Page 1 of 1
8mm-06
Posted: Wed Jul 22, 2015 4:51 pm
by Wilhelm Schultz
Middag almal
Het iemand miskien vir my herlaai data vir bg kaliber? Ek stel veral belang in data vir Barnes TSX 180gr BT's asb. Het nie nou al die ander data soos loop lengte, TPL en goed nie. Dis vir iemand anders.
Sal baie gaaf wees as iemand kan help, en miskien bietjie meer inligting oor hierdie kaliber kan gee. Klink baie intresant.
Groete
Re: 8mm-06
Posted: Wed Jul 22, 2015 6:13 pm
by Armand Steenkamp
Chippy dis n bul van n kaliber. Weet jy is bietjie meer effektief as die 3006.
Groetnis
Re: 8mm-06
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:56 pm
by Wilhelm Schultz
hahaha ai ja Armand daars min dinge wat naby MY 30-06 gaan kom...
Re: 8mm-06
Posted: Wed Jul 22, 2015 10:17 pm
by tripodmvr
As jy by die stokke wil bly sal 49gr S355 nie 'n slegte besluit wees nie. Met 24 duim loop word 2575vps voorspel. S341 met 49gr behoort baie dieselfde werkverrigting te gee.
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 7:29 am
by Armand Steenkamp
Oom tripod, dit lyk dan maar soos 8x57 terrein? Ek het iewers n artikel gelees wat die 180gr hier naby 2800 geloop het. Dink dit was op sareloaders forum..
Groetnis
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 7:36 am
by tripodmvr
Ek het 24 duim loop gebruik en ja die topspoed kan naby 2800 uitkom. Die hoogste nodespoed met 24 duim is egter by 2700vps, baie soos die 30-06.
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 7:47 am
by Armand Steenkamp
Ooo ok ek sien.. Ek het noggal daar gevra hoekom die selle gewig koel uit die selle dop teen n hoer spoed gelanseer kan raak. Hulle se toe maar dis omdat die oppervlakte waaeteen die gasse druk marginaal groter is. Was noggal intresand, maar dit was voor die tye van QL so n man weet nie wat die druk rerig was nie.
Groetnis
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 9:59 am
by tripodmvr
Teen 2820vps is die druk by maks met die data wat in QL is. Werklik kan dit gering verskil as die kamer groter is as die basiese in QL.
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 1:33 pm
by Wilhelm Schultz
Dankie vir die hulp oom tripod
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 1:35 pm
by Wilhelm Schultz
Kan mens nie 365 gebruik nie? Dit lyk asof 355 bietjie skaars is hier onder in die kaap.
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 7:32 pm
by tripodmvr
Daardie maksimum lading van S355 is reeds met 102% vul in die dop. S341 of S335 kan dan ook bruikbaar wees. S365 gaan dan bietjie stadig wees.
Re: 8mm-06
Posted: Thu Jul 23, 2015 8:10 pm
by Hein M.
Wilhelm Schultz wrote:hahaha ai ja Armand daars min dinge wat naby MY 30-06 gaan kom...
My 8x60 is in dieselfde ballistiese klas as die 8-06. Myne skop my broer se 30-06 se gat op alle vlakke

Hy kan boonop 250gr koeëls ook baie effektief skiet. Ek weet wel dat S335 jou mees ideale poeier gaan wees.
Kyk ook:
http://www.sahunters.co.za/images/attac ... Fouche.pdf
Re: 8mm-06
Posted: Fri Jul 24, 2015 7:57 am
by Hein M.
Die groot nadeel van die 8mm's is dat daar nie so 'n groot verskeidenheid koeëls in die handel beskikbaar is nie. As jy boonop met 'n 8x60 sit, dan moet jy nog spook vir doppe ook...
As ek kon kies, sal ek juis om hierdie rede eerder 'n 8-06 wou hê...