot 50% van die lewendige gewig.

Flip

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 3:32 pm
by Alwyn
JJJJJis Ma julle is nice Baie dankie. Nou as iemand net vi my kan se hoekom? (as ek enige plek kliek op die page dan spring dit oor na ander.Jaracal Animal Damage Control:

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Thu May 19, 2011 4:43 pm
by 222
Alwyn

Hierdie is die enigste online shop waar jy verniet raad kan kry en wat die inligting ELKE dag opgedateer word.  :angel:

(Hel ek is skerp al moet ek dit nou self s?, het gister-aand in die messe laai geslaap)

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Fri May 20, 2011 7:51 am
by Alwyn
Baie dankie aan almal wat my so spoedig met al die regte inligting slim gemaak het.
Pasop vir my ,,ek is nou slim.
Nou kan ek ook n ingeligte besluit neem oor wat ek wil skiet teen wat se prys.
Vir my gaan dit net oor dit wat ek eet.
Die pantoffel regeering by die huis laat geen hoorings teen die muur toe nie.
Ek skiet nie iets wat ek nie gaan op eet nie.Net n ou fotokie, dis al wat ek hou. Soek no plek waar ek dit kan op hang.

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Fri May 20, 2011 9:37 am
by Beyers
Pantoffel regering moet net een of twee keer saam jag dan het jy 'n probleem.

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Fri May 20, 2011 5:15 pm
by shabba
@ Beyers :D :D :D :D

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Sat May 21, 2011 4:20 pm
by GvA
Alwyn, my eie ondervinding is dat van die afgeslagte karkas plus minus 30% uit been bestaan wat jou laat met 70% vleis en afhangende van wat jy daarmee gaan maak gebruik jy 40% vir wors en 30% vir biltong.
Die som het my altyd gehelp as ek my speserye, vet en derms se aankope wil uitwerk. Ek sal wil weet wat is van die ander jagters se waarnemings in die verband.

GvA

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Sat May 21, 2011 8:12 pm
by tripodmvr
GvA wrote: Alwyn, my eie ondervinding is dat van die afgeslagte karkas plus minus 30% uit been bestaan wat jou laat met 70% vleis en afhangende van wat jy daarmee gaan maak gebruik jy 40% vir wors en 30% vir biltong.
Die som het my altyd gehelp as ek my speserye, vet en derms se aankope wil uitwerk. Ek sal wil weet wat is van die ander jagters se waarnemings in die verband.

GvA
Dankie, dit is nou r?rig inligting wat ek nog nooit gehoor het nie. Nooit te oud om iets te leer nie

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Sun May 22, 2011 7:13 pm
by PITSMIT
alwyn

welkom hier.  sien jy hoe gou kry jy raad hier.  gaan se so bietjie hallo by die voorportaal onder "nuwe aansluitings"

groete
pitsmit
uitenhage

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Tue May 24, 2011 1:20 pm
by Agentkoos
Hi
Het Saterdag vlakvark geskiet, lewendige gewig, 43kg
Kop-, pote-, vel-af en binnegoed uit 25.8kg
Dus op hierdie een(was lekker vet, omtrent half duim vet op rug) weeg hy presies 40% minder.
ons gaan nou gereeld weeg om te sien wat die gemiddel is
Groete 

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Tue May 24, 2011 1:24 pm
by Alwyn
Dit beteken sekker jy gaan gereeld jag,,,,,, Dis nice. Ek is amptelik jaloers.
Dankie

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Wed May 25, 2011 6:43 pm
by frinam
Alwyn, 'n ander "trick" wat ek eendag by 'n oom geleer het is dat jy enige blad se gewig maal met 10,5, dan het jy 'n benaderde karkasgewig. Ek weet dat dit nie jou aanvanklike vraag beantwoord nie maar hierdie is nog so 'n "fyn" enetjie wat jy kan onthou!!! Duitswes groete-Frinam

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Wed May 25, 2011 7:27 pm
by Piet Breedt
Manlikke diere wat n mooi vol bouvorm het se karkas slag sowat 26 - 28% been uit, en vroulikke diere sowat 30 - 34%

Re: Wat slag ek uit?

Posted: Wed May 25, 2011 7:32 pm
by Wismit
frinam wrote: Alwyn, 'n ander "trick" wat ek eendag by 'n oom geleer het is dat jy enige blad se gewig maal met 10,5, dan het jy 'n benaderde karkasgewig. Ek weet dat dit nie jou aanvanklike vraag beantwoord nie maar hierdie is nog so 'n "fyn" enetjie wat jy kan onthou!!! Duitswes groete-Frinam
Hierdie metode werk soos `n droom.