Eerste Jag vir 2015
Posted: Tue Jul 21, 2015 4:35 pm
Goeie Middag,
Ek is nog nuut hier op die forum, en geniet al die interesante artikels en stories baie.
Wel hier is my 1ste dag vir 2015, ek en my neef het op 'n familie plaas koedoes gaan jag daar in die Vrystaat.
Die jag het lekker vroeg begin, die boer het gese kan op die deel jag waar die wild vry beweeg, heen wilds heinings. Sommer vroeg in die stap, het ons op 'n paar pragtige Waterbokke afgekom, en was nie lank toe ons die 1ste troppie Koedoes sien, daar was net koeie in daardie trop, maar hul sommer gou spore gemaak. Na 'n hele ruk se loop het ons weer op 'n troppie afgekom, my neef was uit om 'n koei te skiet, daar het toe 'n mooi koei geskiet. Ons die voertuig gaan haal die bok gelaai. Toe 'n lekker middag ete gehad.
Ons was weer so na 2 in die veld, en was nie lank toe ons 'n alleen koei in die bosse sien staan, toe het ons besluit, gaan net daar sit en kyk wat gebeur, lekker daar droewors en appels eet en die koei dop gehou, so 30min het verby gehad, toe skrik die koedoe vir iets en is weg. My neef se toe, laat ons aanbeweeg, ons was net besig om op te staan toe kom die jong bul uit die bos gestap. Nie bewus van ons nie, en stap so weg van ons af, dadelik het ek aangele, al skoot wat die bul my toegelaat het, was om agter die kop te mik. toe ek skoot trek het daai bul in spore gesak, natuurlik te vining geval dat ek dit nie eers gesien het nie. Al wat my neef gese, mooi man.
Met 'n .270 Musgrave geskiet met PMP 130 GR punte so 150 tree. Die bok het 160Kg uitgeslag, en horings was 46".
Dit was 'n vreeslike lekker jag, om die koedoes so op die voet te gaan soek.
Groete
Morne