Page 1 of 1

Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 5:59 pm
by Roberto
Naand se manne.

Ek het eindelose probleme met my scope,wat stel julle voor koop ek vir oorwegend nagskiet wat darem nie te mal duur is nie?
ek is nie in die swarovski li
ga nie.Ek sal enige raad/aanbeveling oorweeg.Ek wil kyk na Meopta,Lynx,Leopold of watookal julle voorstel.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 6:32 pm
by wlm
Vortex

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 6:42 pm
by archer
+1

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 6:42 pm
by alecjohnson
Roberto wrote:Naand se manne.

Ek het eindelose probleme met my scope,wat stel julle voor koop ek vir oorwegend nagskiet wat darem nie te mal duur is nie?
ek is nie in die swarovski li
ga nie.Ek sal enige raad/aanbeveling oorweeg.Ek wil kyk na Meopta,Lynx,Leopold of watookal julle voorstel.
As ek kon het ek net vortex besit! Ek het begin met n lynx 6x40 wat ek vervang het op my 243 met n tasco 6-24x50 omdat die lynx geval het(dis tans in vir herstel)

Toe kry ek vir my 300wm n rudolph 4-12x50 wat baie goed was ek get nie gedink ek gaan beter kry in die prysklas nie, tot ek my vortex 6.5-20x44 gekry het vir my 375.

Ek sal nie weer n ander maak teleskoop koop nie! Tensy ek skielik die geld kry vir n nightforce te koop, maqr dit sal nie sommaar gebeur nieImage

Sterkte met die besluit

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 6:55 pm
by Blouwdraad2
Hi Roberto!

Meopta en Zeiss maak uitstekende nagskiet teleskope wat redelik bekostigbaar is,ek sal voorstel dat jy nie n vergroting van meer as 16 vat,want dit sal n vermorsing vir nagskiet wees sowel as die prys opjaag.Wat ek wel sal aanbeveel is dat die objective lens verkieslik 50mm of meer moet wees.Hoe groter die objective lens hoe meer lig word deur die teleskoop ingelaat.Glas/lens kwaliteit speel n groot rol in die helderheid en prys van die teleskoop.

Ek skraap net nog die laaste paar Rande bymekaar voordat ek n Nightforce SHV koop, gaan dit vir n kombinasie van nagskiet en teikenskiet gebruik.Hoop dit help!

Groete

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 7:06 pm
by joe rocket
Ek sal ernstig na die Meopta kyk. Baie goeie glas.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 8:07 pm
by Roberto
Ek soek 'n scope wat nie maklik uitstamp nie,my scope wat ek tans op my roer het,het gisteraand teen my stoel op die mat gestaan,omgeval en vanmore was hy 100mm na lings uit en 70mm te hoog.Ek soek net na iets wat bietjie kan stamp en nie te vinnig uitstel nie.....dis regtig nou nie asof scopes heeldag by my val nie.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Wed Jul 22, 2015 10:10 pm
by tripodmvr
Nagskiet teleskope wat gewoonlik aanbeveel word is met groot objektiewe lense - dit is bedoel vir skemer toestande in Europa. Ons skiet met ligte wat die teiken verhelder. Jy soek dus goeie lense en kruishaar wat sigbaar is. Genoegsame vergroting help om die teiken te identifiseer - jy wil nie jou buurman se woef omdop nie.

Vir begrotings bewustes kyk na Hawke, Nikon, Rudolph, Lynx, Redfield ens. Selfs met my Nikko 5-20x50 kon ek die jakkals op 50m nie miskkiet nie.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Thu Jul 23, 2015 7:49 am
by Rudie
Roberto, ek het nog een Rudolph 6-24X50 T3 wat ek gaan verkoop as jy my wil pm vir besonderhede. Ek gaan die scope later adverteer ook. Sy kolletjie is net te klein vir my vir nag skiet.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:28 am
by Geno
Op 'n budget klop min scopes die Meopta Meostar R1r 3-12x56 in die nag...

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Thu Jul 23, 2015 2:53 pm
by Kubus
Ek skiet al jare met Lynx. Het n 6 x 38, n 6 x 42, en onlangs vir my die LX2 2.5 - 10 x 56iR gekoop. Spesifiek vir nagjag. Jakkalse en dan koedoe oes. Wat n wonderlike scope op n budget. Persoonlik dink ek sy grootste voordeel vir nagjag is dat sy hele kruishaar nie verlig is nie, maar net n groen kolletjie in die middel. Uistekend vir die ouens wat nie proffesioneel elke dag van die jaar jag nie, maar so een keer n maand en nie Donald Trump se geld het nie.
Gaan beslis vir my nog een koop as my skip strand!!!!!

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:59 pm
by Sangoma (IAN)
Geno wrote:Op 'n budget klop min scopes die Meopta Meostar R1r 3-12x56 in die nag...
Wat kos so outjie min of meer?

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Fri Jul 24, 2015 12:40 am
by joe rocket
Ek dink so R 12 000.

Re: Goeie bekostigbare teleskoop.

Posted: Sun Jul 26, 2015 10:14 pm
by Roberto
Ek het maar toe vie my die Meopta 3-12x56 gekoop,kry hom hier by Woensdag.Onder vele andere het Taffie en Hein die scope vir my ten sterkste aanbeveel,baie dankie vir almal se insae.